Dieregesondheidsverklarings moet op 31 Julie ingedien word - July 23, 2021

Dit is weer tyd om die tweejaarlikse dieregesondheidverklarings in te dien, berig die Namibiese Landbou-unie. Produsente het slegs tot 31 Julie om hul inligting vir die periode van Januarie tot Junie 2021 in te dien.’n Ernstige versoek word aan produsente gerig om die vorm direk op NamLITS Aanlyn in te vul. Een vorm moet vir […]

Read More

Rehoboth Mommies in Need ondersteun inwoners in nood - July 23, 2021

Rehoboth Mommies In Need, ‘n liefdadigheidsorganisasie in Rehoboth het die lewens van baie inwoners beïnvloed. Sedert hul bestaan word behoeftiges deur die organisasie bygestaan en tot op hede groei hulle steeds. Vir hierdie organisasie om voort te gaan met sy goeie werk, word mense aangemoedig om skenkings te maak. Elodine Cloete, stigter en eienaar van […]

Read More

Kommer oor stygende Covid-syfers in Gauteng, KwaZulu-Natal - July 23, 2021

Die Suid-Afrikaanse gesondheidsdepartement sê daar is tans groot kommer dat die provinsies van Gauteng en KwaZulu-Natal, in die volgende paar weke, aansienlike stygings in hul Covid-infeksiesyfers kan ervaar. Dit, nadat duisende mense daar in groot getalle bymekaar gekom het om deel te neem aan die plundering en betogings. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt…

Read More

Sjimpansees val gorillas aan - July 23, 2021

Navorsers het vir die eerste keer dodelike sjimpansee-aanvalle op gorillas in die natuur waargeneem. Die bevindings is in die joernaal, Nature, gepubliseer nadat kenners aan die Osnabrück Universiteit en die Max Planck Instituut vir Evolusionêre Antropologie in Duitsland die spesie waargeneem het by die Loango Nasionale Park in Gaboen. In een voorval het sjimpansees ‘n […]

Read More

Sitrusbedryf sê KwaZulu-Natalse hawe weer in bedryf - July 23, 2021

Die sitrusbedryf in Suid-Afrika sê die situasie by die belangrikste KwaZulu-Natalse hawe in eThekwini het verbeter en Transnet se hawe-terminale is weer ten volle in bedryf. Die uitvoerende hoof van die Sitruskwekersvereniging, Justin Chadwick, sê werkers in die Durban-gebied kan ook weer begin werk. Hy sê tydsensitiewe vrugte uit Limpopo is herlei na die Kaapstadse […]

Read More

Koue naweek lê voor vir Namibië - July 23, 2021

Volgens ‘n weerkundige in Suid-Afrika, Johan van den Berg, se voorspelling gaan Namibië ‘n koue naweek hê, maar effe warmer weer kan volgende week verwag word. Hy sê egter die koue weerstoestande is ver van verby af. Van den Berg gee sy weervoorspelling aan Kosmos 94.1 Nuus.

Read More

Stad Kaapstad staan gemeenskappe in winterreën by - July 23, 2021

Die Stad Kaapstad se rampbestuursentrum herhaal sy verbintenis om voort te gaan met pogings om gemeenskappe by te staan wat deur die winterreën geraak word. Inwoners is gehelp met meel, sand, vloedtoerusting en sandsakke. Die maatreëls is verder in verskeie informele nedersettings toegepas waar burgerlike organisasies, soos The Shackbuilder, ook help. Die stigter, Quinton Adams, […]

Read More

Namibiese kinderadvokaat geskok oor kindergeweldstudie van Afrika - July 23, 2021

Die Namibiese kinderadvokaat, Ingrid Husselmann, reageer op ‘n studie waarin bevind is dat Afrika onaanvaarbare vlakke van geweld teenoor kinders beleef. Die Afrika-vennootskap om geweld teen kinders te beëindig, se studie toon dat meer as die helfte van alle kinders fisieke mishandeling beleef en in sommige dele van Afrika is vier uit tien meisies voor […]

Read More

Nóg ‘n skietvoorval in Washington DC - July 23, 2021

Enkele dae ná ’n skietery by ’n bofbalwedstryd in Washington DC, in Amerika, was daar ook ’n skietery buite ’n restaurant in dié deelstaat. Die polisie het op Twitter gesê hulle is gisteraand uitgeroep na ’n skietery in ’n straat wat bekend is om sy restaurante en kroeë. Die polisie sê twee mans is raak […]

Read More

Zuma-stigting sal konsulteer oor sy regskoste - July 23, 2021

Die Jacob Zuma-stigting het bevestig dat die voormalige Suid-Afrikaanse President ‘n beëdigde verklaring aangaande sy regskoste gedurende sy bewind, van die kantoor van die staatsadvokaat ontvang het. Die adjunk-staatsadvokaat, Isaac Chowe, het aan die hooggeregshof in Pretoria gesê die regering het meer as 18,2 miljoen Namibiese dollar bestee aan Zuma se korrupsie-saak oor die omstrede […]

Read More