Covid-19: 16 sterftes in drie distrikte - August 3, 2021

Die Namibiese gesondheidsministerie het 16 Covid-sterfgevalle in drie distrikte aangekondig, asook 355 nuwe gevalle uit 1 416 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 25% is. In die groep is 61 leerders, 17 onderwysers, ses studente en nege gesondheidswerkers. Daar is nou 20 365 aktiewe gevalle, waarvan 387 gehospitaliseer en 75 in intensiewesorgeenhede is.

Read More

Christine wen silwer op Olimpiese Spele in 200 mete - August 3, 2021

Christine Mboma het so pas ‘n silwer medalje in die 200 meter by die Olimpiese Spele verower met ‘n tyd van 21,81 sekondes en haar mede-Namibiër, Beatrice Masilingi, het sesde gekom en ‘n nuwe o.20 wêreldrekord gebreek. Elaine Thompson-Herah van Jamaika het die wedloop gewen. Namibiese atleet Frankie Fredericks het laas in 1992 en 1996 […]

Read More

Individue vat baie meer krediet as besighede – hier’s hoekom… - August 3, 2021

Die Junie-syfers vir privaatsektor kredietverlening is bekend. Op ‘n jaargrondslag het kredietverlening aan die privaatsektor met 2,55 persent toegeneem. Ook op ‘n jaargrondslag het individue 2,62 miljard dollar van die krediet geneem terwyl besighede veel minder, 334,5 miljoen dollar, geleen het. Krediet aan individue het dus op ‘n jaargrondslag met net meer as 4 persent […]

Read More

Diamant-volumes is laer, maar prys is hoër - August 3, 2021

Die ekonomiese vooruitsigte vir die jaar is afwaarts aangepas na 2,1 persent se groei. Van die kenners is van mening dat diamant-produksie die jaar sal daal en daarom ook die verdere inkrimping. Kennedy Hamutenya, die hoof uitvoerende beampte van Namdia, die plaaslike diamantbemarking agentskap, sê volumes is af maar die pryse is steeds baie goed. […]

Read More

Wimpy in SA stuur ‘CupsforVacs’ van stapel - August 3, 2021

‘n Bekende kitskos-handelsmerk het besluit om Suid-Afrikaanse kliënte te beloon wat teen die koronavirus ingeënt is. Wimpy sê hulle wil die nasie nog ‘n goeie rede gee om ingeënt te word, daarom het hulle die CupsforVacs-veldtog van stapel gestuur. ‘n Woordvoerder sê enige iemand wat kan bewys hulle is ingeënt deur binne 48 uur ná […]

Read More

Saoedi-Arabië jaag teregstellings op - August 3, 2021

Saoedi-Arabië het sy hoeveelheid teregstellings in die eerste helfte van die jaar opgejaag nadat hy in 2020 as president van die G20 opgetree het en teregstellings afgeskaal het. Amnestie Internasionaal sê 40 mense is tussen Januarie en Junie vanjaar tereggestel, meer as wat in jaar van 2020 plaasgevind het. In 2019 het die land 185 […]

Read More

Unicef skenk Covid-behandeling - August 3, 2021

Die Namibiese gesondheidsministerie het 400 000 ampules deksametasoon van Unicef ontvang. Deksametasoon is een van die medikasies wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie aanbeveel en goedgekeur word vir behandeling van Covid-19. Dit word gebruik vir onder andere, artritis, bloedklonte, allergiese reaksies en selfs asma en self asemhalingsprobleme. Die medikasie is ook deur die Namibiese Medisynebeheerraad goedgekeur. Die […]

Read More

Lühl-Delgado-egpaar hoor môre oor Yona - August 3, 2021

Phillip Lühl en sy man Guillermo Delgado sal môre uitspraak in hulle aansoek om burgerskap vir hulle seun Yona aanhoor. Die egpaar het onlangs die nuus gehaal nie net met Yona se saak nie maar ook die tweeling dogters wat in Suid-Afrika deur middel van ‘n surrogaat gebore is en eers toegang tot Namibië geweier […]

Read More

Covid-inenting: die ‘moveable middle’ in die kollig - August 3, 2021

Navorsing deur die Survey Warehouse toon dat 44 persent van die Namibiese bevolking onseker is oor die Covid-entstof. Navorsers noem die groep die ‘moveable middle’ omdat van hulle wel oortuig kan word. Christie Keulder van Survey Warehouse, wat die navorsing uitgevoer het, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Twee Namibiërs vermis in die Brandberg-gebied - August 3, 2021

Twee Namibiërs word in die omgewing van Brandberg, die Ugab-rivier, die Messum-krater en Myl 108 vermis. Kai Jacobie en Marco Zahradnicky het oor die naweek in die gebied gaan kamp en die laaste kontak wat hulle familie het hulle gehad het was Vrydagaand toe hulle op Uis was. Hulle reis in ‘n wit dubbel-kajuit Toyota […]

Read More