‘n Verbysterende 24-Covid-sterftes vandag aangemeld - June 1, 2021

Die Namibiese gesondheidsministerie het vandag 24 Covid-19-verwante sterfgevalle in al 14 streke aangekondig. Altesaam 263 nuwe gevalle is in 13 streke uit 1 297-toetsuitslae aangemeld. In die groep is 18 leerlinge, 2 onderwysers, 17 studente en 13 gesondheidswerkers. Daar is tans 3 999 aktiewe gevalle: 280 mens is in hospitale, waarvan 47 in hoësorgeenhede is.

Read More

NamPost sê pensioene sál Donderdag gereed wees - June 1, 2021

NamPost het gesê bejaarde Namibiërs se pensioen-uitbetalings sal eers op Donderdag 3 Junie sal plaasvind. Die kommunikasiebestuurder van NamPost Wilson Shikoto het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die fondse kon nie betyds geprosesseer word nie. Hy het die versekering gegee dat die pensioenuitbetalings Donderdag gereed sal wees.

Read More

Junie is Jeugmaand - June 1, 2021

Die Suid-Afrikaanse minister in die Presidensie vir vroue, die jeug en persone met gestremdhede, Maite Nkoana-Mashabane, sê Suid-Afrika is in die jongmense se hande. Sy het vandag gepraat by die bekendstelling van Jeugmaand, en jongmense aangespoor om beheer te neem en dinge vir hulself te doen. Nkoane-Mashabane het verder ‘n beroep op die samelewing gedoen […]

Read More

Namibië se werkloosheidsyfer dalk bo 40% - June 1, 2021

Reaksie is ontvang oor die werkloosheidsyfer in Suid-Afrika en dit voorspel niks goed vir Namibië nie. Werkloosheid in die buurland het in die eerste kwartaal vanjaar met 0,1 van ‘n persentasiepunt tot 32,6 persent toegeneem, vergeleke met die vierde kwartaal in 2020. Statistikus-generaal, Risenga Maluleke, het vandag die kwartaallikse Arbeidsmagopname bekend gemaak en sê ongeveer […]

Read More

Vloede op Suidsee-eiland van Nieu-Seeland - June 1, 2021

Nog 300 huise in Canterbury in Nieu-Seeland moes oornag ontruim word ná swaar reënval wat tot talle vloede op die Suid-eiland gelei het. Sommige plekke het tot 40 sentimeter reën aangeteken. Die weermag het helikopters ingespan om mense te red, berig internasionale media.

Read More

NamPost betaal eers Donderdag pensioene uit - June 1, 2021

NamPost het pas bekendgemaak dat bejaarde Namibiërs se pensioenuitbetalings op Donderdag 3 Junie sal plaasvind.

Read More

Slegs 42% van Covid-sterftes in Gauteng aangemeld - June 1, 2021

Die DA in Gauteng sê dié provinsie se Gesondheidsdepartement het amptelik 10 770 Covid-19-sterftes aangeteken. Die departement het egter erken dat dit net sowat 42 persent van die oortollige sterftesyfer volgens die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad se beraming is. Jack Bloom van die DA sê die departement skat dat 13 756 Covid-19-sterftes in die provinsie nog […]

Read More

Ontwrigting van dienste in Tshwane - June 1, 2021

In die buurland het Stad Tshwane inwoners in kennis gestel oor moontlike ontwrigtings van dienste vandag weens die voortslepende versetoptrede deur die Suid-Afrikaanse munisipale werkersvakbond. Sekere personeellede kon weens die versetoptrede nie hul pligte uitvoer nie. Stadwoordvoerder, Lindelani Mashego, sê hulle ondersoek verskeie maniere om die situasie te stabiliseer en om personeel te beskerm

Read More

Pan-Afrika Parlement ontspoor weer - June 1, 2021

Verrigtinge in die Pan-Afrika Parlement het weer ontspoor. ‘n LP van Zimbabwe en lid van die ad hoc verkiesingskomitee Barbara Rwodzi, vra vir ‘n roterende leierskapstelsel.

Read More

Eerste menslike geval van voëlgriep in China - June 1, 2021

‘n Man in China se oostelike Jiangsu-provinsie is die eerste menslike geval wat met die H10N3-voëlgriep-stam besmet is. Dit is vandag deur China se nasionale gesondheidskommissie aangekondig. Internasionale media berig dat die 41-jarige inwoner van die stad Zhenjiang laat in April in die hospitaal opgeneem is nadat hy koors en ander simptome ontwikkel het. Hy […]

Read More