Veteraan-akteur Ndjavera sterf - July 14, 2021

Die bekende en deurwinterde Namibiese akteur en dramaturg David Ndjavera is vanoggend oorlede. Volgens berigte is hy op pad hospitaal toe oorlede. Dit is nie bekend of die oorsaak van sy dood Covid-19 is nie. Ndajvera se vrou is verlede week oorlede. Ndjavera sal onthou word vir die talle rolle in beide verhoogstukke en plaaslike […]

Read More

Steve ‘Biko’ Booys weer voor die hof - July 14, 2021

Die omstrede voormalige Okahandja Streeksraadslid Steve ‘Biko’ Booys, sal na verwagting weer vandag in die landdroshof in Okahandja verskyn op klagte van verkragting. Booys is in April borg geweier na hy ‘n formele aansoek gebring het en is sedert 2 Februarie in aanhouding na sy arrestasie op klagte van bloedskande en verkragting. Getuienis is reeds […]

Read More

Goodall onthou haar eerste ontmoeting op Wêreld Simpansee Dag - July 14, 2021

Dit is vandag Wêreld Sjimpansee Dag. Mense regoor die aarde word daarmee verenig in hul viering van die wonder en belangrikheid van sjimpansees. Dit herdenk ook Jane Goodall se aankoms as 26-jarige in 1960 by die Tanganyika-meer in Gombe, Tanzania om die diere te bestudeer. Goodall se insig oor sjimpansees se toegeneëntheid, hul dinamiese geaardhede […]

Read More

Senior intelligensielede dalk deel van onluste - July 14, 2021

Die Staatsveiligheidsagentskap het bevestig hy ondersoek die moontlikheid dat intelligensie-amptenare wat bande het met oudpresident Jacob Zuma, agter die onluste is waarin dele van die land vasgevang is. Die vermoede bestaan dat gewese senior lede van die agentskap lojale intelligensienetwerke inspan om die onluste aan te blaas. Die minister van Staatsveiligheid, Ayanda Dlodlo, het die […]

Read More

Mens-dier-konflik – ons moet leer saam oorleef - July 14, 2021

Mens-dier-konflik kom landwyd in Namibië op kommunale en kommersiële grond voor en behels ‘n verskeidenheid van spesies. Die groot uitdagings in die verband kom op grond voor waar die meeste olifante en roofdiere buite beskermde gebiede voorkom waar mense bly wat nie die koste van skade en verliese kan dra nie. Romeo Muyunda, woordvoerder van […]

Read More

Polisieman pleit onskuldig op 40 pornografie klagte - July 14, 2021

Johann Wickus Maree, ‘n voormalige polisie beampte het onskuldig gepleit in die Windhoek landdroshof op 40 klagte van kinderpornografie. Volgens die staat het Maree minderjarige seuns verfilm en die beeldmateriaal op die sogenaamde donker-web verkoop. Die 49-jarige se prokureur Aina Nangolo sê haar kliënt sal nie ‘n pleitverduideliking in die hof indien nie maar eerder […]

Read More

Eerste DNS-saak veroordeelde kry moontlik parool - July 14, 2021

Die eerste persoon in Brittanje wat op grond van DNS-bewyse aan moord skuldig bevind is, sal binnekort op parool vrygelaat word. Colin Pitchfork is in 1988 tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op twee skoolmeisies. Hy het Lynda Mann in 1983 in Leicestershire verwurg en Dawn Ashworth drie jaar later in dieselfde graafskap vermoor. […]

Read More

Biden vaar uit teen Trump, noem nie sy naam nie - July 14, 2021

Die Amerikaanse president, Joe Biden het teenoor Donald Trump uitgevaar by ‘n openbare toespraak in Philadelphia, alhoewel hy hom nie by die naam genoem het nie. Biden het kommentaar gelewer oor die aanpassings wat in verskeie Republikeinse deelstate aan die kieserswet gemaak word. Kenners meen dit beperk stemreg.

Read More

SA se trauma moet aangespreek word - July 14, 2021

Die buurland se openbare belange-organisasie Section 27 sê hy is diep bedroef oor die wydverspreide en groeiende burgerlike onrus, plundering en geweldpleging oral in Suid-Afrika. Dit word veral gevoel deur inwoners van KwaZulu-Natal en Gauteng, wat in vrees leef. Woordvoerder Nontsikelelo Mpulo sê die maatreëls wat president Cyril Ramaphosa Maandag aangekondig het, kan in die […]

Read More

Prys van sonneblom-olie lê by produsent se keuse - July 14, 2021

Die prys van sonneblom-olie het aansienlik gestyg in die afgelope jaar. Landbou-ekonome in Suid-Afrika sê die verhoging in verbruikerspryse is as gevolg van ‘n afname in sonneblomproduksie. Verbruikers betaal 30 persent meer vir sonneblom-olie as verlede jaar hierdie tyd. Gilbert Mulonda, hoofbestuurder vir akkerbou en tuinbou by die Namibiese Akkerbouraad het met Kosmos 94.1 Nuus […]

Read More