
Damme is vol… - April 7, 2021
Volgens die jongste dam bulletin van NamWater is daar meer as 1,9 miljoen kubieke meter in die afgelope week uit Hardapdam gepomp. Die dam, wat tans op 70,8 persent staan voorsien water vir die groenskema net noord van Mariental. Daar is geen syfers vir verdamping vir Neckartal bekend nie en die dam is tans op […]
Kredietverlening bly gedemp - April 7, 2021
IJG Sekuriteite sê kredietverlening aan die privaatsektor in Februarie is steeds gedemp. Krediet het met net 3,2 miljoen Namibiese doller toegeneem. Individue het 83,3 persent van al die krediet in die afgelope 12 maande opgeneem. Totale uitstaande skuld vir die privaatsektor is tans op 105,6 miljard Namibiese doller. Individue het in die afgelope 12 maande […]
Groei op 6% – IMF - April 7, 2021
Die Internasionale Monetêre Fonds sê ná ‘n ongekende inkrimping is die wêreldekonomie nou stewiger, maar lande en gemeenskappe is uiteenlopend. In sy jongste Wêreld Ekonomiese Vooruitsig voorspel die Fonds nou ‘n sterker herstel vir die wêreld-ekonomie vergeleke met die Januarie-voorspelling. Vanjaar se groei word op 6 persent geprojekteer met 4,4 persent vir 2022. Gita Gopinath […]
65% van eiendomme in SA verkoop omdat dit moet - April 7, 2021
Die Opname vir Makelaars van Kommersiële Eiendom wat FNB in Suid-Afrika doen, het bevind dat meer as 65 persent van eiendomsverkopers dit weens finansiële druk doen. Die opname meet data uit Johannesburg, Ekurhuleni, Tshwane, eThekwini, Kaapstad en Nelson Mandelabaai. Finansiële druk het in die tweede kwartaal 2020 merkbaar meer opvallend geword namate die Covid-19 inperkings […]
1 100 boetes van N$1,2m oor Paasnaweek - April 7, 2021
Motorongelukke oor Paasnaweek het met 289 persent toegeneem teenoor verlede jaar terwyl beserings met 352 persent toegeneem het en sterfgevalle met 300 persent. Verlede jaar was beweging beperk as gevolg van inperkings. Net meer as 1 100 boetes van meer as 1,2 miljoen Namibiese doller is oor die Paasnaweek uitgereik waarvan die meerderheid spoed en […]
Amutenya sal staat dagvaar - April 7, 2021
Kristofina Amutenya, die Namibiese vrou wat daarvan aangekla word van die moord van haar twee kinders in Etiopië verlede jaar, sowel as een klag van poging tot moord, gaan die regering in die Hoërhof dagvaar vir wat beskryf word haar onwettige repatriasie na Namibië en arrestasie. Amutenya, 33, kon nie in Etiopië verhoor word nie […]
Hage moet bedank – Diescho - April 7, 2021
Die Namibiese politieke ontleder en skrywer, Professor Joseph Diescho het ‘n beroep op President Hage Geingob gedoen om te bedank. In ‘n openbare skrywe het hy skerp kritiek teenoor die Presidensiële Woordvoerder Dr Alfredo Hengari uitgespreek en gesê Hengari weet dat die wyse waarop hy Geingob verdedig, oneties, oneerlik en onwaar is. Volgens Diescho meen […]
Verskeie WBO titels op die spel die naweek - April 7, 2021
Daar is lekker boks die naweek in die hoofstad met die derde Together as One toernooi wat deur die Sunshine Boksakademie aangebied word. Verskeie WBO-titels sal op die spel wees soos Nestor Tobias, Stigter van die Sunshine akademie verduidelik…
Leerders het tans angs, en eksamens is op pad - April 7, 2021
Die Namibiese Nasionale Studente Organisasie Nanso, het sy kommer uitgespreek oor die huidige stand van sake by skole regoor die land met roterende skoolbywoning en ander uitdagings as gevolg van Covid. Dylan Mukoroli, die organisasie se Woordvoerder sê leerders ervaar op die stadium hoë vlakke van angs, veral met die pandemie… en dat hulle nie […]
WGO sê AstraZeneca goedkeuring sal bly - April 7, 2021
Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê hy sal nie sy goedkeuring van die AstraZeneca entstof aanpas nie. Die WGO is van mening dat die voordele om die entstof te vat, baie hoër is as die risiko. Die instansie sê hy monitor data, veral die jongste inligting oor bloedklonte en sal teen laaste Donderdag sy jongste evaluasie oor die […]