
Nuwe gesondheidsminister sê SA moet eers op vlak 3 bly - August 13, 2021
Die Suid Afrikaanse gesondheidsminister, Joe Phaahla, sê sy departement stel voor dat die land vir eers op vlak 3 van die inperking moet bly. Phaahla sê dat die land se aktiewe Covid-gevalle nou met sewe persent gedaal het, terwyl hospitaal-opnames ook met 4,4 persent afgeneem het. Hy sê ten spyte van dié afnames, is die […]
Logistieke sektor tel weer op - August 13, 2021
Die logistieke sektor is een van die wat die hardste deur die Covid-pandemie getref is. Die sektor se langafstanddrywers moes voor toe grensposte staan en wag wanneer grensposte weens positiewe Covid-gevalle gesluit is. Dit het hul besigheid geraak en aflewerings vertraag, maar dinge raak beter vir die vervoerbedryf. Vervoerkenner Stefan Terblanche het aan Kosmos 94.1 […]
Covid-19: 18 sterftes, 280 nuwe gevalle - August 13, 2021
Die Namibiese gesondheidsministerie het 18 Covid-sterftes aangemeld, asook 280 nuwe gevalle uit 1 938 toetsuitslae wat ‘n positiewe koers van 14 persent verteenwoordig. In die groep is 49 leerders, 12 onderwysers, vyf studente en sewe gesondheidswerkers. Daar is nou 7 723 aktiewe gevalle, waarvan 282 in hospitale is en 44 in intensiewesorgeenhede.
Vrou in die VSA vermoedelik deur haar kleuter doodgeskiet - August 13, 2021
‘n Vrou is in Altamonte Springs in Florida in die VSA doodgeskiet, terwyl sy besig was met ‘n werksverwante Zoom-oproep. Na bewering het ‘n kleuter, wat vermoedelik haar kind is, haar geskiet. ‘n Ander deelnemer aan die Zoom-sessie het 9-1-1 gebel nadat hy ‘n geluid gehoor het en ‘n klein kind in die agtergrond gesien […]
Chani Rabe gewild by Mej. Supranasionaal - August 13, 2021
Die Mej. Supranasionaal-kompetisie is byna in volle gang in Pole en Namibië se Chani Rabe het reeds begin om ‘n indruk te maak. Rabe van Windhoek is so gewild dat sy as ‘n voorloper bestempel word en verskeie voorspellers meen dat sy volgende naweek die kroon sal dra. Chani se ma, Natasha Rabe, is op […]
Sola Scriptura-groep van NG Kerk kom byeen op Okahandja - August 13, 2021
Die Sola Scriptura-groep van die NG Kerk van Namibië het vandag 20 gemeentes op Okahandja byeen gebring om dolering te bespreek. Die drukgroep meen die NG Kerk se Algemene Sinode volg nie meer die voorskrifte van die Woord nie na die Sinode in 2019 dieselfdegeslag-verhoudings aanvaar het. Ds. Erik van Zyl, voorsitter van die Sola-groep […]
Mosiehof: 130 aansoeke om verstekvonnise - August 13, 2021
‘n Totaal van 130 aansoeke om verstekvonnisse is vanoggend voor die mosiehof in die hoofstad gebring waarvan 72 deur kommersiële banke gebring is. Daar was 38 reël 108 aansoeke. Die sessies is hanteer deur regters Eileen Rakow en Collins Parker, sowel as die adjunk-regterpresident Hosea Angula. Daar is 46 eiendomme opgeëis met uitstaande skuld van […]
Menseregtekommissie teleurgesteld oor xenofobiese video - August 13, 2021
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het sy teleurstelling uitgespreek oor ‘n xenofobiese video wat op sosiale media te sien is, waarin ‘n persoon sê buitelanders sal nie toegelaat word om hul spazawinkels in Soweto, Gauteng, oop te maak of te bestuur nie. Die persoon blameer ook buitelandse sake-eienaars omdat hulle nie die wette in die land gehoorsaam […]
Turkse President besoek vloedgeteisterde gebiede by Swartsee - August 13, 2021
Die Turkse President, Tayyip Erdogan, besoek vandag gebiede waar nooddienswerkers sukkel om gemeenskappe by te staan wat deur vloede getref is in die Swartsee-gebied. Reuters berig die dodetal het tot 27 gestyg tydens die tweede natuurramp in hierdie maand in die land. Die vloede, van die ergste wat Turkye al beleef het, het chaos in die noordelike provinsies veroorsaak, pas nadat […]
Bosasa-hofsaak tot 28 Oktober uitgestel - August 13, 2021
Die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Pretoria het die Bosasa-hofsaak tot 28 Oktober uitgestel. Die saak gaan oor beweerde bedrog en korrupsie van sowat 1,8 miljard rand. Die uitstel is toegestaan sodat die gewese kommissaris van korrektiewe diense, Linda Mti, die dossier kan bestudeer. Woorvoerder van die NVG se ondersoekdirektoraat, Sindisiwe Seboka, sê die departement se vorige […]