Namibiese suiwelbedryf het reuse-uitdagings - June 18, 2021

Meer inligting is bekend oor die plaaslike suiwelbedryf. Volgens die Namibiese Landbou-unie het suiwelprodukte se pryse vir die afgelope drie jaar konstant gebly. Die huidige gemiddelde produksieprys van 6,22 Namibiese dollar per liter, is nie langer volhoubaar vir die produksie van rou melk nie, want suiwelboere se insetkoste bly styg. Kokkie Adriaanse, die voorsitter van […]

Read More

Liberiese rebelle-bevelvoerder skuldig bevind aan gruweldade - June 18, 2021

‘n Switserse hof het ‘n voormalige Liberiese rebelle-bevelvoerder tot 20 jaar gevangenisstraf gevonnis weens sy deelname aan die burgeroorlog in sy land. Daar het ongeveer ‘n kwart-miljoen mense in die oorlog gesterf, wat van 1989 tot 2003 geduur het. Aleiu Kosiah is die eerste Liberiër wat skuldig bevind is aan die gruweldade. Kosiah het na […]

Read More

Kim Jung-un erken amptelik voedseltekort - June 18, 2021

Kim Jung-un, leier van Noord-Korea, het amptelik erken dat ‘n voedseltekort in die land dreig. Hy het aan senior partyleiers gesê die situasie is gespanne en die skuld op die swak graanoes gepak nadat tifone in 2020 vloede veroorsaak het.

Read More

Sportminister vanaand saam met Copps 94.1-span - June 18, 2021

In Kosmos se Copps 94.1 vanaand sal die Namibiese minister van jeug, sport en nasionale dienste, Agnes Tjongarero, by ons span op patrollie aansluit. Francois Lottering van Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.

Read More

Boer van Okahandja fnuik boorgatpomp-diewe - June 18, 2021

‘n Boer maak ‘n plan! ’n Boer van Okahandja het ‘n slim sluitmeganisme ontwikkel om boorgat-vandalisme en -diefstal te beperk. Baltie Bierman het ‘n kreatiewe en kostedoeltreffende teendiefstal-meganisme ontwerp wat boorgatpompe teen diewe en vandale beskerm. Bierman het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die meganisme baie goed werk en belangstellendes kan hom direk kontak.

Read More

China ent byna 1 miljard burgers in - June 18, 2021

China het byna een miljard van sy bevolking van 1,4 miljard teen Covid-19 ingeënt teen ‘n koers wat geen ander land nog kon behaal nie. Die syfer is byna 40 persent van die 2,5 miljard inentings wat wêreldwyd toegedien is en drie keer so veel as wat Amerika kon bereik. Data van China se nasionale […]

Read More

Mynwerkersunie ondersteun ook Kubane - June 18, 2021

Die Nasionale Unie van Mynwerkers sê hy gaan Sondag aansluit by die ANC, SAKP en Cosatu se motorkonvooi in Pretoria ter ondersteuning van Kuba se teenkanting teen Amerika se voortgaande ekonomiese, handels- en finansiële boikot. Die Mynwerkersunie sê die verbod het groot ekonomiese en handelsprobleme geskep en is ‘n wrede beleid wat die hele Kubaanse […]

Read More

Laer rou melkproduksie vir 2021 in Namibië voorspel - June 18, 2021

Volgens die Namibiese Landbou-unie word ‘n moontlike afname 20 persent van rou melkproduksie vir 2021 verwag. Na verwagting sal slegs 14,5 miljoen liter rou melk vanjaar geproduseer word. Daar is tans sowat tien suiwelprodusente oor in Namibië sonder Namibia Dairies se sogenaamde Super Farm.

Read More

Skieter in Arizona vasgetrek - June 18, 2021

‘n Verdagte is in Surprise in Arizona in hegtenis geneem ná hy glo uit sy bewegende voertuig in die bestek van 90 minute op agt verskillende plekke in die stad op mense losgebrand het. Een persoon is dood en nog 12 is gewond.

Read More

Jeug moet betrokke raak in landbouproduksie - June 18, 2021

Suid-Afrika, soos Namibië, word gekonfronteer met die uitdaging van jeugdiges wat nie in die landbousektor betrokke raak nie. Die sektor word deur baie jeugdiges as minder belangrik beskou. In die buurland, sal die Noordwes-departement van landbou tien bulle aan tien jong boere in die provinsie skenk as deel van die 2021-jeugjaarherdenking. Die Namibiese minister van […]

Read More