Polisie sê oor N$2m rooftog - August 3, 2021

Meer inligting is bekend oor die 2 miljoen Namibiese dollar wat by ‘n huis by Omangudu in die Oshikoto-streek gesteel is. Dit is die woning van die voormalige media-attaché van die Namibiese ambassade in China, Johannes Nakaambo. Die Oshikoto-polisie se kommissaris Petrus Shigwedhahet met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

‘Onwettige’ histerektomie-saak word bemiddel - August 3, 2021

Die saak waar Amalia Festus die ministerie van gesondheid dagvaar vir skadevergoeding van 3,8 miljoen Namibiese dollar nadat ‘n histerektomie, na bewering sonder haar toestemming, op haar uitgevoer is in Katutura-hospitaal, sal na verwagting vandag vir bemiddeling verwys word. In haar stukke sê sy sy was sewe maande swanger toe sy op 12 Desember 2017 […]

Read More

Minstens 8 dood in Turkse brande - August 3, 2021

Minstens agt mense is dood in die verwoestende bosbrande wat steeds in Turkye woed. Duisende mense moes hul huise verlaat en toeriste is per boot van strande na veiligheid geneem. Daar word berig dat sewe brande gister aangeblaas is deur sterk wind te midde van temperature bo 40 grade Celsius en ‘n lae humiditeit. Sestien […]

Read More

Weskusblomme blom… - August 3, 2021

SANParke sê die Weskus het vanjaar goeie reën gehad en hierdie jaar se blommeseisoen behoort skouspelagtig te wees. Die bestuurder van die Weskus Nasionale Park, Pierre Nel, sê die uiters beskermde Postberg-blomreservaat in die park sal tot 30 September oop wees. Nel sê die algemene gedeelte van die park is sowat ‘n uur se ry […]

Read More

Voertuigverkope in SA het uitdagings met Covid, onluste - August 3, 2021

Volgens data van die Nasionale Vereniging van Motorvervaardigers, Naamsa, het die Suid-Afrikaanse motorbedryf verliese van meer as 3 miljard Suid-Afrikaanse rand gely weens die onlangse plundering in KwaZulu-Natal en Gauteng, en die kuberaanval op Transnet. Dit word toegeskryf aan skade, verlore verkoopsgeleenthede, die kansellering van nuwe ontwikkelings, asook minder in- en uitvoere en vlak vier-inperking. […]

Read More

Suid-Afrikaners bekommerd oor misdaad, meer as korrupsie - August 3, 2021

Die meerderheid Suid-Afrikaners is steeds meer bekommerd oor misdaad as enigiets anders. Dit was die bevinding van ‘n meningspeiling deur BrandMapp onder 30 000 Suid-Afrikaners in die middelinkomste-groep oor bekommernisse wat hulle slapelose nagte besorg. Korrupsie is tweede op die lys. Die direkteur van storievertelling by BrandMapp, Brandon de Kock, sê angstigheid oor misdaad en […]

Read More

Pandemie het 156 miljoen kinders uit skool gehou - August 3, 2021

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies Antonio Guterres sê die wêreld is in die middel van ‘n opvoedingskrisis. Volgens hom, is daar 156 miljoen skoolkinders wat internasionaal steeds nie kan terugkeer skool toe nie omdat skole nog gesluit is. Hy voeg by dat 25 miljoen leerders verlore sal gaan regoor die wêreld. Verlede jaar het […]

Read More

N$2m in kontant gebuit by huis in Noorde - August 3, 2021

Die Namibiese polisie in die Noorde het bevestig dat ‘n inbraak by die huis van die voormalige media-attaché van die Namibiese ambassade in China, Johannes Nakaambo plaasgevind het. Nakaambo is nou ‘n besigheidsman in die Noorde. Die verdagtes, wat volgens berigte in Covid beskermingstoerusting geklee was het weggekom met 2 miljoen Namibiese dollar in kontant. […]

Read More

Numsa sê vandag oor loonaanbod in ingenieursektor - August 3, 2021

Die buurland se metaalwerkers-vakbond, Numsa, sal vandag op die skikkingsvoorstel reageer wat verteenwoordigers van werkgewers in die ingenieursektor op die tafel geplaas het. Die vakbond is in ‘n loongeskil gewikkel met drie werkgewersverenigings oor loonverhogings in die Ingenieursbedingingsraad. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die raad verteenwoordig meer as 4 300 werkers in ondernemings landwyd:

Read More

Afrika is uitverkoop met Israel se waarnemerstatus hier - August 3, 2021

Daar word beweer dat Moussa Faki Mahamat, voorsitter van die Afrika-uniekommissie, Afrika pas uitverkoop het met sy besluit van verlede week om Israel waarnemerstatus by die Afrika-blok eensydig te verleen, sonder konsultasie met Afrika-lidlande. Dit is die siening van sommige Afrika-state. Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke ontleder, dr. Charles Sinkala, gepraat oor sy […]

Read More