
Covid: grootste impak op Namibiese jeug - June 30, 2021
Volgens voormalige Namibiese eerste minister, Nahas Angula, het voorspel dat die Namibiese werklose jeug ernstige uitdagings gaan hê om die Covid-19-pandemie te oorleef. Angula het bygevoeg dat die ekonomie ook nie gunstig is nie, maar daar moet nou gefokus word om lewens te red en goeie gesondheid te bevorder. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus […]
Brandstofprys op met 40-sent ‘n liter - June 30, 2021
Die Namibiese ministerie van myne en energie kondig ‘n 40-sent verhoging in die petrol- en dieselprys aan. Die verhoging tree om 7 Julie in werking. Opul+ vergader môre en dit is onseker wat die olie-produsente sal beslis veral in die lig van die verspreiding van die hoogs aansteeklike Delta-variant regoor die wêreld. Dit bemoeilik voorspellings […]
Maties staak eers eksamens - June 30, 2021
Die Universiteit Stellenbosch het besluit om al sy eksamens en assesserings voorlopig te staak terwyl vlak vier-inperkings in Suid-Afrika geld. Die Universiteit van Kaapstad het al sy klasse voorlopig gestaak, insluitend prakties in laboratoriums.
When should you Meet Online dating sites Partners - June 30, 2021
Knowing when should you meet on-line internet dating partners can be described as critical stage to a powerful relationship. It might be difficult to know when should you accept a great invitation into a date depending on your feelings. The very best way of avoiding this situation is to be patient and steer clear of […]
Delta-variant tref Gauteng die ergste - June 29, 2021
Met die Delta-variant van Covid-19 wat nou as Suid-Afrika se dominante variant geklassifiseer is, is daar vrese dat die land se aantal Covid-infeksies nog beduidend sal toeneem, weens die vinnige verspreiding van dié variant. Volgens die land se departement van gesondheid, is dit veral Gauteng wat swaar getref is deur Delta met meer as 81 […]
ANC ondersteun Konstitusionele Hof se uitspraak oor Zuma - June 29, 2021
Die ANC het sy steun vir die regsorde bevestig ná die Konstitusionele Hof se uitspraak teen Jacob Zuma. Die voormalige president van die land en die party is tot 15 maande tronkstraf gevonnis weens minagting van die hof, en is aangesê om homself binne vyf dae oor te gee aan die owerhede. Die party het […]
Pres. Hage Geingob spreek die nasie môre om 11:00 toe - June 29, 2021
Namibiërs wag in spanning vir môre wanneer President Hage Geingob die land sal toespreek oor die Covid-maatreëls wat môre om middernag verstrek. Geingob het op Twitter aangekondig dat hy môreoggend om elf-uur die nasie sal toespreek. Hy het geskryf hy is seker dat dié dodelike vyand oorkom sal word.
Prinsloo geëerd om sakereddingstaakspan te lei - June 29, 2021
Thinus Prinsloo, die uitvoerende hoof van Capricorn Investment, sê hy voel geëerd dat hy as die voorsitter van President Hage Geingob se sakereddingstaakspan aangestel is. Hy is deel van elf kundiges in die span wat besighede en werksgeleenthede tydens die Covid-pandemie gaan beskerm. Die taakspan sal vanaf 1 Julie vir agt maande sake- en insolvensiewetgewing, […]
Elon Musk kry standbeeld op sy 50ste verjaardag - June 29, 2021
Die onthulling in New York van ‘n bronsbeeld om Elon Musk se 50ste verjaardag te vier, het Twitter-gebruikers warm onder die kraag gehad. Dit was die ondersoek-webblad, public.com, se idee en hulle het gesê of jy hom liefhet of haat, Elon Musk word 50. Twitter-gebruikers het nie doekies omgedraai oor die standbeeld nie. Sommige het […]
Militêre veterane skaar hulle agter Zuma - June 29, 2021
Die uMkhonto we Sizwe-vereniging vir Militêre Veterane het hom agter Jacob Zuma geskaar ná die Konstitusionele Hof se beslissing vanoggend dat die oudpresident weens minagting van die hof 15 maande agter tralies moet deurbring. Die vereniging se president, Kebby Maphatsoe, het Zuma aangemoedig om die uitspraak uit te daag en hom nie binne vyf dae […]