
Delta neem oor in VSA - July 21, 2021
Nuusberigte uit die VSA lui dat die Delta-variant meer as 80 persent van alle nuwe Covid-infeksies uitmaak maar, owerhede sê die beskikbare entstowwe is steeds 90 persent doeltreffend teen die variant van Covid-19, veral in verband met ernstige gevalle en hospitalisering. Gevalle in die land styg weer stelselmatig met net meer as 44 000 nuwe […]
Peaty wil sy goud verdedig, en nog twee medaljes wen - July 21, 2021
Die Olimpiese goue medalje-wenner, swemmer Adam Peaty, sê die kans vir nóg ‘n wêreldrekord by die Tokio Olimpiese Spele is binne sy bereik. Hy wil die eerste Britse swemmer word om ‘n Olimpiese titel in die 100-meter borsslag suksesvol te verdedig. Die 26-jarige het homself ook die ambisieuse taak gestel om drie goue medaljes by […]
SA verklaar droogte as ramp, bystand bitter nodig - July 21, 2021
Die hoof van die buurland se Nasionale Rampbestuursentrum, Mmaphaka Tau, sê die aanhoudende droogte in die Oos-Kaap, asook die Noord- en Wes-Kaap kwalifiseer om as ‘n nasionale ramp verklaar te word. Die uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, Jannie Strydom, sê hulle sien uit na die formaat en omvang van die hulp wat die regering aan […]
Lieb Bester sterf - July 21, 2021
Die geliefde Suid-Afrikaanse akteur en musikant Lieb Bester is oorlede. Die nuus volg nadat hy vroeër die maand weer in die hospitaal opgeneem is. Sy broer dr. André Bester, het op 6 Julie gesê sy nierfunksie was baie laag en dat hy dialise moet ontvang. Sy broer het ook bevestig dat Lieb se gesondheidstryd steeds […]
BDF intimideer inwoners, goewerneur bekommerd - July 21, 2021
Die goewerneur van die Zambezi-streek Lawrence Sampofu het weer beklemtoon dat inwoners van sy streek wat in die omgewing van die Chobe, Linyanti en Kwandu-riviere woon, steeds bang is die vir Botswana weermag, wat hy as uiters kommerwekkend beskryf het. Volgens Sampofu lewe die mense in vrees en word hulle ook geteister en intimideer. Owerhede […]
EU reik waarskuwing aan Pole uit - July 21, 2021
Die Europese Kommissie het Pole gewaarsku dat hy boetes in die gesig staar as hy hom nie by ‘n beslissing van die Europese Geregshof hou nie. Volgens media berigte het die hof Pole beveel om verskeie aspekte van sy dissiplinêre regulasies te skrap, insluitend bepalings wat ‘n dissiplinêre komitee toelaat om regters se vrywaring van […]
Weermag moet ingryp in taxi-geweld - July 21, 2021
Die Wes-Kaapse premier Alan Winde sê meer lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is nodig om die voortslepende taxigeweld in Kaapstad te stuit. Altesaam 12 inhegtenisnemings is tot dusver in verband met geweld oor roetes uitgevoer, terwyl agt taxi-operateurs in afsonderlike voorvalle in die stad se metropool doodgeskiet is. Intussen sê die sekretaris van die […]
Betaling aan Kunene-boer is bystand nie kompensasie nie - July 21, 2021
Die Namibiese omgewingsministerie het meer inligting bekend gemaak oor die betaling van 40 000 Namibiese dollar aan ‘n boer in die Kunene-streek wat 76 kleinvee tydens ‘n leeu-aanval verloor het. Die ministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dis nie werklik kompensasie nie maar eerder bystand. Hy verduidelik.
Trump-vennoot gearresteer - July 21, 2021
Die voorsitter van die voormalige Amerikaanse president Donald Trump se 2017-inhuldigingskomitee, Thomas Barrack, is gister in Los Angeles in hegtenis geneem. Barrack en twee ander mense word aangekla dat hulle tussen April 2016, tydens Trump se eerste presidensiële veldtog, en April 2019 as agente van die Verenigde Arabiese Emirate opgetree het. Barrack is ook aangekla […]
Misdaad neem af, alkoholverbod dra by - July 21, 2021
Misdaad in Windhoek en dele van Namibië is besig om af te neem, volgens die Namibiese polisie se streeksbevelvoerder van die Khomas-streek, kommissaris Ismael Basson. Die weeklikse misdaadverslag van Nampol toon ook ‘n daling in misdaad. Kommissaris Basson praat met Kosmos 94.1 Nuus.