
McBride geskors - July 9, 2021
Die Staatsveiligheidsagentskap in die buurland wou nie redes verskaf oor die besluit om die hoof van sy buitelandse tak, Robert McBride, te skors nie. Woordvoerder, Mava Scott, sê die agentskap is nie in ‘n posisie om besonderhede te bespreek nie, as gevolg van ‘n vertroulikheidsooreenkoms tussen werkgewer en werknemer. Die skorsing volg ná berigte die […]
GIPF: eis so begrafnisvoordele - July 9, 2021
Die Regeringsinstellings Pensioenfonds het sy lede daaraan herinner dat eise vir begrafnisvoordele as ‘n nooddiens beskou word. Eise kan of self of per koerier ingedien word maar moet vergesel word met die volgende gesertifiseerde dokumente: doodsertifikaat, oorsaak van dood, ID van die oorledene, huweliksertifikaat indien nodig, en ‘n bevestiging van die bank rekening nommer. Eise […]
How to locate the Ideal Western european Wife - July 9, 2021
If you have decide to marry a ecu woman, then you certainly have probably arrive to the proper place. These females are gorgeous and toned, have green or green eyes, and speak a similar dialect as you do. It is also conceivable to find a Western european woman who addresses your local language. Not necessarily […]
‘Sluipmoord op President van Haïti ongehoord’ - July 8, 2021
Die sluipmoord op die President van Haïti, Jovenel Moïse, het die Karibiese nasie geskok. Die 53-jarige Moïse is doodgeskiet en sy vrou, Martine, ernstig beseer toe gewapende mans gister hul huis in Port-au-Prince binne gestorm het. Die polisie in Haïti het vier verdagtes doodgeskiet wat met die sluipmoord op president verbind word. Nóg twee is […]
Wes-Kaapse plaasgemeenskap kan ingeënt word - July 8, 2021
Die Wes-Kaapse departement van gesondheid in die Theewaterskloof-gebied het uitgevind dat ‘n groot deel van die plaasgemeenskap in die gebied vir inenting kwalifiseer. Die departement het plaaseienaars gekontak en ‘n forum gestig. Agri Wes-Kaap se uitvoerende hoof, Jannie Strydom, sê hulle is dankbaar dat die plaaslike gesondheidspan nou al meer as 500 mense in die […]
Namibiese gesondheidsministerie: 578 mense het van Covid herstel - July 8, 2021
Tydens die Namibiese gesondheidsministerie se aankondiging van die jongste Covid-verslag het die adjunkminister, dr. Esther Muinjangue, gesê ondanks die 23 328 aktiewe Covid-gevalle is daar 578 mense wat herstel het. Muinjangue is aan die woord.
WGO waarsku oor groot sportbyeenkomste - July 8, 2021
Die Wêreldgesondheidsorganisasie het lande waar mense nou in groot getallle by sportbyeenkomste saamdrom, en nie meer maskers dra nie, gewaarsku om nie te vinnig selfvoldaan te raak nie. Die organisasie sê dis veral in Europese-lande waar Covid-infeksies oor die volgende paar weke drasties sal toeneem. Ons Kaapse korrespondent, Fritz Platt, doen verslag.
Okahandja Community Covid Support Group skenk suurstofmasjiene - July 8, 2021
Die Okahandja Community Covid Support Group is ‘n groep toegewyde inwoners wat die gemeenskap in die Covid-pandemie bystaan. Die groep het 25 suurstofmasjiene beskikbaar gestel en ry dit aan na hospitale, private praktyke en individue. ‘n Lid van die ondersteuningsgroep, Hardus Maritz, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê daar is ‘n gewldige suurstofnood op Okahandja. […]
Dundee Precious Metals skenk mediese suurstof - July 8, 2021
Dundee Precious Metals Tsumeb het mediese suurstof ter waarde van ‘n halfmiljoen Namibiese dollar geskenk. Sowat N$130 000 hiervan is aan die Tsumeb-distrikshospitaal geskenk en die res aan die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid deur die Namibiese Kamer van Mynwese.
Carl Niehaus in hegtenis geneem - July 8, 2021
Carl Niehaus wat Woensdag voorlopig as ANC-lid geskors is, is vandag buite die Estcourt korrektiewe sentrum in hegtenis geneem terwyl hy die media toegespreek het. Hy en ander het nie toestemming gehad om buite die tronk te vergader nie, berig Suid-Afrikaanse media.