
SA bestee N$126 miljard aan persoonlike beskermingstoerusting - June 2, 2021
Die Spesiale Ondersoekeenheid sê Suid-Afrika het die afgelope jaar 126 miljard Namibiese dollar aan persoonlike beskermingstoerusting bestee en hiervan word kontrakte ter waarde van 14 miljard Namibiese dollar ondersoek. Die ondersoekeenheid se hoof, Andy Mothibi, lig die parlementêre staande komitee oor openbare rekeninge tans in oor die ondersoeke na hierdie kontrakte. Mothibi sê hulle het […]
Israel behaal kudde-immuniteit - June 2, 2021
Israel het vir alle praktiese doeleindes kudde-immuniteit teen Covid-19 behaal met 80% van die land se volwassenes wat reeds ingeënt is. Net gemiddeld 15 gevalle per dag word nou aangemeld, berig internasionale media. Streng reisbeperkings geld steeds.
Vroue skep eerste borsmelk in laboratorium - June 2, 2021
Wetenskaplikes het die eerste borsmelk in ‘n laboratorium geskep. Volgens internasionale media sal dit in 2024 op winkelrakke wees as ‘n alternatief vir formulemelk. Biomilq is die breinkind van twee vroulike wetenskaplikes. Dit bevat die bestanddele van moedersmelk.
SA: Vaardighede in windkrag moet verbeter - June 2, 2021
‘n Internasionale verslag lui dat Suid-Afrika een van die tien lande in die wêreld is wat sy opleiding van werknemers in die wind-energiebedryf aansienlik sal moet verbeter. Dit is nodig om te voldoen aan die vaardigheidsvereistes wat sal ontstaan weens die oorskakeling na wind-energieprojekte. Die verslag is opgestel deur die Wêreldraad oor Wind-energie, die Wêreldwind-organisasie […]
Omgewingsdrukgroep lê klag oor kragskepe - June 2, 2021
Die omgewingsdrukgroep Green Connection het ‘n klag by die Suid-Afrikaanse departement van bosbou, visserye en die omgewing ingedien oor die omgewingspraktisyns Triplo4 Sustainable Solutions se verslag oor die gebruik van kragskepe. Green Connections se woordvoerder, Liziwe McDaid, sê hul klag teen die praktisyns is ernstig. Sy sê hulle het versuim om ‘n spesialisverslag oor die […]
Jong mans kan ook beradingsnoodlyn bel - June 2, 2021
‘n Beradings-noodlyn is in Namibië gestig om meisies en vroue in nood regoor die land te help. Volgens ‘n mediaverklaring van die Blessed Is She-projek sal die noodlyn vertroulike telefoniese berading aan meisies en vroue 24 uur per dag verskaf. Dit is die inisiatief van die nie-regeringsorganisasie Change of Life Style, wat mentorprogramme aanbied. Volgens […]
Afrobarometer 2021 vir Namibië kommerwekkend - June 2, 2021
Die nuwe Afrobarometer van 2021 se kommerwekkende resultate vir Namibië wys groot hoeveelhede Namibiërs ervaar weens die Covid-19-pandemie altyd of dikwels ‘n skaarsheid aan kontant, skoon water, kos en gesondheidsorg. Afrobarometer het telefonies aan Namibiërs gevra hoe dikwels hulle sonder kontant, skoon water, kos, medisyne en gesondheidsorg was. Altesaam 23 persent het geantwoord hulle was […]
VN: Tigray-bevolking in Ethiopië benodig voedselhulp - June 2, 2021
Die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram sê meer as 90 persent van die Tigray-bevolking in Ethiopië benodig dringend voedselhulp weens die konflik. Die konflik het verlede November ontstaan nadat premier Abiy Ahmed ‘n aanval op magte getrou aan die streek se voormalige regerende party, die Tigray People’s Liberation Front, beveel het, nadat hulle federale weermagbasisse binnedring […]
SAFTU bekommerd oor werkloosheidsyfers - June 2, 2021
Die Suid-Afrikaanse vakbondfederasie SAFTU het sy kommer uitgespreek oor die stygende werkloosheidskoers wat Statistieke Suid-Afrika gister bekendgemaak het. SAFTU sê hy het Statistieke SA se beperkings opgemerk ten opsigte van die berekenings van die Bruto Binnelandse Produk en ekonomiese groei, en die metodologie wat gebruik is om die gevolgtrekkings te bereik. Stats SA het bekendgemaak […]
Hoof van Namibiese Korrektiewe Dienste vaar uit oor sodomie - June 2, 2021
Die kommissaris-generaal van die Namibiese Korrektiewe Dienste, Raphael Hamunyela, is gekant teen die skrap van die sodomiewet. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê korrektiewe dienste is nie in isolasie nie, maar ‘n gemeenskap wat deel is van die Namibiese samelewing. Hy meen gevangenes dieselfde goeie morele en Christelike waardes soos die Namibiese samelewing hê. […]