
Covid: boere se uitdagings lyk so… - June 24, 2021
Na aanleiding van die aanmerkings deur Namibië Droogtehulp se Henriëtte le Grange dat boere sukkel met Covid-uitdagings, veral omdat droogtetoestande hulle genoop om kostes te bespaar en ekstras soos mediese dekking te kanselleer, het Kosmos 94.1 Nuus met die president van die Namibiese Landbou-unie Piet Gouws gepraat. Volgens Gouws is daar wel groot uitdagings maar […]
DA-munisipaliteit beter bestuur – ouditeur-generaal - June 24, 2021
Die Demokratiese Alliansie sê die ouditeur-generaal, Tsakani Maluleke, se verslag oor munisipale oudits bevestig dat die DA wat munisipaliteite in die Wes-Kaap en Midvaal in Gauteng bestuur, sake vlot laat verloop. Maluleke het aangekondig dat 22 munisipaliteit landwyd nie verslag kon doen oor 5,5 miljard Suid-Afrikaanse rand in toelae wat van die regering ontvang is […]
Versekering sal daadwerklik verander - June 24, 2021
‘n Internasionale kenner in versekering sê lewensversekeraars sal met nuwe oë moet kyk na hoe hulle produkte ontwikkel. Paulo Bandeira Pinho, die vise-president van Diameter Health in die VSA het die Reuters Future of Insurance 2021 konferensie gepraat. Yanna Smith het die besonderhede…
NamWater wag op minister oor tariefverhoging - June 24, 2021
NamWater se hoof uitvoerende beampte Abraham Nehemia kon nie aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig of die maatskappy ‘n tariefverhoging die jaar sal ontvang of nie. Nehemia sê daar is ‘n aansoek by die minister Calle Schlettwein maar, daar is nog nie terugvoering ontvang nie.
Voorstelinie werkers word bygestaan - June 24, 2021
‘n Inisiatief van Ombili Mental Health, Nammed mediese fonds en die Namibiese Vereniging van Private Hospitale, doen ‘n beroep op alle werkers in die voorste linies wat berading in dié krisistyd nodig het, om ‘n boodskap na 081 831 1065 te stuur. Sedert die Covid-pandemie werk werkers in die voorste linies ekstra ure of plaas […]
Lees ‘n lekker boek en bly veilig - June 24, 2021
Die groot getalle Covid-infeksies dwing almal om tuis te bly, of daar inperking is of nie. Dit is ook koud en daar is niks lekkerder as om met ‘n goeie boek op te krul nie. Nou is die tyd om te lees en Elmarie Kotze van Book Den het ‘n paar top treffers wat beskikbaar […]
Die Beast sal kiekies beoordeel - June 24, 2021
Inskrywings stroom in vir Rugby Africa se eerste media- en fotografietoekennings en die paneel beoordelaars het die Wêreldbeker- en Springbok-legende, Tendai ‘Beast’ Mtawarira, nader gehark. ‘n Woordvoerder sê die 35-jarige Springbok, wat die derde meeste wedstryde vir die Bokke gespeel het, sluit aan by ‘n paneel huidige en oudspelers. Afrika-joernaliste en -fotograwe kan steeds hulle […]
Massa veevervoer word fyn deur DBV dopgehou - June 24, 2021
Die DBV in Suid-Afrika sê sy inspekteurs monitor die lewende hawe aan boord die Al Messilah sedert die skip uit Berlyn in die Oos-Kaap weg is en onlangs in die Oos-Londense hawe aangekom het. Die skip is onderweg na die Midde-Ooste. ‘n Woordvoerder sê meer as 58 000 skape, beeste en bokke is die afgelope […]
Cholera steeds ‘n uitdaging - June 24, 2021
Die Afrika-streek van die Wêreldgesondheidsorganisasie sê hoewel cholera ‘n voorkombare siekte is, bly dit wêreldwyd ‘n groot openbare gesondheidsprobleem. Daar is jaarliks wêreldwyd bykans 4 miljoen cholera-gevalle en meer as 21 000 sterfgevalle. Zambië ondervind sedert 1977 gereeld cholera-uitbrekings en die laaste beduidende een was tussen Oktober 2017 en Junie 2018. Die WGO sê dit […]
Sal tariewe in Whk vanaand verhoog word? - June 24, 2021
Die Windhoek munisipaliteit hou vanmiddag om halfses sy maandelikse raadsvergadering en dit is nie duidelik of nuwe tariewe vir water en elektrisiteit aangekondig sal word nie. Die Elektrisiteitsbeheerraad het ‘n verhoging van 2.92% in die grootmaattarief einde April vir NamPower goedgekeur en die nuwe prys tree op 1 Julie in werking. ErongoRed het ook intussen […]