
Kinderveiligheid sluit goeie geestesgesondheid in - August 16, 2021
Augustus is die maand waarin die bewusmaking van kindergesondheid in die kollig kom. In die lig hiervan sê die Rooikruis-kinderhospitaal in Kaapstad kinders se veiligheid sluit ook die sorg van ‘n kind se geestesgesondheid in. ‘n Arbeidsterapeut van die hospitaal, Mereille Pursad, gee wenke vir kinderveiligheid:
Grondgrype: Stad Whk sê hy het ‘n plan - August 16, 2021
Die Namibiese minister van stedelike ontwikkeling Erastus Uutoni het met owerhede van Stad Windhoek en die Khomas-leierskap vergader oor die onlangse voorvalle van grond in die hoofstad gegryp is. Uutoni het ook ‘n volledige verslag geëis oor presies waar die brandpunte is en ook die stappe wat deur die bestuur van die munisipaliteit geneem is […]
Drie veediefstal gevalle oor die naweek - August 16, 2021
Veediefstal is op die oomblik ‘n bron van kommer vir boere regoor die land en volgens die weeklikse polisie misdaadverslag is daar drie gevalle oor die naweek bevestig, almal in die Suide, by Rehoboth en Tses. Vyf is in hegtenis geneem op klagte dat hulle bokke gesteel en geslag het by Tses. Owerhede sê die […]
Castle Lite-reeks verloop goed vir die Eagles - August 16, 2021
Die Namibiese krieketspan die Eagles vaar op die oomblik goed en het tot dusver albei T-20 wedstryde teen die opkomende span van Zimbabwe in die Castle Lite-reeks wat op die Wanderers in die hoofstad gespeel is gewen. Johan Muller, uitvoerende hoof van Krieket Namibië het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Marikana-herdenking: dit behoort ‘n vakansiedag te wees - August 16, 2021
Die Instituut vir Maatskaplik-ekonomiese Regte sê die regering behoort 16 Augustus tot ‘n openbare vakansiedag te verklaar as ‘n teken van berou en om die gesinne wat deur die Marikana-massaslagting in 2012 in Noordwes geraak is, te vertroos. Vandag is die negende herdenking van die tragedie waarin 34 mynwerkers aan die hand van die polisie […]
Covid: net meer as 3 700 aktiewe gevalle - August 16, 2021
Die Namibiese gesondheidsministerie het 242 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig. Walvisbaai het 41, Tsandi 27, Windhoek 18, Okahao 15, Swakopmund 14 en Oshakati 13. Die res kom landwyd voor. Daar is steeds 3 794 aktiewe gevalle, met 115 387 wat herstel het uit ‘n kumulatiewe totaal 122 469.
Amerikaanse magte beveilig Kaboel-lughawe - August 16, 2021
Die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake het bevestig Amerikaanse militêre magte het die buitegrense van Kaboel se lughawe beveilig. Dit volg op die Taliban se aankondiging dat die hoofstad Kaboel ingeneem is en die rebelle beheer oor die presidensiële paleis geneem het. Na wat berig word probeer duisende inwoners en buitelanders uit Kaboel wegkom. Daar […]
Live Relationship Assistance – How to locate a Good Internet Relationship Help and advice Chat Room - August 16, 2021
Most people that are in a romantic relationship or simply out of one should get a lot of help applying web based relationship tips chat. There is no shame in getting help, and it is superb to have an online relationship advice conversation that is equally reliable and up to date. If you are in […]
242 Nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig - August 15, 2021
Die Namibiese gesondheidsministerie het 242 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig. Walvisbaai het 41, Tsandi 27, Windhoek 18, Okahao 15, Swakopmund 14 en Oshakati 13. Die res kom landwyd voor. Daar is steeds 3 794 aktiewe gevalle, met 115 387 wat herstel het uit ‘n kumulatiewe totaal van 122 469.
Die Taliban is byna in volle beheer van Afghanistan - August 15, 2021
Die land se hoofstad Kabul is nou die enigste belangrike stad wat nog onder beheer van die regering is. Dit volg na die rebelle vroeër vandag die beheer van Jalalabad, ‘n belangrike stad oos van Kabul, oorgeneem het. Die oorname volg slegs ‘n dag nadat die Taliban streke wes, noord en suid van die hoofstad […]