
Toerisme-oorsig: sektor sal moet konsolideer - August 9, 2021
Cirrus het ‘n oorsig van die Namibiese toerisme-sektor gepubliseer. Volgens die beleggingsmaatskappy, dra die sektor nie noemenswaardig by tot BBP nie en het in 2019, 2,1 persent, of 3,8 miljard Namibiese dollar bygedra. Maar, die sektor het ‘n uitgebreide waardeketting en as gevolg van kontant betalings, veral in landelike gebiede, dra dit ongeveer drie keer […]
Siberies-leeuwelpie dalk 28 000 jaar oud - August 9, 2021
Die Sentrum vir Paleo-genetika in Stockholm, Swede, het ‘n studie in die joernaal, Quaternary, gepubliseer oor die ontdekking van ‘n volmaak bewaarde grotleeu-welpie wat in die Siberiese Arktiese gebied ontdek is. Die vonds is vermoedelik 28 000 jaar oud. Die snorbaarde, tande, vel, sagte weefsel en organe van die wyfie-welpie is gemummifiseer, maar ongeskonde. Die […]
Mosambiekse hawedorp teruggevat - August 9, 2021
Sekerheidsmagte in Mosambiek en Rwanda het die Mosambiekse hawedorp Mocimboa da Praia herower. Internasionale nuusagentskappe berig die land se ministerie van Verdediging sê gesamentlike magte het beheer geneem oor die openbare en private infrastruktuur, insluitend regeringsgeboue, die hawe, lughawe, hospitaal, markte en spysenierings-instellings. Operasies konsolideer steeds beheer oor kritieke gebiede, insluitend ‘n gebied waar ‘n […]
Insamelingsveldtog vir jong Namibiese atleet - August 9, 2021
Die goewerneur van Ohangwena, Walde Ndevashiya, het amptelik ‘n geldinsamelingsveldtog vir die 14-jarige Epifania Johannes van stapel gestuur wat haar in staat sal stel om deel te neem aan die International School Sports Federation-World Sport Games. Dit word beplan vir 10 tot 19 September in die stad Belgrado, Serwië. In April het Johannes aan die […]
SANDF net daar om SABC-joernaliste te ‘beskerm’ - August 9, 2021
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sê die ontplooiing van sy lede by die SABC se kantore is gedoen op bevel van President Cyril Ramaphosa. Volgens woordvoerder Siphiwe Dlamini is opdrag gegee dat soldate by nasionale sleutelpunte geplaas word. Die openbare uitsaaier het die ontplooiing bevestig om fisiese teenwoordigheid by sy kantore te verseker. Woordvoerder Gugu Ntuli […]
Grondbesettings in Whk: AR ‘was sy hande’ - August 9, 2021
Talle gemeenskappe in die hoofstad is betrokke by die onwettige besetting van grond en verlede week en oor die naweek was daar verskeie pogings. Dit is asof druk op die munisipaliteit toeneem in die verband en daar is sommiges wat meen die feit dat Job Amupanda die burgemeester is, heelwat daarmee te doen het. Simon […]
Conradie en Damases weer in die hof - August 9, 2021
Die korrupsieverhoor van Dirk Conradie, voormalige voorsitter van MTC en bekende Windhoekse prokureur, en sy medebeskuldigde, Sara Damases, duur vandag voort voor regter Thomas Masuku. Die saak is reeds in 2012 deur die Teenkorrupsie-kommissie aanhangig gemaak en hou verband met klagte van korrupsie, sameswering om korrupsie te pleeg en, in Conradie se geval, misbruik van […]
Italiaanse boer verskyn op klag van brandstigting - August 9, 2021
‘n Italiaanse boer moet in die hof verskyn na hy in hegtenis geneem is vir beweerde brandstigting te midde van die onlangse wegholbrande in die suide van Europa. Die man is gevang nadat kenners die ontstaanpunt van brande in die Campania-streek bepaal het. Versteekte kameras is aangebring en het die 50-jarige man betrap waar hy […]
Vrae oor Mabuza se reis na Rusland - August 9, 2021
Die DA sal ‘n aansoek by die Presidensie indien ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting om ‘n volledige uiteensetting te versoek van die kostes van adjunkpresident David Mabuza se onlangse en vorige reise na Rusland. ‘n DA-Parlementslid, Solly Malatsi, sê hoewel Mabuza geregtig is op sy privaatheid ten opsigte van sy […]
Ou Mutual se skenking sal baie help - August 9, 2021
Ou Mutual het 3 spesialis teen-stroperyhonde aan die Namibiese ministerie van die omgewing geskenk. Die honde sal help met die stryd teen wildstropery. Die Belgiese Malinois en drie Duitse Shepherd-rasse is sorgvuldig geselekteer na streng oefeninge en toetse voordat hulle gekies is. Die verkrygingsproses dateer terug na 2017 toe Ou Mutual 268 000 Namibiese dollar […]