Noord-Kaap se blommetyd is hier! - August 19, 2021

Die Noord-Kaap betree nou die spitstyd van sy blommeseisoen. Die Namakwa Nasionale Park sê die blomme sal tussen nou en volgende maand hul beste kleure vertoon. Die parkbestuurder, Pheladi Chuene, sê die oorheersende spesie is tans die valskerm madeliefie, gevolg deur die Namakwa-madeliefie. Chuene sê aanhoudende wind is egter vir die res van die week […]

Read More

Pous stel Vrystaatse akademikus aan - August 19, 2021

Pous Franciskus het die sosioloog en adjunkhoof: Akademie en Navorsing op die Qwaqwa-kampus van die Vrystaatse Universiteit, Pearl Sithole, aangestel as lid van die Pouslike Akademie vir Sosiale Wetenskappe. Sithole sê sy sien uit om betekenis en invloed met die wêreld te deel in ‘n ruimte wat aan sosiale wetenskappe toegewy is. Pous Johannes Paulus […]

Read More

Kenner gesels oor berading by werksplekke vir Covid-trauma - August 19, 2021

‘n Plaaslike maatskappy in Namibië soek na beraders vir hul werknemers wat deur die Covid-pandemie geraak is ná sterftes van familielede of geliefdes. Tim Parkhouse, die voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging, het gesê dit is inderdaad ‘n baie goeie inisiatief en moet deur werkgewers oorweeg word. Parkhouse praat met Kosmos 94.1 Nuus.

Read More

Mariental se Clicks skenk aan leerders - August 19, 2021

Clicks in Mariental het ‘n skenking gemaak aan 33 leerders van die Samuel Veldskoen en Mukorob primêre skole. Die twee skole is in gemeenskappe wat gekenmerk word deur armoede en maatskaplike uitdagings. Die leerders gaan op ‘n uitstappie en Elretha April, die winkelbestuurder, het toiletware vir die leerders geskenk. Die uitstappie is deur die goewerneur […]

Read More

Ekonoom praat oor nasionale rekening en stand van ekonomie - August 19, 2021

Meer inligting is ontvang oor die jongste verslag van die Namibiese Statistieke Agentskap. Die jaarlikse nasionale rekening vir die land is bekend gemaak. Daar is meer as 13 000 werksverliese sedert die begin van die pandemie aangeteken en die ekonomie sal vanjaar ‘n rekord-inkrimping aanteken. Theo Klein ‘n ekonoom van Simonis Storm het met Kosmos […]

Read More

Ombud-onderhoude met ‘n week uitgestel - August 19, 2021

Die onderhoude vir die nuwe ombud vir Namibië is weer uitgestel. Die onderhoude van die drie kandidate Tousy Namiseb, Ruth Herunga en Basilius Dyakugha sal nie môre soos voorheen aangekondig, plaasvind nie. Volgens Selma Mwaetako, skakelbeampte vir die regbank, sal die onderhoude op 27 Augustus plasvind.

Read More

Sluit aan by die Mutt-Strut - August 19, 2021

Die Dierebeskerming Vereniging hou op 4 September sy jaarlikse Mutt-Strut by Avisdam in die hoofstad. Diere-eienaars wat wil deelneem en help om fondse in te samel vir die DBV kan die organisasie kontak, soos die nasionale direkteur van die vereniging, Hanna Rhodin verduidelik.

Read More

Noa gesels oor korrupsie by plaaslike owerhede - August 19, 2021

Korrupsie by plaaslike owerhede in die buurland is in die nuus na ‘n verslag van Corruption Watch. Net meer as 850 bewerings van korrupsie is by die liggaam ingedien in die verband. Kosmos 94.1 Nuus het met die direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie gepraat oor die situasie in Namibiese plaaslike owerhede en watter uitdagings bestaan.

Read More

Grondgrypers eis steeds erwe, handig petisie in - August 19, 2021

Die groep wat verlede week grond in Otjomuise in die weste van die hoofstad probeer gryp het, het vanoggend ‘n petisie aan Stad Windhoek oorhandig waar hulle erwe eis. Skermutselings het verlede week voorgekom tussen die polisie en die grondgrypers toe strukture wat hulle opgerig het, verwyder is. Die groep sê hulle slaap in tente […]

Read More

Amerikaanse dollar versterk, sterk, rand wankel - August 19, 2021

Die Suid-Afrikaanse rand verhandel tans teen meer as 15,20 teen die Amerikaanse dollar, die swakste vertoning in vyf maande. George Glynos, die medestigter en ekonoom van ETM Analytics in Johannesburg verduidelik die tendens wat sedert Woensdag voorkom.

Read More