Geen party kan BTW-verhoging aanvaar nie: SolidariteitMarch 12, 2025

Solidariteit het die tesourie se voorstel om BTW met ‘n verdere persentasiepunt te verhoog oor die volgende twee jaar, as onaanvaarbaar beskryf. Die vakbond sê dié verhoging sal sukkelende huishoudings tot by ‘n breekpunt bring en deur dit voor te stel, wys hoe die regering hoegenaamd geen meegevoel met die mense van Suid-Afrika het nie. Volgens Theuns du Buisson, ekonomiese navorser van Solidariteit Navorsingsinstituut, kan geen politieke party hierdie onaanvaarbare begrotingsvoorstel aanvaar nie.