
Gewapende transitoroof in hoofstad - August 2, 2021
‘n Gewapende transitoroof het vanoggend plaasgevind by die Woermann Brock-kompleks in Hochlandpark in die hoofstad. Die woordvoerder van die Namibiese polisie, Hoofinspekteur Elifas Kuwinga sê lede is besig met die ondersoek en het geen inligting om bekend te maak aan die media nie. Dit is ook nie bekend hoeveel geld gesteel is nie.
Beide Beatrice en Christine is in die finaal! - August 2, 2021
Beatrice Masilingi het pas gekwalifiseer vir die 200-meter finaal in die Spele by Tokio. Sy het tweede gekom in ‘n tyd van 22,40 sekondes. Shelly-Ann Fraser-Pryce van Jamaika het gewen in ‘n tyd van 22,13 sekondes. Christine Mboma het onder die 22-sekonde-kerf ingekom met ‘n tyd van 21.97 sekondes. Sy was ook tweede. Elaine Thompson-Herah […]
Kaapse skole is geplunder - August 2, 2021
Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement is ontsteld oor die voorvalle van vandalisme by verskeie skole in die provinsie. Nagenoeg 38 skole is oor die Julie-skoolvakansie beroof. Rekenaartoerusting, heinings, beligting, elektriese kabels, kos en skryfbehoeftes is van die items wat tydens die voorvalle gesteel is. Die LUR, Debbie Schäfer, doen ‘n beroep op die publiek om enige voorvalle […]
Lughawensmaatskappy hoop op beter dae - August 2, 2021
Die Namibiese Lughawensmaatskappy het groot uitdagings met beperkings op vlugte en plaaslike vlugte was ook vir vier weke onmoontlik as gevolg van die inperkings tussen die streke. Dan Kamati, woordvoerder van die maatskappy sê nou dat die inperkings gelig is en inentings vorder, is daar hoop dat die stand van sake sal verbeter.
SA-polisie het kommer oor nog geweld wanneer Zuma weer verskyn - August 2, 2021
Nog oproer word na wat berig word vir 10 Augustus beplan wanneer oud-president Jacob Zuma weer in die hof moet verskyn. Volgens media in die buurland is die polise bekommerd dat gesteelde ammunisie in nuwe aanvalle gebruik kan word. Zuma dien tronkstraf van 15 maande vir minagting van die hof uit na hy versuim het […]
BLSA loof stap op SAL-aandeel te verkoop - August 2, 2021
Business Leadership South Africa sê die verkoop van ‘n meerderheidsaandeel in die Suid-Afrikaanse Lugdiens is ‘n teken die ANC-regering is daartoe in staat om ‘n ideologiese skuif te maak wat baie gedink het onmoontlik is. Takatso Konsortium het ‘n 51 persent aandeel in SAA bekom met die regering wat 49 persent behou het. Die uitvoerende […]
PDM hou voet by stuk NV-sessie was onwettig - August 2, 2021
Die PDM-party sal saam met vyf ander opposisiepartye die heraanstelling van Paulus Noa as direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie in die hof teenstaan. Die party sê die sessie van die Nasionale Vergadering was onwettig neergelê soos die sekretaris-generaal van die party, Manuel Ngaringombe verduidelik.
Ek is soos Castro – Malema - August 2, 2021
Die leier van die EFF in Suid-Afrika Julius Malema het met die media gepraat oor leierskap. Hy is gevra hoe lank hy nog sal aanbly as leier van die EFF… Hy het homself vergelyk met Fidel Castro van Kuba…
WGO se agenda is polities meen China - August 2, 2021
Die Chinese ambassade in Londen sê die tweede werksplan van die Wêreldgesondheidsorganisasie is verpolitiseer en is nie in die gees van samewerking saamgestel nie. Chinese owerhede het die WGO se plan om weer besoek aan die land te bring om die oorsprong van Covid-19 te bepaal, verwerp. Volgens die ambassade werk die WGO steeds op […]
Hoësorg pasiënte het met 52% gedaal - August 2, 2021
Namibië se gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula, sê die hoeveeheid pasiënte wat in hoërsorg vir Covid behandel is het oor die afgelope twee weke met 52 persent gedaal. Daar is was ook ‘n daling in hospitaliserings met ‘n daling van 18 persent. Volgens Shangula bly die sterftesyfer baie kommerwekkend veral onder ouer Namibiërs met onderliggende toestande. […]