Repokoers voordelig vir landbou - May 21, 2021

Die onveranderde repokoers in Suid-Afrika is voordelig vir die landbousektor in die buurland. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het die repokoers onveranderd gelaat op 3,5 persent. Dawie Maree, die Hoof van FNB Agribesigheid het sy reaksie so verwoord.

Read More

Hersiening van beleidsplanne is belangrik - May 21, 2021

Die Verenigde Nasies se Vennootskapsraamwerk het saam met die Nasionale Beplanningskommissie vroeër vanoggend ontmoet en sosiale transformasie, ekonomiese vordering, goeie bestuur en omgewingsvolhoubaarheid, die 4 pilare van die Harmabee welvaartsplan, hersien. Obeth Kandjoze, die Direkteur-Generaal van die kommissie, sê dit is belangrik om jaarliks die planne te hersien om te verseker dat beleidsrigtings korrek is.

Read More

Cotton-on help met inenting - May 21, 2021

‘n Gewilde klere-kleinhandelaar in Suid-Afrika het sy wêreldwye fondsinsamelingsveldtog van stapel gestuur om Unicef se inentingsveldtog te ondersteun. Cotton On-winkels in Suid-Afrika sal produkte van die Cotton On-stigting verkoop om Unicef te help om een miljoen inentings beskikbaar te stel as deel van die globale Covax-veldtog. Die Suid-Afrikaanse akteur en ambassadeur van die Cotton On-stigting, […]

Read More

EU sal 100 miljoen dosisse skenk - May 21, 2021

Die President van die Europese Kommissie Ursula von der Leyen het aangekondig dat die Europese Unie ten minste 100 miljoen dosisse entstof aan arm lande voor die einde van die jaar skenk. Beide lae- en middel-inkomste lande sal voordeel uit die skenking kan trek.

Read More

Inenting: ja of nee? - May 21, 2021

Tot dusver, is 59 114 Namibiërs teen Covid ingeënt. Die tempo is stadig maar seker. Kosmos 94.1 Nuus het luisteraars gepols oor of hulle reeds ingeënt is en indien nie, sou hulle wel die inspuiting kry en dit is wat hulle te sê gehad het.

Read More

Jeugliga maak fout – PDM - May 21, 2021

Reaksie word ontvang op aanmerkings deur die Swapo-jeugliga dat homoseksualiteit demonies en satanies is. Die Sekretaris-Generaal van die liga, Ephraim Nekongo het gesê die beywering vir die wettiging daarvan is kommerwekkend. Die PDM-party spreek die regte van die LGBTQ-gemeenskap in sy manifes aan en die Sekretaris-Generaal Manuel Ngaringombe sê Nekongo het ‘n fout begaan met […]

Read More

Job wil Rooilyn in hof betwis - May 21, 2021

Die Burgemeester van Windhoek Job Amupanda wil die Ministerie van Landbou hof toe sleep oor die verwydering van die veterinêre kordonheining. Dit volg na vleis wat hy in Omuthiya gekoop het, Maandag by die Oshivelo-padblokkade gekonfiskeer is.

Read More

Talle eiendomme teruggevra by die Mosiehof - May 21, 2021

Daar was vanoggend 103 aansoeke om verstekvonnisse, sowel as reël 108 aansoeke voor Regters Essie Schimming Chase en Collins Parker. Van die aansoeke was nie beskikbaar nie as gevolg van hofnommers wat foutief gedruk is maar van die sake wat beskikbaar was, was onbetaalde eiendom die oorsaak van die meerderheid van sake. In een geval […]

Read More

SANParke se brakke se pensies is vol - May 21, 2021

SANParke se Ereveldwagters in die Oos-Kaap kan nou ‘n item op die Addo-olifantpark se wenslysie doodkrap. Die Southern Cross-veeartseny-kliniek in Gqeberha het ‘n jaar se hondekos geborg vir die vier teen-stropingshonde in SANParke se K9-eenheid in die park. Een van die veeartse, Lené Nel, het spesiaal Addo besoek om die honde te ontmoet. Takke van […]

Read More

Kapofi sê oudits is op pad - May 21, 2021

Die nuwe Minister van Verdediging Frans Kapofi sê dinge verloop baie goed in sy nuwe amp en dat daar vordering in die ministerie is. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en ook melding gemaak van oudits wat hy sê beplan word.

Read More