
‘Woestynleeus’ word met kamera gemonitor by N/a’an ku sê - July 27, 2021
Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Rudie van Vuuren gesels oor die jongste oor die sogenaamde woestynaangepaste leeus. Die leeus is onlangs uit die Kunene-gebied in ‘n haglike toestand na N/a’an ku sê-stigting verskuif.
Agribank-hoof praat oor suksesse - July 27, 2021
Agribank se hoof uitvoerende beampte Sakaria Nghikembua se termyn by die bank kom die einde van die maand tot ‘n einde. Hy sluit aan by Momentum as die groep se hoof uitvoerende beampte. Nghikembua word alom geloof vir sy bestuursvernuf en die groot suksesse wat hy by die bank behaal het. Hy het met Kosmos […]
Loonkommissie hoop om sittings te hervat - July 27, 2021
Daar word verwag dat die Minimumloon-kommissie sy sessies sal hervat wanneer die maatreëls in verband met Covid verslap word. Die kommissie is daargestel deur die arbiedsministerie om ondersoek in te stel na ‘n nasionale minimumloon. Verskeie openbare konsultasies is regoor die land gehou maar moes gestaak word weens inperkings. Die kommissie se voorsitter, dr. Marius […]
ReconAfrica reageer op Unesco se eise op verslag - July 27, 2021
Reaksie word ontvang op die kommer wat die wêreldbewaringskomitee van Unesco uitgespreek het oor die toekenning van olie-eksplorasie-lisensies in omgewingsensitiewe gebiede in die Okavangorivier se opvangsgebied in noord-wes Botswana en noord-oos Namibië. Unesco het ‘n verslag aangevra van beide Namibië en Botswana waarin die sosiale en ander invloede van die eksplorasie beoordeel word. Die oorsigverslag […]
Dis seker wat ‘n trapkap beteken… - July 27, 2021
Die Skotse whisky vervaardiger Glenfiddich het ver gevorder in sy pogings om ‘n geslote kring volhoubaarheidsinisiatief te bereik. Op die oomblik het hy vulstasies by sy distilleerdery in die noordooste van Skotland opgerig. Die brandstof vir sy vragmotors wat sy produk vervoer word deur die afvalproduk van sy whisky aanleg vervaardig. Berigte lui dat die […]
Wat het van die tienling en Piet geword? - July 27, 2021
Die storie van die tienling in Suid-Afrika en die redakteur van Pretoria News, Piet Rampedi, het eenvoudig doodgeloop in die buurland. Rampedi het die berig oor die vermeende tienling gedra en moes uiteindelik om verskoning vra omdat die babas nie bestaan nie. Ben Roodtman van die Suid-Afrikaanse Persklub sê dit blyk om alles verby te […]
Nanso wil onderwysministerie se plan vir skole hê - July 27, 2021
Reaksie word ontvang op die standpunt van die Namibiese onderwysminister Anna Nghipondoka wat sê dat kinders beter teen Covid beskerm word by die skool. Dylan Mukoroli, woordvoerder van Nanso het dit met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en gesê die organisasie wil toegang tot die ministerie se strategie vir die heropening van skole hê.
Angola bou ‘n raffinadery - July 27, 2021
Die Angolese regering het ‘n openbare tender bekend gemaak vir die konstruksie van ‘n raffinadery by Lobito, aan die land se sentrale kus. Die Angolese minister van energie, Diamantino de Azevedo, sê die tender handel meer oor belegging as vaardighede. Volgens hom het die land se nasionale ontwikkelingsplanne die verwerking van ru-olie as prioriteit gestel, […]
Britney se aansoek noem voorgestelde voog - July 27, 2021
Britney Spears se regsverteenwoordiger, Matthew Rosengart het ‘n aansoek by die Los Angeles hooggeregshof ingedien dat haar pa, James, verwyder word as voog van haar sake en dat hy vervang word met die geoktrooieerde rekenmeester, Jason Rubin. Spears, 39, se pa is reeds 13 jaar in beheer van al haar sake en sy het aan […]
Generaal en nog 5 vandag in die hof oor Marikana-slagting - July 27, 2021
Die verhoor van die voormalige adjunk-polisiekommissaris in Noordwes en vyf ander beamptes in verband met die Marikana-slagting in Augustus 2012 is aan die gang in die Hooggeregshof in die provinsie. Generaal Mzondase Mpembe en sy medebeskuldigdes staan tereg op vyf aanklagte van moord, poging tot moord, dwarsboming van die gereg en oortreding van die Kommissiewet […]