Airbnb sal gratis behuising aan 20 000 vlugtelinge uit Afghanistan verskaf - August 24, 2021

Airbnb se uitvoerende hoof het verskeie twiets uitgestuur waarin hy sê die maatskappy sal onmiddellik gratis behuising verskaf aan 20 000 vlugtelinge uit Afghanistan. Brian Chesky sê die ontworteling en hervestiging van die vlugtelinge in Amerika en elders is een van die grootste humanitêre krisisse ooit en die maatskappy voel hy het ‘n verantwoordelikheid om […]

Read More

Vyf dood, ses beseer in brand op olieboor in Golf van Mexiko - August 24, 2021

Reddingswerkers soek na twee mense wat steeds vermis word ná ‘n brand op ‘n olie-platform in die Golf van Mexiko. Minstens vyf mense is dood en ses beseer in die voorval op die olieboor wat deur Mexiko se staatsbeheerde Pemex-maatskappy bedryf word. Werk moes ook by 125 ander oliebore gestaak word en bedrywighede sal na verwagting môre […]

Read More

President Geingob wens Zambiese eweknie geluk toe - August 24, 2021

Namibiese President Hage Geingob het tydens die inhuldiging van die nuwe Zambiese President, Hakainde Hichilema in Lusaka, hom geluk gewens. Geingob het gesê vriendskapsbande en solidariteit tussen die twee lande, asook streeksintegrasie, moet verstewig word. Geingob het gesê hy sien uit daarna om nou saam met Hichilema te werk en bilaterale samewerking tot wedersydse voordeel vir beide lande te versterk.   

Read More

SA se jongste ruimte-onderneming sal in Kaapstad geleë wees - August 24, 2021

Die Sweedse ruimte-onderneming AAC Clyde Space het bekend gemaak ‘n Suid-Afrikaanse filiaal word gestig en in Kaapstad gevestig. AAC Space Africa is die land se jongste ruimtedienste-onderneming en sal voordeel trek uit die groeiende satelliet- en ruimtedienste-mark op die vasteland. Robert van Zyl sal die besturende direkteur wees en Francois Visser die tegniese direkteur. Van Zyl sê daar is baie potensiaal […]

Read More

Namibiese wildveearts in brand beseer - August 24, 2021

Die bekende Namibiese wildveearts, dr. Ulf Tubbesing, het ernstige brandwonde tydens ‘n brand op sy plaas in die omgewing van Brakwater opgedoen. Volgens sy assistent, Mariska Bijsterbosch, is hy in die hospitaal opgeneem en het hy brandwonde oor 25 persent van sy lyf. Volgens haar het ‘n groot deel van sy plaas gister afgebrand. Bisjterbosch bedank almak wat gehelp het om die vuur te probeer blus […]

Read More

Noordeboere vergader met Namibiese polisie - August 24, 2021

Sowat 80 Noordeboere van Grootfontein, Kombat, Otavi, Tsumkwe en Tsumeb het ‘n vergadering met die operasonionele polisiehoof van Nampol, generaal-majoor Joseph Shikongo en ander polisiehoofde op Grootfontein gehou en hul kommer oor stygende gevalle van veediefstal en wildstropery uitgespreek. Die boere beskuldig stasiebevelvoerders daarvan dat daar nie gehoor gegee word aan hul talle veediefstalklagte nie. Shikongo het gesê hy sal polisiebeamptes afdank wat lui en korrup is terwyl hulle aan diens is. 

Read More

Blaauwberg-natuurreservaat tot erfenisgebied verklaar - August 24, 2021

Die Blaauwberg-natuurreservaat in Kaapstad word vandag gevier en tot provinsiale erfenisgebied verklaar. Die Wes-Kaapse LUR vir kultuursake en sport, Anroux Marais, sê erkenning sal gegee word aan die reservaat se kulturele betekenis en sy plek in die geskiedenis, nie slegs in die provinsie nie, maar ook nasionaal. Die Slag van Blaauwberg was ‘n keerpunt in die geskiedenis van die Kaapkolonie. Die slagveld […]

Read More

Studie oor groen waterstof in die Sperrgebiet uitgevoer - August 24, 2021

Die Namibiese regering gaan ‘n uitvoerbaarheidstudie doen vir die moontlike produksie van groen waterstof by die Springbok-gebied in die Sperrgebiet in die Karas-streek.  Volgens die direkteur van energie in die mynbouministerie, John Titus, het gesê Namibië is in ‘n gunstige posisie met sy uitstekende wind- en sonhulpbronne en die regering wil hierdie hulpbronne ontsluit vir ontwikkelingsdoeleindes en as deel van die herwinbare energiebeleid. Titus sê hierdie bronne kan vir die herwinning van elektrisiteit gebruik […]

Read More

Toelae vererger ongelykheid - August 24, 2021

Die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Mike Schussler sê maatskaplike toelae dra nie by tot gelykheid nie en inteendeel, vererger ongelykheid. Nes in Suid-Afrika, neem die hoeveelheid begunstigdes in Namibië ook vir die tipe toelae, toe en nou beplan die ANC-regering om moontlik ‘n universele basiese inkomste-toelaag te implementeer. Schussler sê dit sal alles vererger. Hy sê […]

Read More

Hage vlieg, McHenry ry, kenner meen dis belaglik - August 24, 2021

Beide President Hage Geingob en die PDM-president McHenry Venaani het vanoggend na Zambië gereis om die inhuldiging van die nuwe Zambiese President Hakainde Hichilema by te woon. Hichilema se oorwinning word beskryf as die beste tentoonstelling van demokrasie op die vasteland en tog, het Geingob gevlieg en Venaani het per pad gereis. Die plaaslike politieke […]

Read More