
Kanada kry eers inheemse goewerneur-generaal - July 7, 2021
Kanada se eerste minister, Justin Trudeau, het die aanstelling van die land se eerste inheemse goewerneur-generaal as ‘n geskiedkundige stap beskryf. Die leier van die Inuk, Mary Simon, volg Julie Payette op wat in Januarie vanjaar bedank het na bewerings van teistering in die werkplek. Koningin Elizabeth van Engeland het die aanstelling goedgekeur. Trudeau sê […]
Noa hoor môre oor borg - July 7, 2021
Windhoek-landdros Esme Molefe sal na verwagting môre haar uitspraak lewer in die formele borgaansoek van die leeringlingdokter Dennis Noa. Noa, 26, word daarvan aangekla dat hy ‘n breinbeseerde pasiënt in die Katutura-hospitaal verkrag het. Sy prokureur James Diedericks het in die hof aangevoer dat daar geen bewyse is dat die manlike pasiënt verkrag is nie […]
Whk-bouplanne vir Mei bekend - July 7, 2021
IJG Sekuriteite het die bouplan-syfers vir Mei vir Windhoek bekendgestel. ‘n Totaal van 187 bouplanne is gedurende die maand goedgekeur wat ‘n afname van 25,2 persent teenoor April verteenwoordig. Die waarde van die planne is op 173 miljoen Namibiese dollar bereken, of 26,1 persent laer as dié wat tydens April goedgekeur is. Wanneer die huidige […]
NSX tel effe op, voorspellings moeilik - July 7, 2021
Die uitvoerende hoof van die Namibiese aandelebeurs, Tiaan Bazuin, het gesê dit is nie tans ‘n baie besig tyd op die aandelebeurs nie, maar daar is wel ‘n styging in pryse. Bazuin het die jongste nuus oor aandelemarkte met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.
Zuma word nie regverdig behandel nie, sê Mpofu - July 7, 2021
Regter Bhekisisa Mnguni van die hooggeregshof in Pietermaritzburg sal Vrydag uitspraak lewer in oudpresident Jacob Zuma se aansoek vir die uitstel van sy inhegtenisneming. Die Konstitusionele Hof het Zuma tot 15 maande gevangenisstraf gevonnis vir minagting van die hof nadat hy ‘n bevel deur die land se hoogste hof verontagsaam het, om voor die staatskapingskommissie […]
Maties is medeborg van nuwe tydskrif - July 7, 2021
Die Universiteit Stellenbosch is medeborg van ‘n nuwe aanlyn tydskrif in Engels en Frans wat verslag doen oor wetenskaplike navorsing en kwessies van wetenskap-beleid op die Afrika-vasteland. ‘n Woordvoerder sê die tydskrif, Nature Africa, sal navorsing met die grootste invloed op die vasteland dek en dit aan wetenskaplikes en besluitnemers oordra. Buiten nuus en navorsings-hoogtepunte […]
GRN: handgeskrewe bestellings nie geldig nie - July 7, 2021
Die Namibiese ministerie van finansies het bekend gemaak dat geen bestellings vir die regering wat met die hand uitgereik is aanvaar word nie. Volgens ‘n verklaring het die regering die praktyk gestaak vanaf die begin van Julie. Handgeskrewe bestellings sal ingevolge die persverklaring nie betaal word nie en verskaffers word daaraan herinner dat alle amptelike […]
Methods to Be a Great Thailand Better half - July 7, 2021
If you want to become great Thailänder wife, you will need to learn about the Thailänder culture. Weight loss expect to make like to a woman the moment you meet her. https://www.sfweekly.com/sponsored/thailand-mail-order-brides-finding-a-wife-in-thailand-is-easy/ However , you can learn about how becoming a great Thailänder wife in this article. This article will provide you with some tips […]
DA eis insae na ondersoek van wanbestuur by Robbeneiland-museum - July 6, 2021
Die DA beplan om ‘n aansoek in terme van die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting in te dien met die doel om ondersoekverslae te bekom waarin beweerde growwe wanbestuur by die Robbeneiland-museum uiteengesit is. ‘n DA-lid van die Wes-Kaapse Wetgewer, Reagen Allen, sê dit volg nadat die bestuur geweier het om die […]
Namibiese ombudsman sê regering moet vir alle Namibiërs sorg - July 6, 2021
In die moeilike tye van die Covid-pandemie is dit maklik om te vergeet van diegene wat nie in staat is om hulself te help nie. In die winterseisoen het ons mense wat nie kos of ‘n kombers kan bekostig nie. Namibië het talle haweloses, asook die Strydkinders wat in tente in kampe onder moeilike omstandighede […]