
Viëtnamese man kry boete van N$13 000, vyf jaar tronkstraf vir oortreding van Covid-reëls - September 7, 2021
‘n Viëtnamese man is gevonnis tot ‘n boete van amper 13 000 Namibiese dollar en vyf jaar gevangenisstraf nadat hy skuldig bevind is aan die oortreding van Covid-reëls en die verspreiding van die virus. ‘n Hof het bevind die 28-jarige Le Van Trie het die virus na agt mense oorgedra, en een persoon het gesterf. […]
Swapo betaal vir begrafnis van ongelukslagoffertjie by Katima Mulilo - September 7, 2021
Tydens ‘n verkiesingsveldtog verlede maand by Katima Mulilo in die Zambezi-streek, het ‘n ongeluk plaasgevind waarin ‘n tweejarige kind gesterf het. Volgens berigte is die kind deur ‘n ander kind in die pad voor ‘n aankomende voertuig gestamp. Die voertuig behoort aan die Swapo Party. Die sekretaris-generaal van Swapo, Sophia Shaningwa, is vandag in die […]
Man doen hom voor as biokinetikus - September 7, 2021
‘n Man moet volgende Dinsdag in Klerksdorp in Noordwes in die landdroshof verskyn nadat hy aangekeer is omdat hy na bewering as ‘n biokinetikus gepraktiseer het sonder dat hy geregistreer is. Die Valke het Johannes Christian van Belkum Vrydag weer in hegtenis geneem nadat hy sy borgtog-voorwaardes verbreek het. Woordvoerder Thlangelani Rikhotso sê hy staan […]
Rietvlei Natuurreservaat kry jagluiperdmannetjie om met wyfie te teel - September 7, 2021
Die Rietvlei Natuurreservaat in Tshwane het vandag ‘n nuwe jagluiperd by sy dierebevolking verwelkom. Die ses-jarige mannetjie, genaamd Thaba, kom oorspronklik van die Shambala-reservaat in Limpopo. Hy is na Rietvlei verplaas as deel van die Jagluiperd-meta-bevolkingsprojek, wat die Trust vir Bedreigde Natuurlewe en die Stad Tshwane begin het. Burgemeester Randall Williams se woordvoerder, Sipho Stuurman, […]
GIPF belê in Namibiese maatskappy wat veevoer, soutblokke maak - September 7, 2021
Die Staatsinstellings-pensioenfonds, GIPF, het ‘n belegging van meer as tien miljoen Namibiese dollar aan WinSalt Manufacture aangekondig om veevoer en minerale soutblokke vir lewende hawe te vervaardig. WinSalt Manufacture is ‘n eg Namibiese maatskappy wat in 2018 op Walvisbaai gestig is. Volgens die uitvoerende hoof van GIPF, David Nuyoma, het die maatskappy ‘n geleentheid in […]
Unam-student wil Mej. Aarde 2022 word - September 7, 2021
Michelle Mukuve, ‘n eerstejaar entrepreneurskap-student aan die Universiteit van Namibië het haar oog op die skoonheidstitel, Mej. Aarde 2022. Mej Aarde is ‘n jaarlikse internasionale omgewingstema-skoonheidskompetisie wat omgewingsbewustheid, bewaring en maatskaplike verantwoordelikheid bevorder. Die 22-jarige Michelle, ‘n voormalige Mej. Rundu en eerste prinses van Mej. Namibië, kom van die Kavango-Oos-streek af.
Hardap en Karas se leiers staan saam - September 7, 2021
Die 17 burgemeesters en voorsitters van dorps- en nedersettingsrade van die streke van Hardap en Karas sê hulle het reuse-uitdagings met historiese skuld aan NamWater en NamPower. Die Forum vir Burgemeesters en Voorsitters gaan onder die voorsitterskap van die burgemeester van Mariental, Adam Kuhlman, gaan nou saam staan om die uitdagings te trotseer en dienslewering […]
Mense met gestremdhede het groter uitdagings tydens pandemie - September 7, 2021
Die Covid-pandemie het ‘n groot impak op almal, maar des te meer op mense met gestremdhede. Dit is moeilik vir mense in rolstoele of blindes om vir Covid-inentings te gaan, want hulle is afhanklik van die hulp van ander mense. Volgens die nasionale voorsitter van die Nasionale Federasie van Mense met Gestremdhede, Daniel Trum, is […]
Namibiese ministerie van internasionale betrekkinge deel mening van AU oor Guinee - September 7, 2021
Afrika-leiers het gereageer nadat spesiale magte in Guinee die regering van President Alpha Condé omvergewerp het. Félix Tshisekedi, die president van die Afrika-unie, en Moussa Faki Mahamat, president van die Kommissie van die AU, eis dat Condé onmiddellik vrygelaat word. Hulle het ‘n noodvergadering van die Afrika-unie belê om die situasie te bespreek. Penda Naanda, […]
‘Vroulike entrepreneurs dra grootlike by tot werkskepping in SA’ - September 7, 2021
Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese geleenthede en batebestuur, James Vos, sê vroulike entrepreneurs dra grootliks by tot werkskepping in Suid-Afrika. Hy sê tot 90 persent vroue wat sakeondernemings besit, het in ‘n onlangse opname aangedui dat werkskepping vir hulle ‘n belangrike faktor is. Vos sê deur die ondersteuning van ‘n aanlyn sakeprojek van tien weke […]