
SA landbou-ekonoom verwag brandstofprys gaan weer in Julie styg - July 12, 2021
Die Suid-Afrikaanse rand handel tans stabiel teenoor die Amerikaanse dollar, maar ongelukkig bly die jongste prys van brent ru-olie-prys op sy hoogste vlak, sê ‘n Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom, Johnny van der Merwe. Hy sê brandstofpryse gaan ook volgens die AA in Julie in Suid-Afrika styg. Speenkalwers bly ook skaars, wat pryse hoog hou. Van der Merwe […]
Grondeise in SA versnel - July 12, 2021
Die Suid-Afrikaanse minister van justisie, Ronald Lamola, het ‘n konsep-wetsontwerp voorgelê om grondeise te versnel. Lamola sê dit sal die permanente aanstelling van regters en ander regterlike beamptes verseker om toesig te hou oor grondeise. Dit beoog om ‘n hof te stig spesifiek vir grondeise met beslissings wat by ‘n appèlhof vir grondsake ingedien kan […]
Vyf Namibiese beamptes na Olimpiese Spele kos sowat N$400 000 - July 12, 2021
Die Namibiese sportministerie en die Namibiese Sportkommissie gaan byna 400 000 Namibiese dollar bestee op vyf beamptes wat die Namibiese span na die Tokio Olimpiese Spele gaan vergesel. Dít terwyl atlete wat by vorige internasionale sportbyeenkomste presteer het, nog nie betaal is nie. Die Namibiese span, hul afrigters, twee spandokters en die beamptes vertrek na […]
Gesondheidsministerie maan Namibiërs om regulasies te gehoorsaam - July 12, 2021
Die Namibiese gesondheidsministerie het 28 sterfgevalle in 10 distrikte aangekondig, asook 1 284 nuwe Covid-gevalle uit 3 445 toetsuitslae. In die groep is 129 leerders, 29 onderwysers, 24 gesondheidswerkers en 21 studente. Daar is nou 26 270 aktiewe gevalle, waarvan 570 in hospitale en 107 in intensiewesorgeenhede is. Die adjunkminister, dr. Esther Muinjangue, het ‘n […]
Rampahosa praat om agt-uur oor voortslepende geweld - July 12, 2021
Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sal vanaand om agt-uur die land toespreek oor die voortslepende openbare geweld. Gewelddadige versetoptrede het Vrydag in KwaZulu-Natal uitgebreek nadat oudpresident Jacob Zuma Woensdagaand in hegtenis geneem is om sy tronkstraf van 15 maande weens minagting van die hof te begin uitdien. Dit het intussen versprei na Gauteng en die Oos-Kaap […]
SA betogings ontwrig pendelaars - July 12, 2021
Die Nasionale Taxiraad, Santaco, in Gauteng het pendelaars gewaarsku oor moontlike ontwrigting met vervoer te midde van die betogings in dele van die provinsie. Betogers het die naweek die strate ingevaar ter ondersteuning van oudpresident Jacob Zuma, wat in die tronk is vir minagting van die hof. Santaco se strategiese bestuurder, Bafana Magagula, sê taxidienste […]
SA Nasionale Weermag beplan ontplooiing in Gauteng, KwaZulu-Natal - July 12, 2021
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het bekend gemaak hy beraam planne om soldate na Gauteng en KwaZulu-Natal te ontplooi, nadat die polisie om hulp gevra het met die hantering van onrus in beide provinsies. Geboue is aan die brand gesteek en eiendomme geplunder nadat oudpresident Jacob Zuma tronk toe gestuur is. ‘n Woordvoerder van die weermag, […]
Vioolsdrift-grenspos maak vanaand vir vragmotors oop - July 12, 2021
Die Vioolsdrift-grenspos, die suidelike grenspos met Suid-Afrika, was gesluit ná ‘n Covid-geval, maar sal vanaand om half-elf slegs vir vragmotors oopmaak. Gewone voertuie sal môreoggend om vier-uur volgens die aandklokreël oopmaak. Kosmos 94.1 Nuus het met Stefan Terblanche, uitvoerende hoof van FP du Toit Transport gesels. Hy sê die onrus in Suid-Afrika is ook ‘n […]
Angolese immigrante nou in een kamp - July 12, 2021
Die situasie met die Angolese immigrante wat vanaf Angola weens hul droogte na die Omusati-streek getrek het, het nie veel verander nie. Die goewerneur van die streek, Erginus Endjala, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die enigste verandering is dat die Angolese immigrante nou in een kamp, in plaas van twee kampe geplaas is. Dit […]
Sinopharm-entstof arriveer vandeesweek - July 12, 2021
Die gesondheidsdirekteur van die Khomas-streek, Tomas Ukola, het gesê 150 000 dosisse van die Sinopharm-entstof word aan die einde van die week in Namibië verwag. Hy het by ‘n mediakonferensie oor Covid-maatreëls in die streek gesê die entstof is deur die regering vir sy inentingsveldtog aangekoop.