
Waar word buitelandse Covid-slagoffers begrawe? - July 22, 2021
Die Covid-pandemie het erge impakte op ons lewens en daar is soveel beperkings. Een van die beperkings behels dat dit nie aan familielede die geleentheid gee om ordentlik op ‘n begrafnis van ‘n slagoffer afskeid te neem nie. Kosmos 94.1 Nuus wou weet wat gebeur met buitelandse burgers wat in Namibië aan Covid beswyk. Sal […]
Veiligheidsmaatreëls by Nkandla verskerp - July 22, 2021
Veiligheidsmaatreëls by Nkandla is verskerp toe oudpresident Jacob Zuma vir die eerste keer sedert sy inhegtenisneming daarheen teruggekeer het. Hy het die begrafnis van sy jonger broer, Michael, bygewoon wat byna twee weke gelede dood is. Zuma het by die departement van korrektiewe dienste aansoek gedoen vir deernisverlof. Die familie onder leiding van Edward Zuma […]
Covid: 45 sterftes in 14 distrikte - July 22, 2021
Die Namibiese gesondheidsministerie het 45 Covid-sterfgevalle in 14 distrikte bevestig, asook 495 nuwe gevalle uit 833 toetsuitslae. In die groep is 42 leerders, vier onderwysers, ses stuente en sewe gesondheidswerkers. Daar is nou 21 236 aktiewe gevalle waarvan 547 pasiënte in hospitale en 119 in intensiewesorgeenhede is.
Vleisinvoerders en -uitvoerders bekommerd oor vloei by Durban-hawe - July 22, 2021
Die Vereniging van Vleisinvoerders en -uitvoerders het hul kommer uitgespreek oor die vloei van vleisprodukte deur die hawe in Durban nadat dit deur die oproerigheid geraak is. Die geweld en plundering in KwaZulu-Natal het veroorsaak dat die invoervoedselbedryf beduidende volumes rou materiaal en 40 000 ton koelkamer-vermoë verloor het. Die vereniging se uitvoerende hoof, Paul […]
Joe Biden hoop Covid-entstowwe is binnekort vir kinders beskikbaar - July 22, 2021
Die Amerikaanse President Joe Biden sê hy is vol hoop dat Covid-entstowwe vir kinders onder die ouderdom van 12 jaar in die land binnekort goedgekeur sal word. Moderna en Pfizer-BioNTech het in Maart proewe vir hul Covid-entstowwe vir kinders onder 12 begin met die bevindinge wat later vanjaar verwag word. Biden het gister in Cincinnati gepraat en by Amerikaners wat nog nie ingeënt is […]
Kinders in Afrika onderhewig aan geweld - July 22, 2021
Afrika beleef onaanvaarbare vlakke van geweld teenoor kinders, volgens inligting van ‘n studie wat deur die Afrika-vennootskap om geweld teen kinders te beëindig, vrygestel is. Die studie toon dat meer as die helfte van alle kinders fisieke mishandeling beleef en in sommige dele van Afrika is vier uit tien meisies voor die ouderdom van 15 […]
Zambezi-streek kry boorgate, waterpunte - July 22, 2021
Die Zambezi-streeksraad het 19,8 miljoen Namibiese dollar bestee om 48 boorgate regoor die streek in die 2020-2021 finansiële jaar op te gradeer. Altesaam 19 boorgate is in vyf kiesafdelings geboor, 23 waterpunte is regoor die streek geïnstalleer, asook watervoorsieningstoerusting deur die Covid-befondsingsprogram by 17 skole.
Mbulula tree in by taxigeweld - July 22, 2021
Die Suid Afrikaanse minister van vervoer, Fikile Mbalula, sê ‘n tydelike skiet-stilstand-ooreenkoms is nou tussen taxi-vakbonde in die Wes-Kaap bereik om die voortslepende taxigeweld daar tot ‘n einde te bring. Die onluste het sedert die begin van die jaar gelei tot ten minste 81 moorde, met geweld wat die laaste paar weke weer opgevlam het, […]
Covid-syfers toon goeie afname plaaslik - July 22, 2021
Ekonome en analiste is dit eens dat gevalle van Covid op die oomblik daal en die afgelope week het baie goeie syfers getoon. Yanna Smith het die besonderhede…
Amupanda waarsku oor agendas - July 22, 2021
Daar blyk om binnegevegte by Stad Windhoek te wees. Met die aanstelling van die nuwe raadslede vroeër was daar verskeie pogings om alliansies te vorm maar, die partye kon nie ooreenkom nie. Die burgemeester dr. Job Amupanda het die kwessie so aangespreek en dit verbind aan die afbreek van sogenaamde onwettige huise in die hoofstad.