
CRAN kan nie heffings invorder nie - April 22, 2021
Die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, bekend as CRAN, sê hy het 158 miljoen Namibiese doller verloor in heffings wat hy nie sedert 2018 kon invorder nie. Die inligting in vervat in die owerheid se 2020 jaarverslag. Die Hoof Uitvoerende Beampte Emilia Nghikembua sê die verlies van die inkomste het die owerheid in ‘n kwesbare […]
SA regering verwelkom ingryping in Mosambiek - April 22, 2021
Die waarnemende Minister in die Suid-Afrikaanse Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die Suid-Afrikaanse regering verwelkom en is tevrede met die hulp wat aan burgers in Mosambiek verleen is tydens die onlangse terroriste-aanvalle in die noorde van die land. Duisende plaaslike mense is in die aanvalle ontwortel en ‘n aantal Suid-Afrikaners moes ontruim word. ‘n Man van […]
China lei in terregstellings - April 22, 2021
Amnestie Internasionaal sê daar was 483 teregstellings in 18 lande in 2020, 26 persent minder as in 2019. Meeste van die teregstellings is in China, Iran, Egipte, Irak en Saoedi-Arabië aangeteken. Die regte organisasie sê dat China se data in die verband as geklassifiseer beskryf word en dus, kan daar nog duisende meer wees. Sestien […]
Toegang tot howe ‘n reg - April 22, 2021
Media in die noorde van die land sê hulle word gereeld toegang tot die landdroshof in Outapi geweier. Hulle het met die Hoofregter Peter Shivute, wat tans in die Oshana-streek saam met die Minister van Justisie Yvonne Dausab is, ontmoet. Die twee lê op die oomblik besoek af in die noorde van die land om […]
Whk-Ondangwa roete vaar uitstekend - April 22, 2021
Die Namibiese Lughawens Maatskappy sê verkeer by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe is nie na wense nie maar, ander roetes soos Windhoek-Ondangwa verloop baie goed. Dan Kamati, Worodvoerder van die maatskappy…
Tevrede met bystand aan SA-burgers - April 22, 2021
Die waarnemende Minister in die Suid-Afrikaanse Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die Suid-Afrikaanse regering verwelkom en is tevrede met die hulp wat aan burgers in Mosambiek verleen is tydens die onlangse terroriste-aanvalle in die noorde van die land. Duisende plaaslike mense is in die aanvalle ontwortel en ‘n aantal Suid-Afrikaners moes ontruim word. ‘n Man van […]
EU wil AstraZeneca dagvaar - April 22, 2021
Die Europese Kommissie is op die oomblik besig om ‘n regsaansoek voor te berei teen AstraZeneca nadat die firma entstof verskaffing aan die kommissie gesny het. Daar was verskeie vertragings sedert die begin van die jaar. Volgens internasionale nuusagentskappe het EU-lande ‘n keuse of hulle deel van die saak wil wees. Die kommissie eis dat […]
SA skoolvoedingsprogram in minagting van hof - April 22, 2021
Die Suid-Afrikaanse regsentrum wat openbare belang verteenwoordig SECTION27, sê dit is onaanvaarbaar dat meer as 1 miljoen leerders steeds nie maaltye van die Nasionale Skoolvoedingsprogram ontvang nie, ondanks ‘n hofbevel wat hulle daartoe verplig. Volgens ‘n verslag van die Departement van Basiese Onderwys, het die program nog nie 100 persent van die leerders bereik wat […]
Bloedklonte: lig jouself net in - April 22, 2021
Limpopo se LUR vir Gesondheid, Phophi Ramathuba, het gereageer op bekommernisse oor die newe-effekte van die Johnson & Johnson entstof. Dit volg na die bevinding dat dit uiters seldsame bloedklonte by ‘n handvol pasiënte in Amerika en die Europese Unie veroorsaak het. Ramathuba sê baie behandelings, onder andere sommige hormonale voorbehoeding, kan dieselfde uitwerking hê. […]
Nienaber positief vir gholf-kampioenskap - April 22, 2021
Wilco Nienaber van Suid-Afrika sê hy is vol vertroue oor die Limpopo-kampioenskap wat vandag by die Euphoria-gholf- en leefstyllandgoed begin. Die kampionskap met ‘n prysgeld van 3 miljoen Suid-AFrikaanse rand word deur die Sonskyn-toer en Europese Uitdaagreeks onderskryf. Nienaber, wat verlede jaar tweede geëindig en ook die tweede plek in die Joburg-ope behaal het, sê […]