Behou die rooilyn – UDF - August 19, 2021

Die UDF-party se president, Apius !Auchab het ‘n beroep op die regering gedoen om die veterinêre kordonheining in plek te hou. Sy aanmerkings volg op die hofsaak wat deur die Affirmative Repositioning-beweging se Job Amupanda gebring word om die rooilyn te verwyder. !Auchab sluit hom aan by kenners in die landbou dat uitvoere onmiddellik gestaak […]

Read More

Versterkingsdosisse in VSA onder die loep - August 19, 2021

Die Amerikaanse regering wil van 20 September af versterkingsdosisse van die Covid-19-entstof wyd beskikbaar stel aan volwassenes wat ten volle met die Pfizer- en Moderna-entstof ingeënt is. Gesondheidswerkers, inwoners van versorgingsoorde en ander ouer mense sal eerste die versterkings-inspuitings ontvang. Amerika se geneesheer-generaal, Vivek Murthy, sê ‘n versterkingsdosis is nodig vir die maksimum beskerming deur […]

Read More

NEEEF: GRN het altyd geweet maar nou kla seniors in regering ook - August 19, 2021

Aanmerkings deur die Namibiese Beleggingspromosie en Ontwikkelingsraad se uitvoerende hoof, Nangula Uaandja, dat NEEEF in sy huidige formaat geneig is om beleggers in die land af te skrik het verskillende reaksie uitgelok. Eben de Klerk van ISG Konsultante het wyd navorsing oor die wetsontwerp gedoen en Kosmos 94.1 Nuus het hom gevra of die regering […]

Read More

SA verkies vandag nuwe Speaker - August 19, 2021

Die Suid-Afrikaanse parlement verkies vandag ‘n nuwe Speaker vir die Nasionale Vergadering. Die pos het vakant geraak nadat President Cyril Ramaphosa Thandi Modise as die nuwe minister van verdediging aangestel het. Die voormalige minister, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, sal na verwagting as die Speaker van die Nasionale Vergadering verkies word nadat sy deur die ANC benoem is. […]

Read More

Fishrot-lot sal vlugtig verskyn vandag - August 19, 2021

Die Fishrot-beskuldiges se twee sake sal na verwagting vlugtig voor regter Christie Liebenberg voorkom. Liebenberg is tans besig met die verhoor van die twee Amerikaanse moordbeskuldigdes Marcus Thomas en Kevan Townsend. Die aansoek om die twee sake saam te voeg, wat deur die voormalige minister van justisie Sacky Shanghala teengestaan word, sal op 20 September […]

Read More

NSFAF-skuld: net 615 uit 95 000 betaal - August 19, 2021

Plaaslike berigte lui dat uit die 95 000 uitstaande lenings wat nou betaalbaar is by die Namibiese studente hulpfonds, word net 615 afbetaal. Die fonds se woordvoerder Olavi Hamwele het aan plaaslike media gesê dat die fonds kyk na ‘n bewusmakingveldtog. Hy het bygevoeg dat die fonds regsopsies oorweeg en dat voormalige studente ook op […]

Read More

Daar’s niks ‘snaaks’ aan ontspanningsklub van Korrektiewe Dienste nie - August 19, 2021

Van die beamptes van die Namibië Korrektiewe Dienste het hul kommer uitgespreek oor die geheimsinnigheid wat die finansiële bestuur van ‘n ontspanningsklub behels wat ‘n inkomste 1,9 miljoen Namibiese dollar ‘n jaar maak. Die hoof van die direktoraat sentrale personeel, kommissaris Sam Shaalulange het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die geld van die klub […]

Read More

Sputnik V is op pad – Shangula - August 19, 2021

Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, het sy tevredenheid uitgespreek oor hoe die Covid-inentingsproses in die land verloop. Hy het gesê baie Namibiërs word ingeënt wat help om die pandemie te beveg. Hy sê Covid-sterfgevalle neem af en daar is voldoende entstowwe beskikbaar. Shangula het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die bykomende Sputnik V-entstof van […]

Read More

Rugby-kampioenskapsreeks in gedrang - August 19, 2021

Die Springbokke se Rugby-kampioenskapstoets in Perth is in die weegskaal weens ‘n toename in Covid-19-gevalle in Wes-Australië. Op hierdie stadium is die vooruitsig dat al vier Toetse teen die Wallabies en die All Blacks in Perth gespeel kan word nadat Nieu-Seeland sy inperkingsmaatreëls verskerp het. Die All Blacks en die Wallabies moet volgende Saterdag in […]

Read More

Taliban skiet protesgangers dood - August 19, 2021

Minstens drie mense is dood en talle beseer nadat Taliban-vegters losgebrand het op inwoners van Jalalabad in Afganistan wat uit protes teen die groep se bewindsoorname die landsvlag op ’n plein wou hys. Daar was ook verskeie protesoptogte in Kaboel en verder na die ooste van die land. Die hardhandige reaksie is strydig met die […]

Read More