
TB joshua: Venaani betuig medelye - June 7, 2021
Die president van die PDM-party McHenry Venaani het sy medelye betuig met vriende, familie en die gemeente van TB Joshua en die Synagogue Church of All Nations. In ‘n verklaring sê Venaani TB Joshua was ‘n man van God en het, net voor sy afsterwe, ‘n diens gelei. Venaani sê Joshua sal onthou word vir […]
SA se seniors sal wel eers later tweede spuit ontvang - June 7, 2021
Berigte uit Suid-Afrika lui dat daar verwarring is onder diegene ouer as sestig jaar wat reeds hulle eerste Covid-19 inenting gekry het. ‘n SMS is aan hulle gestuur waarin gesê word die datum vir hulle tweede inenting sal verander. ‘n SMS van die regering lui dat die tweede inenting nou toegedien sal word binne ses […]
Minimumloon word vandag in Katima bespreek - June 7, 2021
Die Namibiese Ministerie van Arbeid is steeds besig om ondersoek in te stel na ‘n nasionale minimumloon en sal vandag inwoners van die Zambezi-streek in Katima Mulilo ontmoet. Die vergadering, wat in die gemeenskapsaal plaasvind, begin om 8-uur en duur tot vanmiddag 5-uur. Owerhede hou op die oomblik die vergaderings om te bepaal of ‘n […]
Sri Lanka ramp: geen oliestorting nie - June 7, 2021
Kenners het die data-opnemer gevind van ‘n skip met chemikalieë aan boord, wat in ‘n brand beskadig is en aan die sink is naby Sri Lanka se hoofstad. Die MV X-Press Pearl wat onder Singapoerse vlag vaar, het Woensdag begin sink nadat ‘n brand geblus is wat 13 dae aan boord gewoed het. Pogings om […]
Covid: gevalle styg, herstelkoers val terug na 89% - June 7, 2021
Daar is 650 nuwe Covid-gevalle uit 2 328 toetse bevestig. Windhoek alleen het 263. Rehoboth het 82 met Gobabis en Swakopmund op 46. Daar is 101 leerders, 21 studente en 23 gesondheidswerkers in die groep. Aktiewe gevalle is tans op 5 752 met 150 pasiënte wat herstel het. Ses sterftes is ook bevestig. ‘n Totaal […]
Te vroeg om te sê of Brittanje op 21 Junie alles ophef - June 6, 2021
Die Britse minister van gesondheid Matt Hancock het aan media gesê dit is te vroeg om te sê of die inperkings finaal gelig sal word op 21 Junie. Hy sê die sogenaamde delta-variant, wat die eerste keer in Indië opgemerk is, het ‘n noemenswaardige impak op die pandemie in die Verenigde Koninkryk gehad en is […]
SA staatsamptenare gaan staak - June 6, 2021
Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Staatsamptenare het kennis gegee van ‘n staking omdat die regering volgens hulle loongesprekke doelbewus vertraag. Die onderhandelinge met die meerderheidsvakbonde is Vrydag hervat, met vakbonde wat ‘n loonverhoging van sewe persent eis, terwyl die werkgewer ‘n nul-persent verhoging voorstaan. Die PSA het verlede maand ‘n dispuut verklaar, maar die partye kon […]
Ausiku sê oor Kavango Wes - June 6, 2021
Die goewerneur van die Kavango Wes-streek Sirkka Ausiku het in haar streeksrede ‘n beroep op die sentrale regering gedoen om streekskantore in Kavango Wes te vestig om dienslewering te verbeter. Volgens Ausiku is daar verskeie opnames in die streek gedoen veral in verband met die volhoubaarheid van groenskemas, houtwerk, die bemarking van lewendehawe en beleggings […]
Katutura-hospitaal is ‘n doodsvonnis – Venaani - June 6, 2021
Die leier van die amptelike opposisie, McHenry Venaani sê die Katutura Staatshospitaal word landswyd gesien as ‘n simbool van die dood. Die leier van die PDM-party sê die publiek meen dat word jy daar opgeneem, jy jou eie doodsertifikaat teken. Venaani, wat by die party se sentrale komitee vergadering gepraat het, het ‘n beroep op […]
Mabuza vra geduld in Mkhize-ondersoek - June 6, 2021
Suid-Afrika se Adjunkpresident David Mabuza het inwoners van die buurland versoek om op die Spesiale Ondersoekeenheid te wag om die ondersoek na die beskuldigings teen die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, af te handel. Mabuza het na die skandaal rondom die departement van gesondheid se kontrak van 150 miljoen Namibiese dollar met Digital Vibes verwys…