
Verwagting vir verbod op toeskouers by Spele - July 8, 2021
Organiseerders van die Olimpiese Spele wat op 23 Julie in Tokio begin sal na verwagting ‘n verbod plaas op alle toeskouers. Japanese owerhede berei voor om ‘n noodtoestand te verklaar wat langer as die Spele, wat op 8 Augustus ten einde sal loop, sal duur. Die land het, nes talle ander lande regoor die wêreld, […]
Guterres veroordeel Haïti-sluipmoord - July 8, 2021
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies António Guterres het die sluipmoord op President Jovenel Moïse van die Republiek van Haïti ten sterkste veroordeel. Die 53-jarige is dood toe gewapende mans sy huis bestorm het. Sy vrou is in die aanval beseer. Die land se tussentydse eerste minister Claude Joseph het ‘n beroep op kalmte gedoen […]
Tsoenami van smokkeltwak in SA - July 8, 2021
Die stigter van die drukgroep Tax Justice South Africa, Yusuf Abramjee, sê ‘n skokkende nuwe verslag toon dat ‘n tsoenami van onwettige sigarette Suid-Afrika binnestroom weens die owerhede se versuim om te reageer op verdoemende getuienis oor die wêreld se grootste swartmark. Luidens die jongste verslag van die marknavorser Ipsos Suid-Afrika, verkoop twee uit elke […]
Euro 2020 – dis Engeland teen Italië - July 8, 2021
Engeland het die eindstryd van die 2020 Europese Kampioenskapsreeks gehaal toe hulle Denemarke gisteraand in die Wembley-stadion voor 66 000 ondersteuners geklop het. Engeland se kaptein, Harry Kane, het die wendoel in ekstra tyd aangeteken nadat die twee spanne met die eindfluitjie een elk gelykop was. Die span van Gareth Southgate kom Sondag in die […]
Miami: daar sal nie nog oorlewendes gevind word nie - July 8, 2021
Nog tien liggame is gevind onder die puin van ‘n gebou wat in Miami in die Verenigde State ineengestort het. Die tragedie het twee weke gelede plaasgevind en die bevestigde dodetal het intussen tot 46 gestyg. Internasionale media berig die plaaslike brandweer het gesinne van vermiste mense in kennis gestel daar was geen lugleegtes in […]
Is die piek van die derde vlaag verby? - July 8, 2021
Analiste is versigtig optimisties oor die jongste Covid-syfers wat deur Namibiese gesondheidsministerie bekend gemaak is. Volgens die ministerie is daar 3 754 pasiënte wat van Covid herstel het, wat drie keer meer is as die 1 286 nuwe gevalle wat bevestig is. Volgens data oor die afgelope sewe dae gemeet, het nuwe gevalle ook gedaal […]
Zuma: aangeleentheid is bewys van leierskap - July 8, 2021
Die ANC sê oudpresident Jacob Zuma se besluit om homself aan die polisie oor te gee, is ‘n toonbeeld van leierskap. Die woordvoerder van die party Pule Mabe sê dat dit sonder twyfel ‘n moeilike tydperk vir die ANC is maar, dat die party onomwonde in sy verbintenis is om die Grondwet en die oppergesag […]
WGO maan versigtigheid met verslapping van inperkings - July 8, 2021
Die Wêreldgesondheidsorganisasie doen ‘n beroep op lande om nié die Covid-beperkings oorhaastig op te hef nie. Dit kom nadat die wêreldwye sterftesyfer weens Covid-19 die 4 miljoen-kerf bereik het. Engeland wil feitlik al sy beperkings teen 19 Julie ophef. Mike Ryan van die WGO bestempel die idee dat mense liewer vroeër as later die Covid-19-virus […]
Landbou: produsente sal moet gesels meen kenner - July 8, 2021
Lewendehawe op die hoef was die grootste landbou uitvoerproduk met ‘n waarde van 266,1 miljoen Namibiese dollar, maar verteenwoordig steeds ‘n inkrimping van byna 28 persent op ‘n jaargrondslag. Intussen het Meatco verliese van miljoene aangeteken. Laer pryse word in Namibië aan produsente betaal as wat hulle in Suid-Afrika ontvang. Die bekende landbou-ekonoom dr. Kobus […]
MEFT het niks te sê oor Nghitila aantygings nie - July 8, 2021
Die Namibiese ministerie van omgewingsake sê hy sal nie reageer op aantygings teen sy uitvoerende direkteur Teofilus Nghitila nie. ‘n Plaaslike koerant het vroeër die week berig dat Nghitila een van die hoofde is van ‘n vismaatskappy, Omukokoli Fishing, wat daarvan beskuldig word dat hy onwettig vis gevang het. Die ministerie se woordvoerder Romeo Muyunda […]