
Bejaarde vrou op Hentiesbaai aangeval - August 19, 2021
Nóg ‘n bejaarde vrou is in Namibië aangeval, dié keer op Hentiesbaai. Volgens die Namibiese polisie in die Erongo-streek, is die 62-jarige Elrose Liebenberg wat alleen in haar huis op Hentiesbaai bly, aangeval en beroof. Sy is bewusteloos aangetref en na ‘n hospitaal op Walvisbaai geneem waar sy in ‘n stabiele toestand is. Inspekteur Ileni […]
Russiese entstof kom môre in Namibië aan - August 19, 2021
Volgens die Namibiese gesondheidsministerie, dr. Kalumbi Shangula, sal Namibië môre die Russies-vervaardigde Sputnik Light-entstof ontvang. Hy het gesê ‘n bykomende entstof, naas Sinopharm en AstraZeneca sal ‘n breër keuse uit drie entstowwe aan die publiek gee. Shangula het Namibiërs aangemoedig om ingeënt te word en gesê na verwagting sal Covid-gevalle, hospitaliserings en sterftes afneem.
Britse man ses weke tronk toe in Singapoer omdat hy nie masker dra - August 19, 2021
‘n Britse man het uitgevind presies hoe streng die Covid-19-maatreëls in Singapoer toegepas word toe hy ses weke tronkstraf opgelê is omdat hy herhaaldelik protokolle verbreek het en nie ‘n masker in die openbaar gedra het nie. Die 40-jarige Benjamin Glynn het homself verteenwoordig in die aanklagte teen hom nadat hy in Mei geweier het […]
Omgewingsorganisasie gekant teen drywende kragaanlegte - August 19, 2021
Die omgewingsorganisasie Green Connection het vandag sy mondelinge voorlegging gedoen by die Suid-Afrikaanse Energiereguleerder se openbare verhore oor Karpowership SA se elektrisiteitsopwekkingsaansoek. Die organisasie se woordvoerder, Liziwe McDaid, het aan die paneel gesê Green Connection is op rekord dat hulle teen die drywende kragaanlegte gekant is, maar hulle is ook van mening die lisensiëringsproses is basies gebrekkig. Die organisasie sê indien die lisensie toegestaan word, kan Suid-Afrikaners moontlik […]
Asbesskole in Gauteng onder die loep - August 19, 2021
Die Demokratiese Alliansie in Gauteng sê die LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, moet die Spesiale Ondersoekeenheid se voorlopige verslag oor asbes-skole bekend maak om geregtigheid vir die kinders te verseker. Die DA sê die departement het binne drie maande meer as 431 miljoen rand verkwis op die ontsmetting van skole. ‘n Woordvoerder, Khume Ramulifho, sê […]
Kuns in Kaapstad ondersteun - August 19, 2021
Die Zeitz Museum of Contemporary Art Africa in Kaapstad en die Universiteit van die Wes-Kaap het ‘n nuwe genootskapsprojek bekend gestel. Dit sal ‘n jaar duur en is ontwikkel om ‘n nuwe geslag kuns- en museum-beroepspersone op te lei. Die genootskapsprogram sal in 2022 afskop en is daarop gemik om ‘n bydrae te lewer tot […]
Tienerswangerskappe verdubbel sedert Covid-pandemie - August 19, 2021
Swangerskappe onder leerders het sedert die Covid-pandemie en inperking verlede jaar tydens die 2020 akademiese jaar verdubbel, volgens die Namibiese onderwysministerie. Edda Bohn, adjunk- uitvoerende direkteur in die ministerie sê tienerswangerskappe het tot ‘n verbysterende 3 000 gestyg. Sy sê die swangerskapsyfers ná die onlangse lang wintervakansie is nog nie bekend nie. Bohn gesels met […]
Sestien Covid-sterftes in vier distrikte - August 19, 2021
Die Namibiese gesondheidsministerie het 16 Covid-sterftes in vier distrikte aangekondig, asook 197 nuwe gevalle uit 1 731 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 11,4 persent verteenwoordig. In die groep is 33 leerders, sewe onderwysers, nege studente en twee gesondheidswerkers. Daar is nou 2 843 aktiewe gevalle, waarvan 232 mense in hospitale en 42 in intensiewesorgeenhede is.
Drie vermeende voornemende renosterstropers bly in aanhouding - August 19, 2021
Drie Namibiese mans, die 51-jarige Simon Penda Namene, die 41-jarige Mateus Shimbilinga en 32-jarige Gottlieb Timo Wilhelm, het vandag in die Otavi-landdroshof op klagte van die onwettige besit van ‘n jaggeweer en ammunisie sonder geldige lisensies. Hulle bly in aanhouding. Die beskuldigdes is gistermiddag naby Otavi in hegtenis geneem nadat hulle na bewering op pad was na ‘n wildsplaas om te stroop. Volgens die hoof van die Blue Rhino-taakspan van die Namibiese polisie, kommissaris Barry de Klerk, is […]
Wes-Kaap byna uit greep van derde vlaag - August 19, 2021
Alle aanduidinge is nou dat die Wes-Kaap stadigaan uit die greep van die derde vlaag van Covid-19 beweeg. Die provinsie het die afgelope week ‘n afname van 12 persent in sy positiwiteitskoers getoon wat dui op vroeë tekens van die einde van die derde vlaag. Ons Kaapse korrespondent, Fritz Platt, het meer.