
Mediese afval by Covid-kliniek hoop op, gevalle ook - June 10, 2021
Mediese afval is nog nie een keer die week by die Covid-kliniek in Robert Mugabe-rylaan verwyder nie. Die vullis, wat in rooi sakke geplaas word, lê tussen algemene afval in ‘n groot hoop teen die heining van die kliniek. Op die oomblik is die gebied uiters besig met talle mense wat tou staan vir toetse. […]
Sacky sal self sy prokureur moet betaal - June 10, 2021
Die regering het die voormalige minister van justisie Sacky Shanghala se aansoek om regshulp afgekeur. Shanghala, een van die Fishrot-beskuldigdes het die kantoor van die prokureur-generaal gevra om of sy regshulp te betaal of iemand vir hom aan te stel. Die prokureur-generaal Festus Mbandeka sê die besluit is reeds aan Shanghala gekommunikeer. Hy wou nie […]
SA die hele dag op fase drie-beurtkrag - June 10, 2021
Eskom gaan fase drie-beurtkrag vanaf 8-uur vanoggend tot 10-uur vanaand instel. Die kragvoorsiener sê hoewel daar ‘n effense verbetering in die opwekkingsvermoëns was, is daar ongelukkig nog onderbrekings by die Kusile-, Matla- en Tutuka-kragstasies in Mpumalanga. Eskom-woordvoerder Sikhonathi Mantshantsha sê fase drie-beurtkrag is nodig om die uitgeputte noodopwekkingsreserwes aan te vul:
Deeltitel-houers in Whk kry eie rekening - June 10, 2021
Stad Windhoek sal vanaf einde Junie vanjaar klante kan bedien met munisipale rekeninge vir individuele deeltitel-eenhede wat tariewe en belastingheffings insluit vir eienaars van verblyf-eenhede binne ‘n kompleks. Klante kan hul individuele rekeninge teen einde Junie 2021 verwag. Lydia Amutenya, woordvoerder van die Stad, verduidelik Kosmos 94.1 Nuus.
Padsterftes: jonges maak meerderheid uit - June 10, 2021
Volgens die Motorvoertuig-ongelukkefonds verteenwoordig mense tussen 16 en 35 jaar oud die grootste groep slagoffers van padongelukke in 2020 in Namibië. Jonger mense verteenwoordig 39 persent van ongelukslagoffers in 2020, asook die vorige jaar, lui die 2020 Padongelukke- en Eise-verslag wat die fonds uitgereik het. ‘n Afname van 24 persent is in 2020 in padsterftes […]
UCT ondersoek variant-bestande entstof - June 10, 2021
‘n Covid-19 proef-entstof is tans in ‘n fase een-proefneming wat deur die Universiteit van Kaapstad gedoen word. Die entstof se unieke ontwerp kan dalk tot gevolg hê dat dit beter beskerming bied teen huidige en toekomstige variante van die virus. Media in die buurland berig dat die proefneming se eerste fase in Maart by die […]
Mosambiek: Terreurgroepe ontvoer al hoe meer kinders - June 9, 2021
Terreurgroepe in Mosambiek ontvoer al hoe meer kinders as deel van hul oorlogstaktiek, sê kinderwelsynsorganisasies. Minstens 51 kinderontvoerings is vanjaar in die land aangemeld, maar organisasies reken die ware getal is veel hoër, berig internasionale nuusagentskappe.
SA sakevertroue styg met 97 punte in Mei - June 9, 2021
In die buurland het sakevertroue in Mei tot 97 punte opgeskiet, sy hoogste vlak in drie jaar. Dis deel deur goeie uitvoere aangehelp, maar swak kleinhandelverkoopsyers, gebrekkige kredietverlening en onsekerheid oor kragvoorsiening, demper dit steeds, berig Suid-Afrikaanse media.
MVAF: 39% van ongelukslagoffers is jong mense - June 9, 2021
Volgens die Motorvoertuig-ongelukkefonds verteenwoordig mense tussen 16 en 35 jaar oud die grootste groep slagoffers van padongelukke in 2020 in Namibië. Jonger mense verteenwoordig 39 persent van ongelukslagoffers in 2020, asook die vorige jaar, lui die 2020 Padongelukke- en Eise-verslag wat die MVAF vandag uitgereik het.
Biden vertrek op eerste oorsese reis - June 9, 2021
Amerikaanse President Joe Biden vertrek op sy eerste oorsese reis en probeer om die status van die VSA op die wêreldtoneel met bekende bondgenote te versterk, en homself as die leier van die vrye wêreld uit te beeld. Biden sal die G7-beraad bywoon waar sy eerste ontmoeting met Russiese President Vladimir Poetin wees. Amerikaanse perssekretaris […]