Covid: daar is ‘n afname maar dit kan weer verander - July 19, 2021

Namibië ervaar op die oomblik ‘n effense afname in positiewe Covid-19 gevalle. Dr. Kalumbi Shangula, die Namibiese minister van gesondheid, het egter aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat mens regtig nie te veel in die statistieke moet lees nie en gevalle kan vinnig weer toeneem.

Read More

Rassistiese aanvalle op Hamilton na Silverstone - July 19, 2021

Britse media berig oor voorvalle van aanlyn rassistiese aanmerkings teenoor Lewis Hamilton nadat hy gister ‘n rekord agtste Britse Formule Een Grand Prix in Silverstone gewen het. Volgens Britse media is rassistiese boodskappe, waaronder emoji’s van ape, geplaas nadat Hamilton se Mercedes-span die nuus op Instagram geplaas het. Die 36-jarige wêreldkampioen is ‘n groot voorstander […]

Read More

GERD is vandag vol, na twee jaar - July 19, 2021

Die sogenaamde Grand Ethiopian Renaissance-dam is amper vol. Dit het Ethiopiese owerhede amper twee jaar gevat om tot op die huidige vlakke te kom. Die projek is baie omstrede omdat die dam water van die Blou Nyl in beide Soedan en Egipte sal terughou. Albei lande maak staat op die rivier vir landbou en drinkwater. […]

Read More

Onluste kos suikerbedryf miljoene - July 19, 2021

Die suikerbedryf in Suid-Afrika kan minstens 234 miljoen Namibiese dollar verloor met nagenoeg 290 000-ton suikerriet in KwaZulu-Natal wat nog verwerk moet word. Die Amatikulu Suikermeule in Gingindlovu is tans gesluit weens dreigemente van geweld. Die Suid-Afrikaanse Suikerriet-vereniging het bevestig die meule is steeds onder streng bewaking deur wetstoepassers en die boeregemeenskap. Die hoofbestuurder, Thomas […]

Read More

Katima-olifante: gelukkig nog niemand beseer nie - July 19, 2021

Daar is berig oor olifante in die omgewing van Katima Mulilo wat ook in woongebiede opgemerk is. Die goewerneur van die Zambezi-streek, Lawrence Sampofu het die voorval aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig en gesê die goeie ding is dat niemand beseer is nie.

Read More

Craven is uit, De Lange vat sy plek - July 19, 2021

Die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee is hartseer om aan te kondig dat ons Olimpiese Padfietsryer Dan Craven nie aan die Olimpiese Spele in Tokio gaan deelneem nie weens ‘n positiewe Covid-19-toetsuitslag voor sy vertrek na Japan. Hierdie Spele sou Dan se 3de Olimpiese Spele gewees het. Joan Smith, hoofsekretaris van NNOC oor Craven se onttrekking. […]

Read More

Zuma het reg om verhoor by te woon - July 19, 2021

Oudpresident Jacob Zuma se regspan betoog hy het die reg op ‘n openbare verhoor. Advokaat Dali Mpofu het aan die Hooggeregshof in Pietermaritzburg gesê Zuma het die reg om teenwoordig te wees. Die hof hoor tans sy aansoek om uitstel aan vir ‘n spesiale pleitverhoor. Zuma se regspan aanvaar nie dat sy deelname deur middel […]

Read More

Ent hier in Khomas - July 19, 2021

Kosmos 94.1 Nuus kan bevestig dat beide Rhinopark en Lady Pohamba in die hoofstad wel Sinopharm-inentings ontvang het. Daar was vroeër berigte dat die inentings nog nie versprei is nie. Die ministerie van gesondheid sê inentings in die Khomas-streek word by die twee privaathospitale, Lady Pohamba en Rhinopark uitgevoer sowel as by die Hossianakerk se […]

Read More

Walvis-brand geblus, ondersoek reeds geloods - July 19, 2021

Meer inligting is bekend oor die brand vanoggend by die Magic Discounters-kompleks in Walvisbaai. Die brand is nou geblus en die ondersoek na die oorsaak het reeds begin. Die adjunk-hoof van die dorp se brandweerdiens, Tutaleni Katindi het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…

Read More

Reaksie op Toyota se kommer oor sy SA-bedrywighede - July 19, 2021

Toyota Internasionaal het op sy sosiale media-platforms gesê hy is uiters bekommerd oor die plundery en geweld in KwaZulu-Natal. Die maatskappy het gesê dit is nie duidelik of hy voort kan gaan met sy bedrywighede in die provinsie, of die land nie. Dr Norman Lamprecht die uitvoerende bestuurder van uitvoere en navorsing by die Suid-Afrikaanse […]

Read More