
Bush het kommer oor onttrekking van troepe - July 15, 2021
Die voormalige Amerikaanse president George W. Bush het eksklusief met Deutsche Welle gesels en sê hy is hartseer oor die onttrekking van Amerikaanse en NAVO troepe uit Afghanistan. Bush het in 2003 die troepe ingestuur na die 11 September aanvalle in die VSA. Intussen berig internasionale media die Taliban, wat toenemend beheer in Afghanistan oorneem, […]
Onluste: studente moet meer tyd gegun word vir eksamens - July 15, 2021
Die Suid-Afrikaanse onderwys-aktivis Hendrick Makaneta doen ‘n beroep op hoër onderwysinstellings in die buurland om toegewings te maak vir die uitwerking van die onrus op studente wat eksamen skryf en hulle meer tyd te gee om hulle eksamens te voltooi. Hy moedig universiteite aan om nie studente te penaliseer wat eksamens weens die opstande misloop […]
Metcalfe gesels oor die jongste in verband met ivermektien eis - July 15, 2021
Verlede maand het ‘n groep van 167 Namibiërs, 90 professionele mense in die gesondheidsbedryf, ‘n brief aan die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, deur hul regsfirma, Metcalfe Beukes, gestuur waar vir ‘n dringende aansoek vir die registrasie van ivermektien as medikasie teen Covid-19 gedoen word. Regsgeleerde Richard Metcalfe van die regsfirma praat met Kosmos 94.1 […]
Boulter hoor vandag oor borg - July 15, 2021
Harvey Boulter, die Britse miljardêr wat van moord aangekla word, sal vandag weet of sy appèlsaak teen die weiering van borg in die landdroshof suksesvol was of nie. Sy regsverteenwoordigers sê die Outjo landdros Immanuel Udjombala het fouteer toe hy borg geweier het. Die landdros het gesê die ernstigheid van die klagte en moontlike inmenging […]
Onwettige brandstof steeds ‘n probleem - July 15, 2021
Die smokkel van onwettige brandstof vanuit Angola is steeds ‘n uitdaging. ‘n 46-jarige man sal vandag in die Oshakati-landdroshof verskyn nadat hy gevang is met 47 houers onwettige brandstof. Na bewering verkoop hy 25-liter houers vir 250 Namibiese dollar aan veral taxi-bestuurders. Die Namibiese minister van myne en energie Tom Alweendo het verlede maand ‘n […]
O-Space staan Omaheke SME’s by - July 15, 2021
Die Omaheke Innovation Village, wat handel dryf as O-Space, is ‘n inisiatief van die kantoor van die goewerneur van die Omaheke-streek wat besigheid deur entrepreneurskap in die streek wil verbeter en SME’s laat groei. O-Space gaan ‘n kreatiewe en innoverende opleidingsentrum aan 100 begunstigdes in die streek op 19 Julie aanbied. Opleiding is gratis en […]
Geingob sê vandag oor jongste maatreëls - July 15, 2021
Die Namibiese Presidensie het by monde van sy perssekretaris, dr. Alfredo Hengari, bevestig dat President Hage Geingob vanoggend om 11-uur die land oor die Covid-maatreëls sal toespreek.
Angela besoek Biden vandag - July 15, 2021
Die Duitse bondskanselier, Angela Merkel bring vandag haar 19de en waarskynlik laaste ampsbesoek aan Amerika. President Joe Biden sal die vierde Amerikaanse president wees met wie sy samesprekings voer. Die 66-jarige Merkel tree later vanjaar uit.
Geingob het kommer oor plaaslike impak van onluste - July 15, 2021
Namibiese President Hage Geingob het gesê die geweld en plundering wat in Suid-Afrika plaasvind, sal ‘n enorme impak op Namibië hê. Hy het sy simpatie met Suid-Afrika se minister van internasionale betrekkinge en samewerking, dr. Naledi Pandor, tydens haar welwillendheidsbesoek aan Namibië uitgespreek. Geingob het bevestig die vervoerbedryf ly reeds en dat die vervoer van […]
Tips on how to Impress Your Asian Foreigner Girlfriend - July 15, 2021
Finding a great Asian foreigner girlfriend can be tricky. You will discover two ways to approach the condition. If you’re not a indigenous speaker from the language, you can try to learn Chinese prior to trying to persuade your new absolutely adore interest to go out with you. This will likely also help in making […]