
SA-bierbedryf kry regsadvies oor drankverbod - June 29, 2021
Die Suid-Afrikaanse Biervereniging sê hy kry regsadvies oor wat hy beskryf as die onverstaanbare vierde verbod op alkohol. Die verbod is vir 14 dae ingestel as deel van die vlak-vier-inperkings wat tans van krag is. Die vereniging sê baie meer ondernemings is nou op die rand van sluiting weens die jongste verbod en die regering […]
Arm Suid-Afrikaners sal swaar kry met kragverhoging - June 29, 2021
Suid-Afrikaners gaan die groot verhoging in elektrisiteitstariewe hierdie week voel wanneer Eskom se jongste prysaanpassing Donderdag in werking tree. Die Omgewingsinstituut van die Suider-Afrikaanse Geloofsgemeenskappe het aangesluit by ander organisasies vir sosiale regte wat teen die verhogings beswaar maak. Die uitvoerende direkteur, Francesca de Gasparis, sê inwoners van Kaapstad gaan na verwagting meer as 13 […]
Delta maak derde vlaag dodeliker - June 29, 2021
Die bekende Suid-Afrikaanse epidemioloog, professor Salim Abdool Karim, sê die derde vlaag van Covid-19 in Suid-Afrika gaan weens die Delta-variant baie erger as die tweede vlaag wees. Die variant wat die eerste keer in Indië geïdentifiseer is, is in meer as 80 lande teenwoordig. Karim sê die Delta variant is tussen 40 en 60 persent […]
NCCI – kragonderbreking nie ons skenking nie - June 29, 2021
Die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid sê die kragonderbreking by die Sentraalhospitaal in die hoofstad was nie as gevolg van sy suurstofskenking aan die regering nie. Charity Mwiya, die kamer se hoof uitvoerende beampte sê hulle skenking is aan die Katutura-hospitaal in die hoofstad gemaak. Mwiya het gereageer op die burgemeester van Windhoek Job […]
Verpleërs moet meer as 40 ure te kan eis - June 29, 2021
Die Namibiese Verpleërsvakbond het ‘n beroep op die gesondheidsministerie gedoen om verpleërs toe te laat om meer as die maksimum 40 ure oortyd maandeliks te kan eis. Die sekretaris-generaal van die vakbond, Junias Shilunga sê verpleegpersoneel werk lang ure as gevolg van die derde vlaag van infeksies en daadwerklike tekorte aan personeel. Shilunga het die […]
Sun International sluit sy SA-oorde - June 29, 2021
Sun International het besluit om al sy hotelle en oorde in Suid-Afrika tydelik te sluit en sê hy het geen ander keuse nadat die land gister weer na vlak vier van die inperking beweeg het nie. Die regering het aangekondig vir minstens die volgende twee weke moet alle casino’s sluit, restaurante mag net wegneemetes bedien […]
SA-jagters moet insette in wapenwet lewer - June 29, 2021
Die sperdatum vir kommentaar oor die voorgestelde wysigings aan die Vuurwapenwet in Suid-Afrika is 4 Julie en organisasies soos SA Jagters moedig hulle lede aan om standpunt in te neem en kommentaar te lewer. Die uitvoerende hoof van SA Jagters, Fred Camphor, sê hulle het ‘n reuse veldtog van stapel gestuur om hulle meer as […]
Sistemiese rassisme kort sistemiese reaksie - June 29, 2021
Die wêreldwye mobilisering van voorstanders van rasse-geregtigheid het die debat verskuif na instellings wat rassisme steeds toelaat. Dit is volgens ‘n verslag deur die Verenigde Nasies se Menseregtekomitee. Die verslag het opvallende ooreenkomste gevind in sy studie van sterftes weens polisie-optrede in verskillende lande, onder meer ten opsigte van struikelblokke vir families om toegang tot […]
Laat almal entstof aankoop en hulle werkers ent, sê Numsa - June 29, 2021
Die Suid-Afrikaanse metaalwerkersvakbond Numsa doen ‘n beroep op die ANC-regering om werkgewers in alle sektore van die ekonomie toe te laat om Covid-19-entstof te koop en werkers in die werkplek in te ent. Die vakbond se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die ANC misluk klaaglik in sy reaksie op die ernstige Covid-19-krisis. Sy sê die krisis […]
Chinese entstof se doeltreffendheid teen Delta bevraagteken - June 29, 2021
Reuters berig dat die tekort aan kliniese data van grootskaalse proewe, sowel as geen inligting van laboratoriumtoetse nie, beteken die doeltreffendheid van die Chinese entstowwe teen die Delta variant nie deur wetenskaplikes getoets of hersien kan word nie. ‘n Chinese epidemioloog Zhong Nanshan het aan Reuters gesê dit wil voorkom asof die entstowwe wel ‘n […]