N$50,7m se betalings word in mosiehof gesoek - July 2, 2021

Daar was 105 aansoeke om verstekvonnisse in die mosiehof in die hoofstad. Van dié aansoeke, was 15 reël 108 aansoeke. Regters Harold Geier en Kobus Miller het vanoggend se sessies, waar ‘n totaal van 55 aansoeke deur kommersiële banke gebring is, hanteer. Sewe-en-twintig eiendomme, waarvan twee plase, is opgeëis met uitstaande lenings ter waarde van […]

Read More

Lisa Johnson sê koebaai, en dankie - July 2, 2021

Dit is vandag die laaste dag vir die Amerikaanse ambassadeur Lisa Johnson. Sy sal later vandag die land verlaat en Jessica Long, die huidige Chargé d’Affaires sal waarneem. Johnson het Namibië so gegroet.

Read More

Finland stuur hulp vir Covid - July 2, 2021

Na die vinnige opvlam van Covid-gevalle in Namibië, het die regering van Namibië deur sy ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking ‘n amptelike versoek van steun aan die Europese Unie se burgerlike beskerming ingedien. Die EU-ambassadeur in Namibië, Sinikka Antila, het gesê die lewering van lewensreddende hulp aan lande soos Namibië moet gekoördineer en bespoedig […]

Read More

Voedselpryse ook deur die dak in SA - July 2, 2021

Statistieke Suid-Afrika het bekend gemaak dat die pryse van sekere kossoorte sedert verlede jaar die hoogte ingeskiet het. Die brandstofprys in die buurland is 37 persent hoër as verlede jaar en dit het grootliks bygedra tot die verhoogde kospryse. Die hoër voedselprys het op sy beurt bygedra tot ‘n inflasiekoers van 5,2 persent in Mei […]

Read More

Kapofi sê Botswana-lugmag sirkel nie Impalila nie - July 2, 2021

Die Namibiese minister van verdediging Frans Kapofi het inwoners van Impalila-eiland verseker dat daar geen gevaar is met vliegtuie van die Botswana-lugmag wat gereeld oor die eiland in die noordooste van die land, vlieg nie. Kapofi sê die buurland se lugmag het vanaf Kasane opgestyg en het nie die eiland gesirkel, soos inwoners beweer nie. […]

Read More

EU sê hulp vir Namibië en ander lande moet bespoedig word - July 2, 2021

Na die vinnige opvlam van Covid-gevalle in Namibië, het die regering van Namibië deur sy ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking ‘n amptelike versoek van steun aan die Europese Unie se burgerlike beskerming ingedien. Die EU-ambassadeur in Namibië, Sinikka Antila, het gesê die lewering van lewensreddende hulp aan lande soos Namibië moet gekoördineer en bespoedig […]

Read More

NLU-kongresse sal in streke plaasvind - July 2, 2021

Na deeglike bespreking deur die bestuur van die Lewendehawe Produsente Organisasie en die uitvoerende raad van die Namibië Landbou-unie, is daar besluit om dié organisasies se kongresse, wat geskeduleer was om in Windhoek plaas te vind in die eerste week van Oktober 2021, af te stel. Piet Gouws, die president van die NLU het met […]

Read More

Faf sal sleutelrol in Leeu-toer speel - July 2, 2021

Die veteraan Britse en Ierse Leeus-speler, Scott Gibbs, glo die skrumskakel, Faf de Klerk, kan ‘n sleutelspeler vir ‘n Springbok-reeksoorwinning teen die toerspan wees. Die Bokke speel die eerste van drie toetse teen die Britse en Ierse Leeus op die 24ste van die maand in Kaapstad. Gibbs sê De Klerk is ‘n belangrike skakel in […]

Read More

Zuma bring dringende aansoek teen skuldigbevinding - July 2, 2021

Die regspan van die voormalige president Jacob Zuma, gelei deur advokaat Dali Mpofu, gaan ‘n dringende aansoek by die Hooggeregshof in Pietermaritzburg indien om die beslissing van die Konstitusionele Hof te herroep wat hom aan minagting van die hof skuldig bevind het. Hy is tronkstraf van 15 maande opgelê. Mpofu het ook aan die staat […]

Read More

Perez jaag 200ste die naweek - July 2, 2021

Sergio Perez van die Red Bull Formule Een-span hoop om die naweek ‘n plek op die podium te kry wanneer hy in sy 200ste F1-wedren by die Oostenrykse Grand Prix jaag. Die Meksikaan het in die verlede al vir Sauber, McLaren en Force India/Racing Point gejaag. Nadat hy verlede naweek op dieselfde baan die knie […]

Read More