MeerKAT-radioteleskoop toon data van meer as 2 000 sterrestelsels - August 13, 2021

Navorsingsdata van byna 20 uur wat deur die Suid-Afrikaanse MeerKAT-radioteleskoop versamel is, het ‘n navorser aan die Universiteit van die Wes-Kaap, Fangxia An, in staat gestel om meer as 2 000 sterrestelsels beter te verstaan. ‘n Woordvoerder van die Tussen-universiteitsinstituut vir data-intensiewe sterrekunde, Carolina Odman, sê die deel van die lugruim wat vir hierdie studie […]

Read More

SPAR Vroue virtuele uitdagingswedloop skep bewustheid vir gidshonde - August 13, 2021

Twee ondernemings het besluit om die SPAR Vroue virtuele uitdagings-wedloop as ‘n platform te gebruik om bewustheid oor die Suid-Afrikaanse Gidshondevereniging te skep. Ondernemings kan voor môre hul plek op die virtuele wegspring-streep verseker. The Workspace en XtraSpace is van die ondernemings wat hierdie jaar die uitdaging vir ‘n goeie doel sal aanpak. Die vereniging […]

Read More

Windhoek Skou vind vanjaar plaas - August 13, 2021

Die jaarlikse Windhoek Skou gaan vanjaar by die skougronde plaasvind soos beplan. Volgens Harald Schmidt, die uitvoerende hoof van die Windhoekse Skouvereniging, is daar baie belangstelling van instellings en mense wat hul goedere wil uitstal. Die Windhoek Skou sal vanaf 27 September tot 1 Oktober plaasvind. Schmidt gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Read More

Wes-Kaap is nou diep in derde Covid-vlaag - August 13, 2021

Die Wes-Kaap is nou diep in die derde vlaag van Covid-19 met die kanse dat inwoners die virus kan optel, wat nou soveel hoër is. Volgens die provinsie se departement van gesondheid, het baie meer mense – in veral die Kaapstad-metro – nou die virus, in vergelyking met die eerste en tweede vlae. Hoof van […]

Read More

Menseregtekommissie eis antwoorde van Danny Jordaan oor beweerde verkragting - August 13, 2021

Die Not In My Name-veldtog sê hy is tevrede omdat die Menseregtekommissie ‘n brief aan die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging se president, Danny Jordaan, geskryf het waarin antwoorde geëis word oor die beweerde verkragting van Jennifer Ferguson. Die sanger en voormalige ANC-parlementslid beweer Jordaan het haar 28 jaar gelede in ‘n hotel in Gqeberha verkrag. Themba Masango […]

Read More

Branderryer teen ontginning van swaarmetaal aan die Weskus - August 13, 2021

Pogings om die ontginning van swaarmetaal aan die Weskus te voorkom, het ‘n hupstoot gekry met ‘n beroep van die beroepsbranderryer Koa Smith op sy kwart-miljoen Instagram-volgelinge. Die Hawaiise atleet het onlangs ‘n kortfilm vrygestel wat ‘n beroep op sy uitgebreide ondersteunersbasis doen om die organisasie sonder winsbejag, Beskerm die Weskus, te ondersteun. Die organisasie se uitvoerende hoof, Mike Schlebach, sê Smith se video kom minder as drie […]

Read More

Namibiese dokter wen foto-kompetisie oor pandemie - August 13, 2021

‘n Mediese dokter en finale jaar inwonende lid van die Namibiese Veld Epidemiologiese Opleidingsprogram aan die Universiteit van Namibië, dr. Lahja Ipinge, het ‘n internasionale foto-kompetisie gewen. Sy het die impak van epidemiologie vasgevat met foto’s wat in die veld geneem is. Ipinge het die foto geneem toe sy aan boord van ‘n 1 300 voet vaartuig met ‘n […]

Read More

Taliban neem Kadahar in Afghanistan in - August 13, 2021

Die Taliban het Afghanistan se naasgrootste stad, Kandahar, ingeneem. Die rebellegroep beheer dus nou 13 van die land se 43 provinsiale hoofstede. Die Taliban sê in ‘n verklaring hy het die goewerneur se kantoor, die polisiehoofkwartier en ander belangrike operasionele sentrums in die stad ingeneem. ‘n Senior amptenaar in die Biden-administrasie het aan internasionale media […]

Read More

Suiwelprodusente-vereniging kies nuwe leiers - August 13, 2021

Alhoewel die Namibiese suiwelsektor op die punt staan om ineen te stort, het die Suiwelprodusente-vereniging tydens sy algemene jaarvergadering vandeesweek nuwe leiers gekies. Dirk van Wyk is die voorsitter en die ander lede is Frikkie Duvenhage, Willie Aggenbach en Pieter van Wyk. Twee produsente het die bedryf verlaat en die impak op die oorblywende produsente […]

Read More

Nust doen navorsing oor oorlewing in verband met grondgebruik en landskappe - August 13, 2021

Die biodiversiteitsentrum van Nust is steeds besig met navorsing en die hoof van die sentrum, professor Morgan Hauptfleisch sê die jongste navorsing handel oor oorlewingsmaatreëls in verskillende landskappe. Die span werk op die oomblik in die Ehirovipuka bewaringsgebied in die Kunene-streek, wes van Etosha Nasionale Park. Die diere sal volgens Hauptfleisch verskillende strategieë ontwikkel in […]

Read More