NaTIS skort nuwe aansoeke tot 6 Aug. op - July 28, 2021

Die Namibiese Paaie-owerheid sê die opskorting van nuwe leerlinglisensie-besprekings is verleng tot Vrydag, 6 Augustus en kliënte wat leerlinglisensies het wat tussen 1 Julie en 6 Augustus verval kan aansoek doen vir die rybewystoets. Besprekings vir rybewystoetse is ook tot 6 Augustus opgeskort maar as jy reeds ‘n bespreking het sal dit eerbiedig word. Padvaardigheidstoetse […]

Read More

Skrikwekkende getuienis oor Capitol Hill-aanval - July 28, 2021

Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers se ondersoek na die aanval op Capitol Hill op 6 Januarie vanjaar het begin. Die verhoor word deur twee verteenwoordigers van die Republikeinse-party en sewe Demokrate gehou. Die twee Republikeine het party instruksies teengegaan om deel te neem omdat die Republikeinse-party die verhoor boikot. Intussen het vier Capitol Hill polisiebeamptes […]

Read More

Verbruikers kry die jaar swaarder as in 2020 – Cirrus - July 28, 2021

Namibië se ekonomiese vooruitsigte vir 2021 lyk nie juis rooskleurig nie, volgens ekonoom Robert McGregor van Cirrus wat hul voorspelling vir ekonomiese groei van 3,8 persent na 2,1 persent hersien het. Die hersiening is te wyte aan die laer diamantproduksie vir 2021, asook die trae Covid-inentings, strenger inperkingsmaatreëls en daarmee saam die onsekerheid vir die […]

Read More

Transnet kuberaanval het impak op sitrusbedryf - July 28, 2021

Die Sitruskwekersvereniging van Suid-Afrika sê die ontwrigting weens die kuberaanval wat Transnet se hawestelsel landwyd lamgelê het, kom op ‘n slegte tyd vir die sitrusbedryf. Transnet gee tans voorkeur aan die uitvoer van verkoelde vrag, hoofsaaklik deur die Durbanse hawe. Die vereniging se uitvoerende hoof, Justin Chadwick, sê sake verloop tans redelik glad, maar die […]

Read More

Bedrogspul by Vatikaan, 10 aangekla - July 28, 2021

Tien mense, waarvan een ‘n kardinaal in die Vatikaan word krimineel aangekla vir geldwassery, diefstal, bedrog en meer. Volgens berigte het aanklaers in die Vatikaan se ondersoek getoon dat verskeie hooggeplaaste rolspelers betrokke was by ‘n bedrieglike eiendomsbelegging van 413 miljoen Amerikaanse dollar. Die klagtes sluit skokkende bewysstukke in, insluitend dat ‘n sogenaamde intelligensie-agent, wat […]

Read More

Nee vir Noa – opposisiepartye - July 28, 2021

Opposisiepartye in Namibië sê hulle sal die heraanstelling van Paulus Noa as direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie vandag teenstaan. Dit is Dinsdag in die parlement deur die eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila voorgestel. Die LPM-party sê die voorstel bewys weereens dat die regering sy eie doelwitte bo die van die bevolking stel. Daar word berig dat die […]

Read More

Neem die inenting vra voormalige minister - July 28, 2021

Dr. Richard Kamwi, die voormalige Namibiese gesondheidsminister en onafhanklike adviseur vir die Wêreldgesondheidsorganisasie, doen ‘n beroep op alle Namibiërs om ingeënt te word. Hy het beklemtoon dat Covid-19 in Namibië en die hele wêreld uitgewis moet word. Dr. Kamwi praat met Kosmos 94.1 Nuus.

Read More

NSX raak weer besig - July 28, 2021

Meer as 10 miljoen Namibiese dollar se aandele is op die Namibiese Aandelebeurs verhandel, waarvan meer as 3 miljoen Namibiese dollar se aandele elk van Anglo-American Plc en Shoprite Holdings en meer as 2 miljoen Namibiese dollar van Investec Limited. Tian Bazuin, die uitvoerende hoof van die Namibiese Aandelebeurs sê daar is ‘n opwaartse neiging […]

Read More

Zim-regering moet Vic-valle lughawe oopmaak - July 28, 2021

Die Toerisme-sakeraad van Zimbabwe het ‘n beroep op hul regering gedoen om die lughawe by die Victoria-valle, asook die grensposte van Victoria-valle en Kazungula vir toeriste oop te maak wat ten volle teen Covid ingeënt is. In ‘n brief van die raad, word die Zimbabwiese regering ook bedank dat ‘n inetingsperseel by Victoria-valle gevestig is […]

Read More

Walters as waarnemende ombud aangestel - July 28, 2021

Weens die kansellering van onderhoude vir die pos van die Namibiese ombudsman, is die huidige ombudsman, advokaat John Walters, weer vir ‘n tydperk van twee maande vanaf 1 Augustus as waarnemende ombudsman aangestel. Hy sou einde Julie afgetree het. Die Regsdienskommissie sal volgens ‘n mediaverklaring nou voortgaan om die proses te finaliseer om ‘n nuwe […]

Read More