Mbulula tree in by taxigeweld - July 22, 2021

Die Suid Afrikaanse minister van vervoer, Fikile Mbalula, sê ‘n tydelike skiet-stilstand-ooreenkoms is nou tussen taxi-vakbonde in die Wes-Kaap bereik om die voortslepende taxigeweld daar tot ‘n einde te bring. Die onluste het sedert die begin van die jaar gelei tot ten minste 81 moorde, met geweld wat die laaste paar weke weer opgevlam het, […]

Read More

Covid-syfers toon goeie afname plaaslik - July 22, 2021

Ekonome en analiste is dit eens dat gevalle van Covid op die oomblik daal en die afgelope week het baie goeie syfers getoon. Yanna Smith het die besonderhede…

Read More

Amupanda waarsku oor agendas - July 22, 2021

Daar blyk om binnegevegte by Stad Windhoek te wees. Met die aanstelling van die nuwe raadslede vroeër was daar verskeie pogings om alliansies te vorm maar, die partye kon nie ooreenkom nie. Die burgemeester dr. Job Amupanda het die kwessie so aangespreek en dit verbind aan die afbreek van sogenaamde onwettige huise in die hoofstad.

Read More

J&J is op pad sê Afrika-unie - July 22, 2021

Die Afrika-unie se spesiale gesant op Covid, Strive Masiyiwa sê die eerste besending van 400 miljoen dosisse Johnson en Johnson entstowwe sal volgende week op die vasteland versprei word. Tot dusver is 60 miljoen inentings op die vasteland uitgevoer en die besending sal verseker dat die helfte van die 800 miljoen mense wat die entstof […]

Read More

AR sê vanmiddag om 14:00 oor afbreek van huise - July 22, 2021

Die verwydering van informele huise in die hoofstad bly in die nuus. Verskeie huise is Woensdag by die Babylon nedersetting in die Thobias Hainyeko kiesafdeling afgebreek omdat dit onwettig opgerig is. Die Affirmative Repositioning-beweging het weer beklemtoon dat hulle hofaansoek in die verband, om die relevante wetgewing ter syde te stel, duur voort. Die beweging […]

Read More

Groot veldbrand noord van Otji - July 22, 2021

‘n Groot veldbrand woed op die oomblik net noord van Otjiwarongo. Luidens die jongste berigte versprei dit vinnig en vier plase, Gemsbok, Queen Sofia, Kenilworth en Homestead brand op die oomblik. Volgens wat Kosmos 94.1 Nuus verneem staan die weermag die boere by. By navrae het polisie op Otjiwarongo het geen inligting gehad nie. Sean […]

Read More

Biden hoop om kinders onder 12 binnekort te ent - July 22, 2021

Die Amerikaanse president Joe Biden sê hy is vol hoop dat Covid-19-entstowwe vir kinders onder die ouderdom van 12-jaar in die land binnekort goedgekeur sal word. Moderna en Pfizer-BioNTech het in Maart proewe vir hul Covid-19 entstowwe vir kinders onder 12 begin met die bevindinge wat later vanjaar verwag word. Biden het by ‘n gemeenskapsbyeenkoms […]

Read More

Outa sê Denel se ondergang is as gevolg van inmenging - July 22, 2021

Die uitvoerende hoof van die Organisasie teen Belastingmisbruik, Wayne Duvenhage, sê die ineenstorting van Denel is ‘n klassieke geval van ‘n eens briljante en toonaangewende onderneming wat deur patetiese politieke inmengery op sy knieë gedwing is. Die wapenvervaardiger wat ‘n likiditeitskrisis in die gesig staar, het skuld van 3,5 miljard Suid-Afrikaanse rand. Sy inkomste het […]

Read More

Jou nooddienste sertifikaat is genoeg - July 22, 2021

Kosmos 94.1 Nuus kry navrae van lede van die publiek oor die gebruik van die nooddienste sertifikaat van die ministerie van handel tydens die inperking van die streke. Talle persone word voorgekeer omdat hulle nie ook ‘n reispermit het nie. Volgens Elijah Mukubonda van die ministerie, is die nooddiens sertifikaat voldoende en kan ook verder […]

Read More

Stad Whk verduidelik die verwydering van informele wonings - July 22, 2021

Stad Windhoek sal om 12-uur vandag ‘n mediakonferensie hou om die gebeure by Babylon in die Tobias Hainyeko kiesafdeling, waar verskeie informele huise afgebreek is te verduidelik. Die burgemeester, dr. Job Amupanda sal die media toespreek. Dit sal ook regstreeks uitgesaai word op Stad Windhoek se Facebook-blad soos Harold Akwenye van Stad Windhoek verduidelik.

Read More