
Covid het wesenlike impak op geesteswelstand van jeug - June 17, 2021
Meer as 55 persent van jongmense is die meeste bekommerd oor die gevolge wat Covid-19 op vlakke van geweld en armoede gaan hê. Dit is die gevolgtrekking van ‘n nuwe opname van die Unicef South Africa U-Report. Meer as 6 000 mense is in die opname ondervra, waarvan meer as 75 persent jongmense tussen 15 […]
SAPS moet eenheid skep om onwettige mynbou te beveg - June 17, 2021
Die Suid-Afrikaanse minister van minerale bronne en energie, Gwede Mantashe, het ‘n beroep op die polisie gedoen om so gou as moontlik ‘n spesialis-eenheid tot stand te bring om onwettige mynbou in die land te hanteer. Dit volg nadat hy die CAPM-myn in Orkney in Noordwes besoek het ná ‘n ramp waar 20 mense in […]
Volksmoord: ons tree so ‘n lafhaard op - June 17, 2021
Die uitvoerende direkteur in die ministerie van inligting Mbueta Ua-Ndjarakana het hom sterk uitgespreek teen die ooreenkoms wat die Namibiese regering met Duitsland oor die volksmoord beklink het. Ua-Ndjarakana is die eerste senior regeringsamptenaar wat teenstand teen die ooreenkoms bekend gemaak het. Hy het, in sy privaat hoedanigheid gesê die ooreenkoms is nie ‘n handtekening […]
Noa moet wag tot 2 Julie vir borgaansoek - June 17, 2021
Dennis Noa, die leerlingdokter wat aangekla word van die verkragting van die ‘n manlike, breinbeseerde pasiënt in die Katutura-hospitaal, se borgaansoek is uitgestel tot 2 Julie. Die aanklaer in die saak het Covid-gevalle bevestig. Landdros Esme Molefe het toe die aansoek vir twee weke uitgestel. Noa is sedert 13 April in aanhouding.
Rekord-getal, 2 075 Covid-gevalle bevestig - June 17, 2021
Daar is 2 075 nuwe Covid-gevalle uit 5 823 toetse bevestig wat 36 persent verteenwoordig. Windhoek het 1 128, Rundu het 139, Gobabis 119 en Oshakati 104. Aktiewe gevalle is tans op 11 678 na 796 pasiënte herstel het. Daar is 400 pasiënte in die hospitaal met 140 in hoësorg. ‘n Totaal van 33 sterftes […]
PDM gaan klag by ombud lê teen GRN, Katti - June 17, 2021
Die PDM-party sê in ‘n verklaring hy gaan ‘n klag by die kantoor van die ombudsman lê in verband met die regering se hantering van suurstof voorsiening tydens die pandemie. Volgens die party is die tender aan Intaka Technology Namibia toegeken. Die maatskappy is nie deur die Wêreldgesondheidsorganisasie goedgekeur nie omdat dit nie aan sy […]
Biden-vergadering was opbouend – Putin - June 17, 2021
Die Amerikaanse president, Joe Biden, sê hy en sy Russiese eweknie, Vladimir Putin, het baie bereik tydens hul vergadering in Genève, Switserland. Die twee leiers het ondermeer kuberaanvalle en die behandeling van die Russiese opposisieleier Alexei Navalny bespreek. Putin het die vergadering as opbouend beskryf. Biden sê dit was belangrik om persoonlik te vergader, sodat […]
Patentreg op entstowwe moet waai - June 17, 2021
Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging sê hy steun ten volle die tydelike opheffing van handelsverwante intellektuele eiendomsreg om wêreldwye toegang tot Covid-19-entstowwe te verhoog. Die Wêreld-gesondheidsorganisasie sê slegs twee-persent van die bevolking in lae- en middel-inkomste-lande is ingeënt. Die wêreld benodig minstens tien-miljard dosisse entstof om ‘n Covid-19-ramp in ontwikkelende lande te verhoed. Angelique Coetzee van […]
Fishrot-voorverhoor vandag - June 17, 2021
Die tien Fishrot-verdagtes sal vandag weer voor Regter Christie Liebenberg verskyn in voorverhoor verrigtinge. Die twee sake wat aangehoor word handel oor die 150 miljoen dollar omkoopsaak en die Nengomar Pesca Namibië belastingontduikingsaak. Liebenberg het in Mei het die aansoek om die twee sake saam te voeg tot 12 Julie uitgestel. Tydens die vorige verskyning […]
Karas-polisie kry weer dwelms… - June 17, 2021
Die Karas-polisie het nog ‘n dwelmvonds bevestig. Die streek se koördineerder vir misdaad ondersoeke Hoofinspekteur Douglas Hanse sê ‘n 39-jarige vrou is saam met twee mans, 29 en 47 jaar oud tussen Ariamsvlei en Karasburg op die B1 gearresteer vir die besit van net meer as 3,5 kilogram dagga. Die straatwaarde word op 177 000 […]