
Mej. SA het eerste transgender finalis - July 9, 2021
Mej. Suid-Afrika het hierdie week die top-30 deelnemers bekend gemaak wat meeding om vanjaar se gesogte titel. Die 24-jarige Lehlogonolo Machaba is een van die top-dertig en die eerste openlike transgender-deelnemer wat meeding om die titel. Machaba, afkomstig van Noordwes, werk as ‘n bespreker vir modelle en het ‘n diploma in modeontwerp. Hierdie jaar se […]
Jhb burgemeester Geoff Makhubo sterf weens Covid - July 9, 2021
Die burgemeester van Johannesburg, Geoff Makhubo, het gesterf as gevolg van Covid-19-komplikasies. Hy was 53. Makhubo het op die 20ste van verlede maand positief getoets en het dadelik in afsondering van die huis af begin werk. Hy is verlede naweek in die hospitaal opgeneem. Makhubo is in 2019 tot burgemeester van die metro verkies.
Ministerie verskaf meer inligting oor reispermit-slenter - July 9, 2021
Meer inligting is bekend oor die jongste slenter waar daar kwansuis ‘n permanente reispermit te koop is om in die land te gebruik terwyl die streke ingeperk is. Die Namibiese ministerie van inligting het lede van die publiek gewaarsku dat geen permanente permitte bestaan nie en dat die uitreik van permitte gratis is. Die woordvoerder […]
Wêreld kospryse daal, maar onbekend wanneer ons dit voel - July 9, 2021
Nuus dat wêreld voedselpryse vir die eerste keer in 12 maande in Junie effe gedaal het is verwelkom. Die VN se voedselagentskap sê vette en olies, grane en suiwelprodukte het die grootste daling getoon maar, dit is nie bekend wanneer die dalings Namibiese verbruikers sal bereik nie. Dr. Omu Kakujaha Matundu het met Kosmos 94.1 […]
Bouplanne: wonings groei stewig - July 9, 2021
Meer inligting is ontvang oor die goedgekeurde bouplanne vir die hoofstad. Die syfers word maandeliks deur IJG Sekuriteite saamgestel en bekend gemaak. Josh Mansfield van die makelaarsfirma sê die mark vir wonings groei teen ‘n stewige tempo maar kommersiële eiendomme onderpresteer.
Ruimte toe… wie’s eerste? Branson of Bezos? - July 9, 2021
Die eerste ‘burgerlike’ ruimtevaart sal binnekort plaasvind met die Britse miljardêr Richard Branson wat sy eerste vlug met Galactic voorlopig Sondag sal onderneem. Intussen het Amazon se eienaar, Jeff Bezos ook sy Blue Origin gereed om te vertrek maar geen datum is tot dusver bevestig nie. Die twee het albei belowe dat kaartjies vir vlugte […]
Weinig sake by die mosiehof - July 9, 2021
Die mosiehof was vanoggend in regter Marlene Tommasi en die adjunk-regterpresident Hosea Angula se kamers gehou, in absentia. Daar was weinig aansoeke op die rol met 57 in totaal. Elf was reël 108 aansoeke en kommersiële banke het 19 aansoeke op die rol gehad. Twaalf eiendomme met uitstaande skuld van 12,36 miljoen Namibiese dollar is […]
Gradering van diere verminder verliese vir boere - July 9, 2021
Die Suid-Afrikaanse Rooivleisprodusente-organisasie en die Nasionale Wol-kwekersvereniging het bekend gemaak dat veeprodusente se verliese beduidend afgeneem het danksy die gradering van slagdiere. Die syfers volg uit ‘n opname wat die twee organisasies op meer as 1 100 plase gedoen het. Volgens Denene Erasmus van die Farmers Weekly-publikasie is die vordering tussen 2008 en 2020 gemonitor. […]
Wynbedryf op die rand van ineenstorting - July 9, 2021
Die wynbemarkingsliggaam Vinpro sê ‘n nuwe opname toon dat die bedryf die jongste verbod van twee weke op drankverkope weens die Covid-19-inperkings moes absorbeer ná 19 weke se verlies aan inkomste die afgelope 15 maande. Vinpro sê die situasie het ‘n vernietigende uitwerking op die wyn- en toerismesektore wat meer as 269 000 mense in […]
Zim ent nie in op die platteland nie - July 9, 2021
Zimbabwe het Woensdag sy hoogste getal nuwe Covid-infeksies aangeteken, met 2 264. Dit is die hoogste daaglikse syfer sedert Maart verlede jaar maar kenners sê die syfers kan baie hoër wees omdat Zimbabwe nie genoeg toets nie. Net 723 812 toetse is op ‘n bevolking van meer as 15 miljoen gedoen. President Emmerson Mnangagwa se […]