Nambiese Presidentsvrou môre by Windhoek Sentraal ingeënt - June 28, 2021

Hilma Petrus, die woordvoerder van die Namibiese Presidentsvrou, het bevestig Monica Geingos gaan môreoggend om tienuur haar eerste intenting by die Windhoek Sentrale Hospitaal se kapel kry. Petrus het aan Kosmos 94.1 Nuus dit is deel van Geingos se aanlyngesprekke oor bewusmaking van die Covid-pandemie.

Read More

NCCI help steeds met gratis suurstof - June 28, 2021

Die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid het hul versekering gegee dat die kragonderbreking by die Windhoek Sentrale Hospitaal nie veroorsaak is deur die installering van suurstoftenke deur die private sektor by die Katutura Staatshospitaal nie. Die kamer sal steeds gratis suurstof in samewerking met die Namibiese gesondheidsministerie voorsien.

Read More

Namibiese Presidentsvrou kry môre haar Covid-inenting - June 28, 2021

Die Namibiese Presidentsvrou, Monica Geingos, gaan môreoggend om tienuur haar eerste intenting by die Windhoek Sentrale Hospitaal se kapel kry, het haar woordvoerder, Hilma Petrus bevestig. ‘n Verpleegster en ‘n hoëvlak verteenwoordiger van die gesondheidsministerie sal ook vrae aan media beantwoord.

Read More

Meer as 20 000 aktiewe Covid-gevalle in Namibië - June 28, 2021

Die Namibiese gesondheidsministerie het 1 944 nuwe Covid-gevalle aangekondig. In die groep is 317 leerders, 91 onderwysers, 55 studente en 44 gesondheidswerkers. Daar is tans 20 293 aktiewe gevalle, waarvan 555 pasiënte in hospital is en 81 in intensiewesorgeenhede. Altesaam 45 sterfgevalle is in agt distrikte aangemeld.

Read More

SA onderwysers moet steeds inent, ongeag vakansie - June 28, 2021

Die Suid-Afrikaanse minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, doen ‘n beroep op onderwysers om voort te gaan met hulle geskeduleerde inentings al het president Cyril Ramaphosa aangekondig dat skole vroeër vir die vakansie sluit. Motshekga het in die Vrystaat gesê onderwysers se inentings sal voortgaan, al is die skole gesluit. Die minister het ook gesê […]

Read More

Meer as 10 000 aanvalle, rooftogte en meer in Gauteng belemmer werkskepping - June 28, 2021

Die DA in Gauteng is baie bekommerd oor die 10 219 sake van aanvalle, misdaad en rooftogte wat tussen April 2019 en Desember verlede jaar by sake-ondernemings aangemeld is. Die DA-lid, Michael Shackleton, sê klein ondernemings wat in townships handel dryf, speel ‘n baie belangrike rol ten opsigte van werkskepping:

Read More

Amerikaanse droogte kan wel plaaslik ‘n impak hê - June 28, 2021

Westelike dele van die VSA gaan op die oomblik gebuk onder droogte en damvlakke wek baie groot kommer. Amper 98 persent van 11 state is oormatig droog en 90 persent van die gebied beleef een of ander graad van droogte. Volgens dr. Kobus Laubscher, die bekende Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom kan daar wel ‘n impak plaaslik wees.

Read More

Sunkidz vir jou kleintjies is nou aanlyn - June 28, 2021

Die SunKidz-program is nou aanlyn beskikbaar. Die program is reeds 16 jaar gelede van stapel gestuur deur die stigter van Source Alchemy, Chantelle Meyburgh. Die program word alom beskryf as baie belangrik, veral nou met talle nuwe uitdagings vir kinders in ons streek sowel as die wêreld. Meyburgh het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat. Diegene […]

Read More

Doen hier aansoek vir jou permit - June 28, 2021

Lede van die publiek is gemaan om by die korrekte kantore aansoek vir permitte te doen. Volgens die gesondheidsministerie mag Nampol se stasie bevelvoerders, uitvoerende direkteurs en streeksdirekteurs van die ministeries van gesondheid, onderwys, handel en toerisme die permitte uitreik. Dar is die afgelope tyd klagtes ontvang van lede van die publiek wat nie deurgelaat […]

Read More

Zuma hoor môre oor minagting - June 28, 2021

Oudpresident Jacob Zuma sal môre hoor wat die Konstitusionele Hof besluit het oor die saak van minagting van die hof wat die staatskapingskommissie teen hom aanhangig gemaak het. Die kommissie het die land se hoogste hof gevra om Zuma skuldig te bevind omdat hy, ten spyte van ‘n hofbevel, vroeër vanjaar geweier het om voor […]

Read More