
Stad Windhoek maan inwoners oor slenter - May 23, 2021
Stad Windhoek het inwoners van die hoofstad gemaan teen ‘n slenter wat op die oomblik aan die gang is.Die Woordvoerder,Lydia Amutenya, sê inwoners moet bedag wees hierop en het meer besonderhede aan Kosmos 94.1 Nuus verskaf.
Krieket Suid-Afrika bly in die nuus - May 23, 2021
Krieket Suid-Afrika se verhore oor hervorming gaan die eerste week van Julie begin. Dit is deel van die liggaam se projek vir maatskaplike geregtigheid en nasiebou onder leiding van Dumisa Ntsebeza as hervormings-ombud. Die projek wil ‘n onafhanklike klagtestelsel wees vir die genesing, herstel en eenheid in sport in die buurland. Volgens nuusagentskappe het Ntsebeza […]
Britse polisie raak slaags met pro-Palestynse betogers - May 23, 2021
Die Britse polisie het met betogers in Londen slaags geraak wat in duisende opgedaag het om teen die Israeliese aanvalle in Gasa te betoog. Die protesgangers het na die Israeliese ambassade opgeruk en pro-Palestynse slagspreuke gesing en vlae en baniere geswaai. Hulle het ‘n beroep op die Britse regering gedoen om op te tree ná […]
Vulkaan bars uit in die DRK - May 23, 2021
Inwoners van Goma in die Demokratiese Republiek van die Kongo ontruim die stad na ‘n vulkaan uitgebars het. Lawa van die berg Nyiragongo vloei in die rigting van die Goma-lughawe met duisende mense wat met matrasse en ander besittings te voet vlug. Nuusagentskappe berig talle mense vlug in die rigting van Rwanda. Nyiragongo het laas […]
Kommer oor streke wat nie volgens landboupotensiaal presteer nie - May 23, 2021
Die Bank van Namibië is bekommerd dat die streke van Kavango en Zambezi nie volgens sy landboupotensiaal presteer nie. Die Goewerneur van die Kavango-Oos-streek, Bonifatius Wakudumo, sê daar is baie uitdagings om landbou in die destydse Caprivi-strook tot sy volle potensiaal te ontwikkel soos hy aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik . . .
Die Bulls en die Sharks verloor - May 23, 2021
Die Leeus het die Bulle, wat die voorlopers op die punteleer van die Reënboogbekerkompetisie is, met ‘n oorwinning van 34-33 in ‘n wedstryd op Ellispark geskok. Dit was die Leeus se eerste oorwinning in vier wedstryde. Die Stormers het die Haaie in Durban met 25-22 geklop. Die plaasvervanger-losskakel, Tim Zwiel, het die wedstryd met ‘n […]
Taxi-bedryf in Suid-Afrika gaan gesubsidieer word - May 23, 2021
Die Suid-Afrikaanse minister van Vervoer, Fikile Mbalula, het aangekondig die taxi-bedryf in die buurland gesubsidieer gaan word. Mbalula het in sy begrotingstoespraak bevestig dat beraadslagings met verskeie belanghebbende partye positiewe resultate opgelewer het en ooreenkomste is bereik oor verskillende idees oor hoe die sektor geformaliseer kan word. Mbalula sê ‘n subsidie-stelsel het onder meer ten […]
Dr Geingob open Swapo se Sentrale Komitee-vergadering - May 23, 2021
Dr Hage Geingob in sy hoedanigheid as president van Swapo, het die mening verwerp dat die party verlede jaar se verkiesing eintlik verloor het. Hy het gepraat by Swapo se eerste Sentrale Komitee-vergadering sedert verlede jaar se plaaslike owerheids en streeksraadverkiesings. Volgens dr Geingob lei die party steeds die land al is dit met ‘n […]
Meer as 61 duisend mense plaaslik reeds teen Covid-19 ingeënt - May 23, 2021
Daar is volgens die ministerie van Gesondheid reeds 61 986 mense teen Covid-19 ingeënt, en 279 nuwe gevalle is bevestig. Windhoek 82, Oshakati 21, Omuthiya 19, Eenhana 17, Rehoboth 15, Swakopmund 14 en Walvisbaai 13. Die res is landwyd versprei. Daar is op die oomblik steeds 2 800 aktiewe gevalle, 49 138 het reeds herstel […]
Humanitêre hulp het in Gaza aangekom - May 22, 2021
Die eerste konvooie van humanitêre hulp het in Gaza aangekom. Dit kom nadat ‘n wapenstilstand tussen Israel en Palestynse militante in werking getree het.Duisende Palestyne het na toneel van verwoesting teruggekeer en amptenare het gesê die heropbou van infrastruktuur kan jare duur. Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het gevra dat gange vir beseerdes ontruim moet word.