KK-aanmerkings: ons het belangriker goed om te doen sê Presidensie - June 11, 2021

Aanmerkings deur die voormalige Swapo-minister Kazenambo Kazenambo, dat President Hage Geingob ‘n idioot en lafaard is as gevolg van die manier wat die volksmoord onderhandelings gevoer is, is deur die Presidensie se woordvoerder Alfredo Hengari geïgnoreer. Hy het in reaksie op die kommentaar gesê dat die die Presidensie baie belangrike kwessies het om na om […]

Read More

Moenie groot hoeveelhede kontant trek nie – Nampol - June 11, 2021

Misdadigers probeer in hierdie moeilike tye munt slaan uit onskuldige mense. Die Namibiese polisie maan die publiek om nie groot bedrae geld te onttrek nie. Nampol se hoofinspekteur Elifas Kuwinga het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.

Read More

Kenner reageer op aanpassings in SA energiebeleid - June 11, 2021

Die Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het aanpassings gemaak aan die buurland se energiebeleid. Hy het gesê energie is die kern van ekonomiese groei en beklemtoon hoe belangrik die energiesektor vir die ekonomie is. Die energie-kenner Ted Blom het op die Ramaphosa se verklaring gereageer.

Read More

Macron-klap kos 4 maande agter tralies - June 11, 2021

‘n Agt-en-twintigjarige man wat die Franse president Emmanuel Macron geklap het, is vier maande tronkstraf opgelê. Die president is vroeër die week tydens ‘n wandeling op ‘n amptelike besoek aan die suidooste van Frankryk deur ‘n man in ‘n groen T-hemp geklap. Damien Tarel beskryf homself as ‘n regse of ver-regse patriot. Hy mag vir […]

Read More

Rekord Covid-gevalle, ministerie sê hy hersien maatreëls - June 11, 2021

Die Namibiese gesondheidsministerie sê met 1 045 nuwe Covid-gevalle, word die situasie in die land hersien. “Dringende aandag is nodig”, en ‘n “gepaste reaksie is nodig”. Dit wil voorkom asof owerhede binnekort nuwe maatreëls sal aankondig. Die aankondiging kom na die rekord-getal Covid gevalle uit 3 178 toetsuitslae bevestig is. Windhoek alleen het 619 gevalle […]

Read More

Bank Windhoek, Farm Windhoek Fitness bied aflosbyeenkoms aan - June 10, 2021

Bank Windhoek bied in samewerking met Farm Windhoek Fitness sy jaarlikse aflosbyeenkoms van vier mense in ‘n span op Saterdag 10 en Sondag 11 Julie aan. Dit sal ook ‘n virtuele aanlyn-komponent bevat. Bank Windhoek se hoof van korporatiewe maatskaplike beleggings, borgskap en geleenthede, Bronwyn Moody, heta an Kosmos 94.1 Nuus gesê die opbrengs van […]

Read More

Lonekommissie sluit openbare verhoor in Noordooste af - June 10, 2021

Die Lonekommissie wat alle relevante bedrywe ondersoek om ‘n voorgestelde nasionale minimum loon by die Namibiese arbeidsministerie aan te beveel, het sy openbare verhore op Katima Mulilo in die Zambezi-streek en Rundu in die Kavango-Oos-streek afgesluit. Die voorsitter, Marius Kudumo, is tevrede met die teenwoordigheid by die verhore bygewoon is en die insette wat hulle […]

Read More

Gyselaarsdrama in Durban ontlont - June 10, 2021

In die buurland het KwaZulu-Natal se polisie vanmiddag daarin geslaag om ‘n gyselaarsdrama in Anton Lembedestraat in Durban onder beheer te bring. Luidens berigte het ‘n voormalige staatsamptenaar geld geëis wat glo aan hom geskuld word. Hy was glo gewapen en het ‘n ploftoestel gehad. Niemand is in die voorval beseer nie, berig Suid-Afrikaanse media.

Read More

Shangula sê strenger Covid-maatreëls kan kom - June 10, 2021

Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, het in die Nasionale Vergadering gesê die regering probeer nóg ‘n inperking vermy, maar mag dalk gedwing word om strenger Covid-19-maatreëls in te stel. Hy het vanmiddag op ‘n vraag van Nudo se LP, Joseph Kauandenge, geantwoord wat wou weet of die land op nóg ‘n inperking afstuur.

Read More

Ramaphosa wil beurtkrag beëindig - June 10, 2021

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sê sy regering werk nou hard daaraan om beurtkrag so vinnig as moontlik tot ‘n einde te bring. Dit, nadat hy vroeër vandag aangekondig het dat daar wysigings aan die land se Elektrisiteitsreguleringswet aangebring sal word, wat onafhanklike kragprodusente sal toelaat om hul elektrisiteit-uitset aansienlik te kan verhoog. Ons korrespondent, Fritz […]

Read More