
Cyril: ANC staan nie nasionalisering voor - June 4, 2021
Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa se opmerkings dat die ANC nie ‘n nasionaliseringsbeleid voorstaan nie, stel TLU SA nie gerus dat alle grond nie uiteindelik in die regering se hande gaan beland nie. So sê die landbou-organisasie se president, Henry Geldenhuys. Volgens Geldenhuys is daar geen verskil tussen nasionalisering en onteiening sonder vergoeding nie. Hy sê […]
SA: Dwelms van N$108 miljoen gekonfiskeer - June 4, 2021
In die buurland het die polisie in KwaZulu-Natal in Durban beslag gelê op dwelms ter waarde van 108 miljoen Namibiese dollar nadat hulle inligting ontvang het dat die besending na Gauteng vervoer gaan word. Beamptes het die verdagte dwarsdeur die nag dopgehou. Hulle is daarna in die rigting van Jozini en Pongola ontplooi. ‘n Polisiewoordvoerder, […]
Suiwelboere se jaarvergadering op 13 Julie - June 4, 2021
Die Suiwelprodusentevereniging se algemene jaarvergadering sal op Dinsdag, 13 Julie in Windhoek aangebied word. As gevolg van die huidige omstandighede en die beperking van die deelnemers aan byeenkomste, het die bestuur besluit om die gala-dinee en die toekenning van die Suiwelprodusent van die Jaar uit te stel. Die jaarlikse ledevergadering bied egter aan lede ‘n […]
Presidentspaar bedank almal vir wense - June 4, 2021
Die Namibiese president Hage Geingob het Namibiërs en wêreldleiers vir al die beterskapwense bedank na hy en die eerste dame Monica Geingos in isolasie was nadat hulle positief vir die Covid-19 virus getoets het. Hy bedank ook Stigterspresident Sam Nujoma vir sy mooi brief vir sy spoedige herstel.
Indonesiërs hou uitstalling by Omba-galery - June 4, 2021
Die Indonesiese ambassade in Namibië bied ‘n uitstalling in die Omba-galery aan met die idee om klein- en medium- ondernemings te bevorder. Uitstallers van Indonesië sal verskillende kunswerke en artikels uit Indonesië ten toon stel. Ari Hadiman, tweede sekretaris van die Indonesiese ambassade in Windhoek, het aan Kosmos 94.1 gesê dat die tentoonstelling van half […]
Inheemse Amerikaners koop hul eiland terug - June 4, 2021
‘n Groep inheemse Amerikaners het ‘n klein eiland in Long Lake, Maine, vir 4,8 miljoen Namibiese dollar gekoop – 60 jaar ná dit van hulle ontneem is. Die Passamaquoddy het vir minstens 10 000 jaar in die gebied gewoon voor koloniste dit in die 19de eeu gevat het.
Nege spoorlynwerkers in China dood - June 4, 2021
Minstens nege mense is dood nadat ‘n trein vanoggend in spoorlynwerkers vasgery het in die Chinese stad Jinchang. Daar word nog gewonder hoe die ongeluk kon plaasvind en of die treindrywer geweet het die werkers is besig op die spoorlyn.
DA: ANC los finansiële gemors in Tshwane - June 4, 2021
Die DA in die Stad Tshwane sê hulle gee stelselmatig aandag aan die finansiële gemors wat gelaat is deur die onwettig ontplooide ANC-administrateurs wat einde Oktober 2020 uit die kussings gelig is. Die stad se waarnemende personeelhoof, Jordan Griffiths, sê die DA het die situasie met die skuldeisers probeer beredder deur te verseker dat die […]
Wêreldomgewingsdag môre gevier - June 4, 2021
Wêreldomgewingsdag word môre op 5 Junie jaarliks deur die Verenigde Nasies herdenk om bewustheid te skep oor die belangrikheid van die natuur. Die dag word regoor die wêreld gevier om mense in kennis te stel dat die natuur nie as vanselfsprekend aanvaar moet word nie. Die omgewingskenner Peter Cunningham verduidelik aan Kosmos 94.1 nuus oor […]
Bates van Gupta-man gevries - June 4, 2021
Die hooggeregshof in Bloemfontein het ‘n bevel aan die Nasionale Vervolgingsgesag en die ondersoekdirektoraat toegestaan om die bates te bevries van Iqbal Sharma, sy maatskappy Nulane Investments, asook Islandsites Investments wat aan Atul en Rajesh Gupta behoort. ‘n Woordvoerder van die ondersoekdirektoraat, Sindiswe Seboka, sê die bevel is van toepassing op bates in Suid-Afrika en […]