
Kaapse brand: historiese geboue verwoes - April 19, 2021
Die Stad Kaapstad sê brandweerspanne was dwarsdeur die nag op die toneel van die bergbrand agter die Universiteit van Kaapstad. Meer as 150 brandbestryders van verskillende stasies regoor die metropool veg teen die brand. Die stad sê lugondersteuning sal vanoggend hervat word. Eiendom waaronder privaat wonings, die Rhodes-gedenkteken en historiese strukture soos Mostert se Meule […]
Kongo Brazzaville besoek het goed afgeloop - April 19, 2021
Staatshuis het meer besonderhede bekendgemaak oor President Hage Geingob se besoek aan Kongo Brazzaville vir die inhuldiging van president Denis Sassou Nguesso. Die Presidentsvrou Monica Geingos het Geingob vergesel. Die Presidensiële Woordvoerder, Alfredo Hengari, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Myeni: polisie in Hawaii het geen rede tot skiet gehad nie - April 19, 2021
Die prokureur van die Suid-Afrikaanse man wat in Hawaii deur die polisie doodgeskiet is, sê die lyfkamera-videos wat deur die owerhede in Honululu vrygestel is, bevat geen bewyse wat die skietvoorval regverdig nie. Luke Korkowski het aan die media gesê Myeni se dood is veroorsaak deur swak opgeleide en aggressiewe polisiebeamptes wat oorreageer het. Myeni […]
Covid gevalle tans op 1 515 - April 19, 2021
Die Namibiese Ministerie van Gesondheid het bekendgemaak dat daar 140 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig is. Windhoek het 36, Rehoboth 15, Otjiwarongo 13, Tsumeb 12, en Swakopmund 11. Die res is landwyd versprei. Daar is steeds 1 515 aktiewe gevalle, met 44 525 wat herstel het uit ‘n kumulatiewe totaal van 46 655. […]
Inbraak by kantore van Zondo-kommissie - April 18, 2021
Die Suid-Afrikaanse polisie is besig met ‘n ondersoek nadat daar gisteraand by die kantore van die Zondo-kommissie in Parktown, Johannesburg ingebreek is. Volgens die kommissie se Woordvoerder Mbuyiselo Stemela is skootrekenaars gesteel. Amptenare van die kommissie probeer nou vastel of enige dokumente ook gesteel is.
Korrupsie-klag teen Cyril gelê - April 18, 2021
Die Suid-Afrikaanse Presidensie het bewerings van korrupsie teen President Cyril Ramaphosa ontken. Dit volg na ‘n berig in die media oor korrupsie-aanklagte teen Ramaphosa, wat glo by die Sandton-polisiekantoor ingedien is. Volgens die berig hou die aanklag verband met ‘n twyfelagtige tender wat die Vrystaatse Departement van Onderwys glo aan die president se voormalige maatskappy […]
Hospitaal-brand wek groot kommer - April 18, 2021
Die Demokratiese Alliansie in Gauteng sê die verskriklike brand in die Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal in Johannesburg het die gesondheidsdienste in Gauteng ‘n geweldige knou toegedien. Die DA het die heldhaftige pogings geprys om byna sewehonderd pasiënte na ander instellings oor te plaas. Die party vermoed egter dat sekere spesialisdienste baie langer ontwrig gaan word. […]
McKenzie wen weer vir Chiefs - April 18, 2021
Die Chiefs se losskakel Damian McKenzie het vir die tweede week in ‘n ry ‘n oorwinning vir sy span verseker met ‘n strafdoel in die doodsnikke van hul ontmoeting met die Crusaders in Hamilton, Nieu-Seeland. Die telling was 26-25 in die Chiefs se vierde agtereenvolgende sege in die Super Rugby Aotearoa-reeks. Die Crusaders is steeds […]
ANC-faksie sê Ace moet bly! - April 18, 2021
Lede van die radikale ekonomiese transformasie-faksie in Suid-Afrika wil volgens berigte klagte teen soveel moontlik ANC-leiers by polisiekantore in die buurland indien om choas te skep oor die besluit dat die Sekretaris-Generaal van die ANC Ace Magashule sy posisie moet ontruim oor beweerde korrupsieklagte teen hom. Magashule het 30 dae tyd om dit te doen, […]
Covid-infeksies styg vinniger – WGO - April 18, 2021
Die sterfgevalle wêreldwyd asgevolg van Covid-19 het die 3 miljoen kerf verbygesteek volgens statistiek van die Johns Hopkins Universiteit. Meer as 141 miljoen mense het dit reeds onderlede gehad of, het dit nog. Dit volg nadat die Hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie Terdros Adhanom Ghbreyesus gewaarsku het dat die wêreld die hoogste infeksiesyfers tot dusver nader. […]