Tuisbrouers kla oor Sharia-wette - August 6, 2021

Tuisgemaakte bier en gestookte jenewer onderhou talle families in die Kano-distrik in die noordelike gebied van Nigerië, al is dit ‘n gevaarlike beroep. Die gebied word deur ‘n godsdienstige polisiemag, die Hisbah gepatroller. Hisbah is verantwoordelik vir die toepassing van Sharia-wetgewing wat in plek is in 12 van die land se noordelike state. Een spesifieke […]

Read More

Onteiening: ANC en EFF stem nie ooreen nie - August 6, 2021

Reaksie word ontvang op berigte dat die ANC en EFF nie saamstem oor Artikel 25 van die Grondwet oor onteiening sonder vergoeding nie. Die ANC se doelwit om Artikel 25 van die Grondwet te wysig sodat grondonteiening sonder vergoeding moontlik gemaak kan word, is moontlik deur die EFF in die wiele gery oor ‘n meningsverskil […]

Read More

Dordabis-brand ‘onder beheer’ vir nou - August 6, 2021

Die voortdurende brand by Dordabis blyk om effe onder beheer te wees met minder wind wat vanoggend voorkom. Kosmos 94.1 Nuus het met Iris Stehn, ‘n boer in die gebied en koördineerder van die poging gepraat.

Read More

Nog 1 444 afleggings tot dusver vanjaar - August 6, 2021

Die jongste plaaslike berigte toon dat 1 444 afleggings in die eerste helfte van die jaar plaasgevind het. Volgens die arbeidsministerie, is die poste by 190 maatskappye besnoei. Met die nuwe syfers is die totale werksverliese in die afgelope 18 maande op 13 642. Volgens die ministerie was daar 67 werksverliese wat direk met Covid […]

Read More

7 SANDF-lede wat smokkelaars help, borg geweier - August 6, 2021

Sewe soldate van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag wat na bewering sindikate gehelp het om gesteelde voertuie uit Suid-Afrika na Zimbabwe te smokkel, sal vir eers agter tralies bly. Die verdagtes het na bewering lede van die sindikate gehelp om die Limpoporivier oor te steek toe hulle in 2017 die grensdraad buite Musina bewaak het. Hulle […]

Read More

Omusati-boere kon nie hulle produkte verkoop met inperking nie - August 6, 2021

Tydens die onlangse streeksinperkings in Namibië, is die Omusati-streek hard geslaan. Sommige streke is in pare opgedeel en inwoners kon tussen streke beweeg, maar die Omusati-streek was op sy eie ingeperk met sake wat beperk was. Die goewerneur van die Omusati-streek, Erginus Endjala het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê boere was die meeste geraak.

Read More

Zuma in die hospitaal… hy probeer die hof ontduik - August 6, 2021

Reaksie word ontvang op berigte uit Suid-Afrika dat oudpresident Jacob Zuma in ‘n militêre hospitaal buite die Estcourt-gevangenis waar hy sy 15-maande tronkstraf vir minagting van die hof uitdien, opgeneem is. Die Suid-Afrikaanse Korrektiewe Dienste het bevestig dat Zuma vanoggend gehospitaliseer is. Professor Andre Duvenhage, ‘n politieke ontleder in die buurland, sê Zuma probeer om […]

Read More

Transgendervrou kry N$600 000 skadevergoeding van kerk - August 6, 2021

‘n Suid-Afrikaanse transgender-vrou wat onderwerp is aan ‘n ondersoek van haar geslagsdele, kry duisende Namibiese dollar se skadevergoeding. Karabo Ndlovu het in 2015 die gelykheidshof genader om ‘n klag te lê teen die Internasionale Pentecost Holiness-kerk. Dit het gevolg op kerkleiers wat na bewering ‘n fisiese ondersoek van haar private dele gedoen het nadat hulle […]

Read More

Meatco: LPO konsulteer vir nuwe model - August 6, 2021

Die Lewendehawe Produsente-organisasie sê daar is kommer oor die stand van sake by Meatco in die land. Die organisasie is van mening dat ’n produsent-gedrewe organisasie, geskoei op gesonde sakebeginsels sonder enige politieke inmenging, die volhoubaarheid van so ’n entiteit verseker. Die LPO is tans besig om ’n proses met belanghebbendes te fasiliteer met die […]

Read More

Steenhuisen sê Cele, Dlodlo moes ook waai - August 6, 2021

Die DA-leier, John Steenhuisen, sê die kabinetskommeling bevat een positiewe punt, naamlik die vertrek van die gesondheidsminister, Zweli Mkhize, terwyl die res bloot dieselfde mense is wat ander portefeuljes beklee. Hy sê die skommeling sou die ideale geleentheid gewees het om ook die ministers van polisie en staatsveiligheid, Bheki Cele en Ayanda Dlodlo, af te […]

Read More