Proteas kry slae in Grenada - June 27, 2021

Krieket: Wes-Indië het die Proteas gisteraand in Grenada in die eerste van vyf Twintig20-internasionale wedstryde verslaan. Ná hulle die toetsreeks gewen het, is die bordjies verhang en is die Suid-Afrikaners met agt paaltjies in die T20 geklop. Die Proteas, wat eerste gekolf het, het tot 160 vir ses aangesukkel, met Rassie van der Dussen wat […]

Read More

Britse minister van Gesondheid bedank - June 27, 2021

Die Britse minister van Gesondheid, Matt Hancock, het bedank ná hy sosiale afstandreëls oortree het deur ‘n kollega te soen. Hancock sê in ‘n brief aan die eerste minister, Boris Johnson, die regering skuld dit aan mense wat soveel in die pandemie opgeoffer het om eerlik te wees wanneer hulle in die steek gelaat word. […]

Read More

Europa ervaar ook toename in Covid-19-gevalle - June 27, 2021

Die Delta-variant van die koronavirus versprei soos ‘n veldbrand ook deur Europa. Die Europese Kommissie se president, Ursula von der Leyen het gesê dat EU-lidlande waaksaam bly om die verspreiding van die Delta-variant van Covid-19 te voorkom.

Read More

Water is baie belangrik - June 27, 2021

Water is ‘n baie belangrike bron van lewe en sonder water sal niks oorleef nie. Die kos wat ons eet benodig water om te oorleef. Die uitvoerende hoof van die Namibiese Kamer van die Omgewing, dr. Chris Brown,verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus hoe belangrik water is.

Read More

Allister praat oor sy pos - June 27, 2021

Rugby…Allister Coetzee Namibië se nuwe hoofafrigter het gereageer op sy aanstelling. Hy beskou sy aanstelling as ‘n nuwe tyd en‘n nuwe uitdaging. Hy is verlede week as Namibië se hoofafrigter aangewys. Coetzee die voormalige Springbokafrigter sal ook deeltyds die Italiaanse klub Rovigo afrig.

Read More

‘n Aardbewing vanoggend in die suide - June 27, 2021

‘n Aardbewing het vanoggend in die suide van die land in die omgewing van Grunau voorgekom. Dit is ook op Karasburg, Warmbad en Ariamsvlei gevoel. Carina Agenbach woon op Grunau het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Daar was al in 2018 skade bespeur in gebou in Miami wat ineengestort het - June 27, 2021

‘n Amerikaanse ingenieur het groot strukturele skade in 2018 by ‘n blok woonstelle naby Miami, Florida bespeur wat Donderdag ineengestort het. Amerikaanse media berig die raadgewer het oor skade aan die betonblad onder die swembaddek gewaarsku asook talle krake en verkrummeling van pilare, balke en mure van die parkeergarage onder die gebou. Herstelwerk sou uiteindelik […]

Read More

Suid-Afrika wag op Ramaphosa se toespraak vanaand - June 27, 2021

Suid-Afrikaners wag op president Cyril Ramaphosa se toespraak vanaand oor die buurland se reaksie op die Covid-19-pandemie. Die Nasonale Gesamentlike Operasionale en Intelligensie-strukture, Natjoints, het reeds vergader om die ontstellende toename in die Delta-variant te bespreek. Die regeringswoordvoerder, Phumla Williams, sê die Nasionale Koronavirusbevelsraad kom vandag byeen. Daarna volg ‘n vergadering van die Presidensiële Koordineringsraad […]

Read More

Swendelaars betree suurstofbedryf - June 27, 2021

Plaaslike media berig dat daar ‘n slenter aan die gang is, met swendelaars wat die suurstofbedryf betree het. Volgens berigte word geld inbetaal sonder dat die toerusting gelewer word, terwyl die toerusting wat wel gelewer word ontoereikend is vir die behandeling van Covid-19-pasiënte. Johan Enslin voorsitter van die Grootfontein Boerevereniging en die streeklandbou-unie, maan dat […]

Read More

Kaptein van die Britse en Ierse Leeus beseer - June 27, 2021

Rugby: ‘n Besering kan die kaptein van die Britse en Ierse Leeus, Alun Wyn Jones, dalk uit die toer na Suid-Afrika dwing. Die veteraan-slot van Wallis moes die veld vroeg in ‘n opwarmingswedstryd gister teen Japan op Murrayfield verlaat. Hoewel hy sy gewrig vasgehou het, het ‘n boodskap van die Leeus op Twitter gesê die […]

Read More