Só werk deurry-stasie vir Covid-inentings by Windhoekse skougronde - July 21, 2021

‘n Deurry-stasie vir Covid-inentings by die Windhoekse skougronde het afgeskop en sal Dinsdae tot Sondae vanaf tien-uur soggens tot ses-uur saans oop wees. Dit is ‘n inisiatief van Gondwana Collection Namibia, die Gondwana Care Trust, FNB Namibia, Vaccines for Hope en word deur verskeie private maatskappye onder die vaandel van die gesondheisministerie ondersteun. Inke Stoldt […]

Read More

Rooivleis gevaar vir hartsiektes - July 21, 2021

‘n Meta-ontleding van studies het bewys die gevaar van hartsiektes neem oor tyd beduidend toe by mense wat bees-, lams-, vark- en verwerkte vleis eet. Die studie wat 1,4 miljoen mense oor 30 jaar gevolg het, is in die joernaal Critical Reviews in Food Science and Nutrition gepubliseer. Hartsiektes veroorsaak wêreldwyd die meeste sterftes. Volgens […]

Read More

Wynbedryf vandag in Wes-Kaapse hooggeregshof oor drankverbod - July 21, 2021

Die wynbedryfliggaam Vinpro is vandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof waar sy dringende tussentydse interdik-aansoek aangehoor word. Vinpro wil die jongste drankverbod laat ophef. Hulle voer aan die Wes-Kaapse premier moet die mag hê om die nasionale verbod aan te pas om drankverkope vir gebruik op die perseel sowel as buite die perseel moontlik te maak. […]

Read More

Keetmanshopers met agterstallige waterrekeninge, se water gaan afgesny word - July 21, 2021

Die Keetmanshoop-munisipaliteit sukkel om sy maandelikse NamWater-rekening te betaal en oorweeg nou om inwoners met agterstallige rekeninge se water op 8 Augustus af te sny. Die woordvoerder van die munisipaliteit, Dawn Kruger, het gesê in Junie was die dorp se NamWater-rekening 8,3 miljoen Namibiese dollar en kliënte kon slegs ses miljoen Namibiese dollar betaal. Kruger […]

Read More

Geen ander enstof mag saam met Covid-entstof toegedien word - July 21, 2021

Die Gautengse departement van gesondheid sê geen ander entstof mag saam met Covid-entstowwe toegedien word nie. Lede van die publiek word aangeraai om indien hul siek of ongesteld is, hul inenting te herskeduleer en terug te keer wanneer hulle ten volle herstel het. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê die griep-entstof en Covid-19-entstof moet […]

Read More

Erongo-streek stuur inentingsveldtog van stapel ondanks minder gevalle - July 21, 2021

Die goewerneur van die Erongo-streek, Neville Andre Itope, het gesê alhoewel daar ‘n afname in Covid-gevalle is, is dit die regte tyd om ‘n Covid-inentingsveldtog van stapel te stuur. Tot dusver is sowat 11 992 mense in Erongo van die geteikende 121 000 met hul eerste dosis ingeënt, terwyl 1 998 inwoners van die streek […]

Read More

Covid-19: 63 sterfgevalle in 15 distrikte - July 21, 2021

Die Namibiese gesondheidsministerie het 63 Covid-sterfgevalle in 15 distrikte aangekondig, asook 467 nuwe gevalle uit 1 944 toetsuitslae. In die groep is 67 leerders, vier onderwyseres, sewe studente en 13 gesondheidswerkers. Daar is nou 21 075 aktiewe gevalle, waarvan 565 pasiënte in hospitale is en 115 in intensiewesorgeenhede. Die adjunkminister van gesondheid, dr. Esther Muinjangue, […]

Read More

Agri SA sê vergadering met Ramaphosa was produktief - July 21, 2021

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het gister met sakeverteenwoordigers vergader om die land se herstelstrategie te beplan. Die uitvoerende hoof van Agri SA, Christo van der Rheede, sê dit was ‘n produktiewe vergadering waar die versekering gegee is dat paaie beveilig sal word. Van der Rheede sê daar was konsensus dat die ekonomiese herstel ‘n gedeelde […]

Read More

Kommer oor sterftes in SA weens tuisgebroude drank - July 21, 2021

In Suid-Afrika is die Nasionale Raad vir Drankhandelaars diep besorg oor die skerp styging in sterftes as gevolg van onwettige, tuisgebroude alkohol. ‘n Woordvoerder, Lucky Ntimane, sê 19 mense is onlangs in die Oos-Kaap dood nadat hulle onwettige brousels gedrink het. Dit hou verband met die voortslepende verbod op alkoholverkope en -verbruik op en van […]

Read More

Vervoerverliese in SA gelykstaande aan 15 keer om die aardbol - July 21, 2021

Die aantal kilometer van vervoer wat die afgelope week weens die onluste verloor is, is gelykstaande aan ’n reis van 15 keer om die aardbol, volgens Netstar. Dié maatskappy, wat die inligting van voertuigopsporingstoestelle monitor, sê die inligting toon dat 613 000 km van aflewerings in net sewe dae deur net drie groot kliënte verloor […]

Read More