Ontploffing by chemiese Bayer-aanleg in Duitsland - July 27, 2021

Inwoners van die stad Leverkussen in Duitsland is gemaan om alle vensters toe te maak en binnenshuis te bly ná ‘n massiewe ontploffing by die chemiese aanleg Bayer in die stad, berig Europese media. Die oorsaak is nog onbekend.

Read More

Wynbedryf kan hupstoot met verslapte inperkingsreëls kry - July 27, 2021

Die Wes-Kaapse landbousektor sê die nuwe aangepaste vlak 3-inperking sal die wynbedryf ‘n broodnodige hupstoot gee. Kleiner produsente, mikro-kelders en boetiek-brouerye is die swaarste getref deur die afgelope maand se handelsverbod. Die departement sê 30 persent van hierdie brouerye moes reeds sedert die begin van die pandemie sluit en wingerdboere se netto wins het met […]

Read More

Meer lokale, meer inentings meen goewerneur - July 27, 2021

Die goewerneur van die Khomas-streek, Laura McLeod-Katjirua, het meer besonderhede bekend gemaak oor hoe die teiken van meer as 285 000 inwoners van die streek ingeënt kan word. Tot op hede is net minder as 58 000 inwoners geënt. Sy sê die oplossing lê in meer inentingslokale.

Read More

Oorgrensvervoer – dit gaan bietjie beter - July 27, 2021

Die vervoerbedryf het ‘n groot terugslag die afgelope weke gekry. As grensposte nie sluit weens positiewe Covid-gevalle nie, is dit die impak van die onlangse onluste en plundering in Suid-Afrika. Kosmos 94.1 Nuus het met ‘n kenner in die logistieke bedyrf, Stefan Terblanche gesels wat gesê het dinge is nou baie beter, maar daar is […]

Read More

Covid: 20% positief vandag - July 27, 2021

Die Namibiese gesondheidsministerie het 329 nuwe Covid-gevalle uit 1 646 toetse bevestig. Dit is ‘n positiewe koers van 20 persent. Daar is 29 leerders, sewe onderwysers, vyf studente en 13 gesondheidswerkers in die groep. ‘n Totaal van 372 pasiënte het herstel wat aktiewe gevalle op 20 903 te staan bring. Hospitalisering, veral in hoësorg, het […]

Read More

Visumvry tussen Rusland en Namibië - July 27, 2021

Die ooreenkoms tussen die Namibiese en Russiese regerings oor die afskaffing van visumvereistes tussen die twee lande, tree op 2 Augustus in werking. Die ooreenkoms is reeds op 14 April vanjaar onderteken. Ingevolge die bepalings van die ooreenkoms kan Russiese burgers Namibië vir 90-dae visumvry binnekom. Dit kan weer na 180 dae plaasvind. Dit geld […]

Read More

‘Woestynleeus’ word met kamera gemonitor by N/a’an ku sê - July 27, 2021

Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Rudie van Vuuren gesels oor die jongste oor die sogenaamde woestynaangepaste leeus. Die leeus is onlangs uit die Kunene-gebied in ‘n haglike toestand na N/a’an ku sê-stigting verskuif.

Read More

Agribank-hoof praat oor suksesse - July 27, 2021

Agribank se hoof uitvoerende beampte Sakaria Nghikembua se termyn by die bank kom die einde van die maand tot ‘n einde. Hy sluit aan by Momentum as die groep se hoof uitvoerende beampte. Nghikembua word alom geloof vir sy bestuursvernuf en die groot suksesse wat hy by die bank behaal het. Hy het met Kosmos […]

Read More

Loonkommissie hoop om sittings te hervat - July 27, 2021

Daar word verwag dat die Minimumloon-kommissie sy sessies sal hervat wanneer die maatreëls in verband met Covid verslap word. Die kommissie is daargestel deur die arbiedsministerie om ondersoek in te stel na ‘n nasionale minimumloon. Verskeie openbare konsultasies is regoor die land gehou maar moes gestaak word weens inperkings. Die kommissie se voorsitter, dr. Marius […]

Read More

ReconAfrica reageer op Unesco se eise op verslag - July 27, 2021

Reaksie word ontvang op die kommer wat die wêreldbewaringskomitee van Unesco uitgespreek het oor die toekenning van olie-eksplorasie-lisensies in omgewingsensitiewe gebiede in die Okavangorivier se opvangsgebied in noord-wes Botswana en noord-oos Namibië. Unesco het ‘n verslag aangevra van beide Namibië en Botswana waarin die sosiale en ander invloede van die eksplorasie beoordeel word. Die oorsigverslag […]

Read More