
Nog reaksie op Suid-Afrika se nuwe minister van Finansies - August 7, 2021
ActionSA sê korrupsie gaan ‘n onwelkome verskyning in die president Cyril Ramaphosa se kabinet maak ná die aanstelling van Enoch Godogwana as minister van Finansies. Godogwana het in 2012 sy pos as adjunkminister van Ekonomiese Ontwikkeling ontruim, ná hy by ‘n skandaal betrek is oor beweerde bedrog van miljoene rand wat met pensioengeld van klerewerkers […]
Wynlandgoed bestee baie geld om mense aan te moedig om weer uit te eet - August 7, 2021
Die bekroonde Wes-Kaapse wynlandgoed Nederburg gaan byna ‘n miljoen-rand bestee om menses aan te moedig om weer hulle gelisensieerde eetplekke te besoek. Dit is deel van ‘n veldtog om die beleërde restaurantsektor in die buurland ‘n hupstoot te gee. Die bemarkingsbestuurder, Jackie Olivier, sê restaurante is onder dié wat die swaarste getref is deur die […]
Die Inkatha-Vryheidsparty vra dat korrupte staatsamptenare vasgetrek word - August 7, 2021
Die Inkatha-Vryheidsparty sê dis hoog tyd dat korrupte staatsamptenare in Suid-Afrika met ‘n onversadigbare aptyt vir die verduistering van openbare geld aan die man gebring word om ‘n korrupsie-vrye regering te verseker. Die party het reageer nadat ‘n 43-jarige werknemer van die KwaZulu-Natalse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling dié week in ‘n hof in […]
LPO besig met onderhandelings vir nuwe entiteit - August 7, 2021
Die Namibiese Lewendehawe Produsente-organisasie is tans besig om ’n proses met belanghebbendes te fasiliteer met die uitsluitlike doel om ’n nuwe gesamentlike voorstel aan die regering te maak om groei in die beesvleisbedryf, tot voordeel van Namibië, te bewerkstellig Volgens die LPO is daar kommer oor die stand van sake by Meatco in die land. […]
Nuus van die Olimpiese Spele - August 7, 2021
Peres Jepchirchir van Kenia het die vroue-marathon van die Spele in Sapporo in Japan gewen deur haar landgenoot Brigid Kosgei in die laaste minuut te uitoorlê. Sy het sodoende haar land se tweede gouemedalje in die item verower. Die 40-jarige Helalia Johannes van Namibië het elfde in die snikhete toestande geëindig. Gerda Steyn van Suid-Afrika […]
Baie Suid-Afrikaners doen aansoek vir Covid-19-toelae - August 7, 2021
Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid het bekendgemaak dat duisende mense reeds aansoek gedoen het vir COVID-19-toelae. Die agentskap het gesê die proses het gisteroggend stadig begin weens oormatige verkeer op sy webwerf. SASSA-woordvoerder, Paseka Letsatsi, sê dat daar nou ongeveer tweeduisend mense per minuut aansoek doen.
Meer oor die Thursday in Black-veldtog - August 7, 2021
Die Thursdays In Black-veldtog het ten doel om bewustheid te skep vir ‘n wêreld sonder geweld en verkragting. Die veldtog is in die 1980’s deur die Wêreldraad van Kerke begin as ‘n vorm van protes teen geweld en verkragting. Die Thursdays in Black-uitdaging probeer plaaslike besighede en gemeenskappe betrokke te kry om elke Donderdag swart […]
NATIS-kantore Maandag weer oop - August 7, 2021
Die Paaie-owerheid het aangekondig dat NATIS-kantore landwyd met besprekings vir leerling- en bestuurslisensies van Maandag af weer sal voortgaan. Hileni Fillemon, die bestuurder van korporatiewe kommunikasie, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit is belangrik dat Covid-maatreëls steeds gevolg word deur nie massas mense by hulle kantore toe te laat nie. Fillemon gee meer duidelikheid […]
Massa-ontruimings in Griekeland asgevolg van reuse veldbrande - August 7, 2021
Griekeland het oornag massa-ontruimings gedoen in die noordelike voorstede van Athene en op die nabygeleë eiland Evia, terwyl wind groot veldbrande aangestook het. BBC Nuus berig duisende mense het hulle huise verlaat naby die Griekse hoofstad en 600 het per boot uit Evia gevlug. Brandbestryders uit Frankryk, Switserland, Swede, Ciprus en Roemenië is ontplooi om […]
CNN dank werknemers af - August 7, 2021
CNN in Amerika het drie werknemers afgedank wat werk toe gegaan het en nie teen Covid-19 ingeënt is nie. Dit is een van die eerste voorbeelde van ‘n maatskappy wat personeel afdank omdat hulle ‘n maatskappy se inentingsregulasies oortree het. Dit is wettig vir ondernemings in Amerika om van hulle werknemers te vereis dat hulle […]